Monday, September 26, 2011

SENIOR LIGA - TAGO VAALDAM 24 SEPTEMBER 2011

Dag Almal

Hoop almal het herstel na Saterdag se liga te Tago. Weereens het die weer nie saamgespeel nie. As ons kyk na die weer Vrydag en Sondag, was Saterdag regtig 'n aaklige dag. Ons het dit ook so met die vis gesien. Die vis het glad nie saamgespeel om dit 'n genotvolle hengeldag te maak nie. Maar ongelukkig kan ons nie die weer bestel nie!!
Die uitslae na die eerste liga is dan soos volg:

PREMIER AFDELING
1) MUNT - 115
2) KOEDOE - 95
3) CENTURION - 90
4) WEERMAG - 88
5) IMPALA - 42
6) ISCOR - 29
7) POLISIE - 12 (GEEN BEAMPTE)

INDIVIDUELE WENNERS
1) JL COETZEE 13 VIS 11.290KG
2) RW NABAL 12 VIS 7.360KG
3) WR GEYER 9 VIS 5.345KG

PRESIDENT AFDELING
1) PISCES A - 46
2) PREMIERMYN A - 43
3) KORREKTIEF A - 22 (12 VIS)
4) PRAS A - 22 (10 VIS)

INDIVIDUELE WENNERS
1) LAR DU PLESSIS 9 VIS 8.960KG
2) PJ NEL 3 VIS 5.980KG
3) JL NIENABER 2 VIS 4.670KG

PREMIER B AFDELING
1) MUNT - 71
2) KOEDOE - 64
3) CENTURION - 62
4) PISCES - 54
5) WEERMAG - 28
6) ISCOR - 0 (GEEN BEAMPTE)

INDIVIDUELE WENNERS
1) AJ ROODT - 7 VIS 8.940KG
2) J PFEIL - 6 VIS 5.600KG
3) JF LOTRIET - 4 VIS 7.045KG

ALGEMENE LIGA C -AFDELING
1) KOEDOE C - 13 (GEEN BEAMPTE)
2) MUNT C - 6 (GEEN BEAMPTE)
3) KOEDOE D - 2 (GEEN BEAMPTE)

INDIVIDUELE WENNERS
1) JG VERMAAK - 2 VIS 5.270KG
2) TEA V BLERK - 1VIS 5.435KG
3) J SWART - 3 VIS 2.765KG

Friday, September 23, 2011

NUUSBRIEF - SEPTEMBER 2011

Hierdie is ’n laat uitgawe van die Nuusbrief. Somtyds vind omstandig-hede plaas wat totaal buite jou beheer is. Met die terperse gaan van hierdie maand se uitgawe, is die samesteller hiervan darem weer op ’n beweegbare wyse. Die bykans 4 weke buite aksie was geweldig frustreerend. In vandag se lewe is ons totaal afhanklik van die hededaagse tegnologie, soos byvoorbeeld ’n rekenaar of ’n sakrekenaar (“laptop”). Soos u dus sal aflui, was daar nie een beskikbaar nie.
Soos reeds gemeld, gebeur dinge normaalweg buite jou beheer. Met ander woorde, dit moet met ’n doel gebeur. Tydens hierdie “blaaskans”, is daar dan ook geleer om meer geduld te beoefen asook om nie altyd die vraag te vra “hoekom?” Dit wil die meer aanvaarbaar klink om eerder vas te stel waarom seker dienge in ons lewe gebeur.
So, hier is die lente. Warm weer het ons bereik. Sonder om die neus uit die weer te hou, was daar al oor die jare geleer dat so ‘n skielike koue ons weer kan tref. Tydens ’n opname wat gemaak was, was die vasgestel dat die mense in die suide van Suid-Afrika meer selfsugtig is as in ander dele van die land. Nou kan ek nie verstaan waarom hulle dan nie die koue fronte vir hul self kan hou nie.

So staan ons aan die vooraand van provinsiale en liga verpligtinge. Sterkte aan almal wat gaan deelneem. Laat ons nie net die klub maar sowel die provinsie se name hoog hou.


