Tuesday, October 6, 2009

CILLIERS VAALDAM KLUBKOMPETISIE 3 OKTOBER 2009


Die klubkompetisie by Cilliers was goed bygewoon.  Daar was sekere probleme by die klubkompetisie wat ons in die toekoms tydens klubkompetisies sal moet vermy.  Dit veroorsaak net ongelukkigheid en is onnodig.

Die nat weer het ook weer sy tol geeis, en het daar sekere mense vasgesit in die turf.  Aaaai Peet wat moet ons doen dat jy nie weer vassit nie!!!!


Aantal lede : 50
Aantal vis gevang :
Karp Volskub 155
Karp Spieel 23
Graskarp 100
Baber 1
Moddervis 174
K/Bek Geelvis 7
G/Bek Geelvis 1
Totale Vis : 461 Vis
Totale Gewig : 292.120kg



Oewer by Cilliers Vaaldam




Die drie Musketeers!!!



Koedoe Lede bespreek die dag se hengel




Grootste Spieel Karp vir dag gevang deur JL du Plessis 4.190kg




Die dames ook besig om die dag se sake te bespreek!!




Eric Gerritsen met die grootste volskub karp vir die dag 5.115kg. Eric het ook die dag spesie prys gewen met die karp.




Sarel Boshoff (Jnr) Voorskools met die grootste graskarp vir die dag 3.210kg




Charldon Matthee met sy prys wat hy gewen het met die vorige klubkompetisie




Roald Matthee met sy prys van die vorige kompetisie by Inloop




Al die Koedoe penkoppe saam. Wat 'n mooi vooruitsig vir ons hengel!!




Christiaan Coetzee : Voorskool Wenner vir die dag. 11 Vis 7.910kg




Jaco vd Merwe Junior/Junior Wenner vir die dag. 2 Vis 1.440kg




Chris Boshoff Junior Wenner vir die dag. 24 Vis 9.325kg




Zandra Boshoff Dames Wenner vir die dag. 11 Vis 8.635kg




Spyker Coetzee Senior Wenner vir die dag. 35 Vis 16.800kg



Billy Le Roux gestremde wenner vir die dag. 4 Vis 2.085kg




Barend Booyse - Victor Ladorum tydens die junior SAVOF toer. Baie geluk aan Barend. Die provinsie en die klub is baie trots op jou!!!




Al die Koedoe lede saam wat Saterdag gehengel het. Wat 'n lekker gesig om soveel lede saam te sien. Dankie aan almal vir 'n baie lekker dag.

Ook 'n spesiale dank aan al die lede wat gehelp het tydens die inweeg. Aa klein Jaco vd Merwe dankie vir jou uiwerige hulp by die inweeg!!!

Ek hoop almal het dit geniet en ons sien mekaar by die volgende klubkompetise 7/8 November by Grootdraai Dam. Dit is 'n naweek kompetisie. Die besonderhede sal na die komitee vergadering deurgegee word. Let wel dat daar geen geriewe by die oewer is waar ons gaan hengel nie.

Groete tot 'n volgende keer!!

No comments:

Post a Comment