LIEF EN LEED
Donald se ma is nog baie siek. Sterkte aan Donald en gesin.
Jaap – Pisces Hengelklub is oorlede.

KLUBKOMPETISIES
Oktober 2011 – Dit sal ’n dag kompetisie wees. Oewer is Kees vd Walt – Vaaldam. Onthou dit is die skild trofee kompetisie.

Bymekaar kom die Saterdag oggend om 03H45 by Shell Ultra City N1.
Vertrek tyd om: 04H00 Stiptelik
Die oewer vir November en Desember, is soos volg:
November 2011 – Jacky Lennerd, Vaaldam
Desember 2011 – Nuwe oewer sal nog vasgemaak word.

FINANSIëLE AANGELEENTHEDE

Dankie aan almal wat hul lede geld inbetaal het. Indien enig iemand nog nie sy/haar ledegeld betaal het nie, word u gevra om dit so spoedig moontlik aftehandel.

HENGEL AANGELEENTHEDE
Die reêlings vir Oktober 2011 se naweek klubkompetisie is soos volg:
Daar sal vanaf 07:00 tot 15:00 gehengel word. Inweeg sal vanaf 15:30 by Donald se voertuig plaasvind.
Geliewe kennis te neem dat niemand mag sy/haar vis tydens die inweeg vrylaat nie. Dit kan alleenlik geskied na die weeg van vis toetaal afgehandel is. Daar moet dus ook voorsiening gemaak word vir enige besware wat moontlik ingedien mag word.
Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/ reëls asook die GN grondwet.
Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.
BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal
Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde).

Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word.
By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar skrifteklik in.
Ons vra almal se samewerking.

Handelsnuus
Donald het sy eie reeks dips begin gebasseer op huidige hengel waters. Sodanige dips word bemark onder die handelsnaam “MAC DIPS”. Die eerste reeks is tans by verskeie hengel winkels beskikbaar.
Neem tyd en gaan kyk gerus. Daar is nuwe baanbrekers asook ou betroubare dips, soos onder andere die beproefde Sunglo, beskikbaar.

HENGEL UITSLAE

Oewerkompetisie
Hier volg die uitslae van die September 2011se naweek kompetisie te Cilliers:

STATISTIEKE
VOL - 82
SPIEEL - 14
GRASKARP - 10
MODDERVIS - 111

TOTAAL - 217 VIS
MASSA - 105.875KG

WENNERS VIR DIE DAG
SENIORS
1) TJAART COETZEE - 12 VIS 4,645KG
2) ANDRE CONNELY - 10 VIS 3,775KG
3) WILLEM DE JONGH - 9 VIS 4,485KG

JUNIORS
1) KAYLE SWART - 9 VIS 7,825KG
2) JACO DE JONGH - 5 VIS 1,805KG
3) RUAN NABAL - 3 VIS 1,120KG

JUNIOR/JUNIOR
1) SHAUN LAMBRECHTS - 6 VIS 1.985KG
2) ADRIAAN CLOETE - 6 VIS 1.980KG
3) CHRISTIAAN COETZEE - 4 VIS 1.090KG

NAWEEK KOMPETISIE

SENIORS (1STE 10 PLEKKE)
1) RIAAN NABAL - 15 VIS 9.060KG
2) EUGENE WERNICK - 16 VIS 7.010KG
3) ANDRE CONELLY - 12 VIS 5.665KG
4) TJAART COETZEE - 12 VIS 4.645KG
5) WILLEM DE JONGH - 11 VIS 5.160KG
6) RIAAN CLOETE - 10 VIS 4.405KG
7) NEIL VD WESTHUIZEN - 9 VIS 2.360KG
8) SAREL BOSHOFF - 9 VIS 2.105KG
9) LOURENS POTGIETER - 4 VIS 6.460KG
10)JACQUES DU PREEZ - 7 VIS 2.940KG

JUNIORS
1) KAYLE SWART - 10 VIS 8.415KG
2) JACO DE JONGH - 11 VIS 3.455KG
3) RUAN NABAL - 8 VIS 2.800KG
4) AIDAN BEZUIDENHOUT - 2 VIS 1.290KG
5) JOHANN DE JONGH - 1 VIS 0.850KG

JUNIOR/JUNIOR
1) ADRIAAN CLOETE - 9 VIS 3.290KG
2) CHARLDON MATTHEE - 7 VIS 1.430KG
3) SHAUN LAMBRECHTS - 6 VIS 1.985KG
4) CHRISTIAAN COETZEE - 4 VIS 1.090KG
5) ELRICH LAMBRECHTS - 3 VIS 1.440KG
6) JANINE WERNICK - 2 VIS 0.695KG
7) RICO HATTINGH - 0 VIS 0.130KG

VOORSKOOL
1) SAREL BOSHOFF (JNR) - 5 VIS 1.430KG

Ons maandelikse storie

Hallo ma
Ma, omstandighede het dit meegemaak dat ek hierdie briefie aan ma moes skryf. Hopenlik sal dit die laaste een wees. Ma moet nou net nie verdrietig word nie, maar ek sal later verduidelik hoekom moontlik die laaste briefie.

Ma sien, toe ek hier by die garage begin werk het, moes ma mos ’n kontrak teken dat ek by hulle vir drie jaar ’n vakleerling moet wees alvorens hulle my sal stuur om ’n vaktoets te gaan aflê. So het dit dan ook gebeur dat die “baas” se sekretaresse my nou die dag laat roep het omdat die “baas” my wou sien. Dit gebeur nooit dat die “baas” jou roep nie. As dit gebeur, moet jy weet hier kom moeilikheid. Ek het myself in ’n ander bloedgroep geskrik. Ma weet wat ek bedoel met ’n ander bloedgroep.

Ek het gou-gou gaan was om al die olie en goed van my hande te kry en ander klere aangetrek omdat ’n mens nie met ’n vuil oorpak na die “baas” se kantoor toe gaan nie. Dit sou die eerste keer ooit wees dat ek in die “baas” se kantoor sou kom. Dus het ek nie geweet wat wag nie. Daar aangekom is ek hartlik ontvang en uitgenooi om te sit. Ek wou nie aangesien die stoele so netjies is. Nog nooit in my hele lewe sulke netjiese stoele gesien nie. Terwyl en so staan, het dieselfde gevoel deur my gegaan as die dag toe ek op die skoolstoep voor die hoof se kantoor moes staan nadat ek die hoofseun ’n pakslae van sy lewe gegee het. Ma moet nou nie bekommerd wees nie. Ek het gelukkig niemand geslaan of iets gebreuk of kwaad gedoen nie.

Terwyl my gedagtes so rond dwaal hoekom ek hier moet wees, hoor ek amper nie die sekretaresse toe sy sê ek kan maar ingaan. Binne gekom, skrik ek myself weer in ’n ander bloedgroep. Die kantoor lyk soos ’n luukse hotelkamer wat jy net op TV sien. Vriendelik groet die baas my en nooi my om te sit. Eers wou ek nie, maar besluit toe wel om dit te doen toe ek ’n leêr met my naam op voor hom sien lê.

Soos ek gaan sit, besef ek, ek is nie hier om uitgetrap te word nie. Die “baas” is veels te vriendelik. Eers wou hy weet hou dit met ma gaan en op die plaas. Wil ook weet of ma nog aangaan met ’n boerderytjie, ensovoorts. Dis toe dat hy sê hy het my laat roep om oor my werk te gesels. Weer skrik my asvaal. Gelukkig is hy daarmee te vrede en ontvang net goeie verslae van my toesighouers. Hy verduidelik toe dat aangesien ek nou in my derde jaar van vakleerling begin, hy my toesighouers laat weet het om meer aandag aan my te gee wat werk betref sodat en voorberei (nie soos ons die ou jursey koei voorberei voor sy gemelk word nie), kan word om my vaktoets te gaan skryf of aflê. Daarmee saam gee hy my ook ’n klein salarisverhoging omdat ek so vasbyt. Ma, ek was so opgewonde dat, as hy nie ’n man was nie, sou ek hom soen. Amper met sy mooi sekretaresse gedoen. Maar ek moes my gedra.

Nou terwyl ek hier so stil in die hostel sit, begin hierdie gesprek met die “baas” nou eers by my insink. Dit is toe dat ek ma se woorde hier in my ore weer hoor. Onthou, ’n mens se lewe is soos ’n babatjie. Jy begin eers op jou maag seil, dan kruip en dan loop. Miskien het ek dit toe nie mooi verstaan nie maar nou wel. Ek het so gedink. Toe ek begin werk het, het ek op my maag geseil. Nou be gin ek kruip en later as ek ’n vakman is, sal ek kan begin loop. Nou dat ek dit vir myself uitgepluis het, kan ek verstaan hoekom ek eers orals moes heen loop voordat ek ’n fiets kom bekostig. Alhoewel em my bene moes aftrap om my agterstewe ‘n “lift” moes gee, kom ek oor die weg kom. Noudat ek ’n salarisverhoging kry, sal ek gaan en vir my ’n motorfiets koop. Maar voordat ek kan rondry, sal ek eers ‘n “learners” en daarna ‘n “drivers” lisensie aanskaf. As die fiets goed genoeg is, sal ek dan ook kan plaas toe ry en nie alewig op die bus hoef te staan nie. Later as ek ’n vakman is, sal ek dit oorweeg om ’n karretjie te koop. Maar dit is eers later.

Hierdie dat ek nou ’n ekstra geldjie het, kan ek ook dan by PEP STORES vir my ’n ou selfoontjie koop en self tyd opsit. Dan kan ek ma sommer op die plaaslyn bel. Dit is hoekom ek gesê het dit kan my laaste briefie wees. Maar as ma wil hê ek moet nog skryf dan doen ek dit maar so. Ek geniet nogal die skrywery. Terloops ma, ek hoef nie meer die workshop se vloere te vee nie. Daar is noe eerste jaar vakleerlinge wat dit doen. Moet nog maar Sondae die vakmanne gaan help met hul privates.

Ma sterkte. Ek wil nog gaan kyk hoe gaan dit met oom Karel en of hy al van die gips om sy been ontslae geraak het na sy visvang storie saam met klein Kareltjie. Sal ma laat weet.

Wag om weer van ma ’n briefie te kry.
Groetnis van ’n finale jaar vakleerling

Basjan

Wednesday, September 21, 2011

PRO SERIES 18 SEPTEMBER 2011

Die Pro Series vir September was by Cilliers - Perdekamp.  Die vis het nie te sleg gebyt nie.  Hier is die fotos vir die dag.

Utslae vir die dag :
1) Sam Kaizer
2) Smittie
3) Allen Groves
4) Michael Gratskie
5) Markus Swart





4de Plek - Michael Graskie

3de Plek - Allan Groves

2de Plek - Smittie

Wenner - Sam Kaizer

Spesie Wenner - Schalk Uys

Vyf Wenners vir die dag

Monday, September 19, 2011

GN LOTTO PROJEK

Dankie aan al die Koedoe lede wat betrokke was by die GN LOTTO PROJEK.  Dit was 'n groot sukses, en dit ws lekker om al die provinsie se lede so saam te sien werk.






























Monday, September 12, 2011

EERESTE LIGA!!!

Wel gedaan aan Susan Matthee met haar eerste liga prestase.

1) Eindig 7de individueel in die sone
2) Wen die sone saam met haar penmaat, Christa!!

Hoop ons gaan jou nog by baie ligas sien!!!


DAMES/JUNIOR/PENKOP LIGA 10 SEPTEMBER 2011 - CILLIERS

More Almal,

Wel gedaan aan al ons klublede wat die naweek by die liga betrokke was.  Die klub het baie goed presteer in al die fasette.  Ons almal kan trots wees om deel te wees van 'n wenklub!!

JUNIORS - 1STE EN 4DE
DAMES - 2DE EN 4DE
PENKOPPE - 2DE,3DE,4DE,10DE

UITSLAE
DAMES

1 POLISIE A 66
2 KOEDOE B 63 13 VIS
3 WEERMAG A 63 12 VIS
4 KOEDOE A 60
5 CENTURION B 53
6 CENTURION A 51
7 MUNT A 50 12 VIS
8 IMPALA A 50 11 VIS
9 WEERMAG B 40
10 PISCES A 37
11 ISCOR A 23

INDIVIDUEEL
1 E STRYDOM 5 VIS 6.090KG
2 AJ PIETERS 7 VIS 3.165KG
3 TE DOS RAMOS 7 VIS 3.050KG


DAMES A SONE                                        DAMES B SONE
1 E STRYDOM 5 VIS 6.090KG                   1 AJ PIETERS 7 VIS 3.165KG
2 J NEL 7 VIS 2.180KG                                2 TE DOS RAMOS 7 VIS 3.050KG
3 C V GREUNEN 3 VIS 5.155KG                3 RH VERMAAK 6 VIS 2.945KG
4 M SPIES 6 VIS 1.360KG                           4 E JORDAAN 6 VIS 2.525KG
5 HM RICHARDS 5 VIS 2.020KG              5 MWC SWART 5 VIS 2.315KG
6 D WILSON 5 VIS 1.985KG                       6 J WILSON 4 VIS 1.800KG
7 ZN BOSHOFF 4 VIS 1.210KG                  7 S MATTHEE 4 VIS 1.490KG
8 T BOOYSEN 3 VIS 2.205KG                    8 Y VD WALT 4 VIS 1.460KG
9 S NIENABER 2 VIS 2.860KG                   9 CS VAN ZYL 3 VIS 0.755KG
10 R VORSTER 4 VIS 0.850KG                   10 M HAMMOND 3 VIS 0.605KG
11 E NEL 3 VIS 0.985KG                              11 N JV NIEUWENHUIEN 2 VIS 1.105KG
12 MC BROWN 3 VIS 0.925KG                  12 HL RUSCH 1 VIS 0.390KG
13 K LOTRIET 2 VIS 1.735KG                    13 E JV VUUREN 1 VIS 0.340KG
14 CM LABUSCHAGNE 2 VIS 1.150KG   14 C CRAFFORD 1 VIS 0.300KG
15 M KAPITANI 2 VIS 0.550KG                15 LM DE LANGE 1 VIS 0.290KG
16 B ROOS 2 VIS 0.450KG                          16 MM STOFFBERG 1 VIS 0.180KG
17 LD GOUWS 1 VIS 0.690KG                   17 L KRIEL 0 VIS 0.015KG
18 C V ASWEGEN 1 VIS 0.635KG

DAMES A SONE                                               DAMES B SONE
1 D WILSON/J NEL 42                                       1 S MATTHEE/MWC SWART 38
2 ZN BOSHOFF/M RICHARDS 38                  2 TE DOS RAMOS/NIEUWENHUIZEN 37
3 MC BROWN/M SPIES 34                              3 EL JV VUUREN/AJ PIETERS 36
4 E STRYDOM/M VD WESTHUIZEN 29       4 J WILSON/M HAMMOND 34
4 C VAN GREUNEN/C VAN ASWEGEN 29   5 HL RUSCH/CS VAN ZYL 29
6 CM LABUSHAGNE/S NIENABER 27          6 W MCDONALD/RH VERMAAK 22
7 LD GOUWS/T BOOYSEN 25                         7 E JORDAAN 21
8 M KAPITANI/E NEL 24                                 8 MM STOFFBERG/LM DE LANGE 19
9 B JACOBS/K LOTRIET 18                             9 Y VD WALT/CEA GILDENHUIS 17
10 R VORSTER/CA COERTZE 15                    10 C CRAFFORD/CM STASSEN 11
11 B ROOS/BJ CONRADIE 13                          11 L KRIEL/S V HEERDEN 8

JUNIORS
1 KOEDOE A 62
2 MUNT A 52
3 KOEDOE B 41
4 CENTURION A 40
5 WEERMAG A 35
6 PREMIERMYN A 30
7 KORREKTIEF 29
8 ISCOR A 18

INDIVIDUEEL 
1 JJ SCHEEPERS 24 VIS 26.969KG
2 B SCHUBERT 21 VIS 23.158KG
3 JS VAN ZYL 16 VIS 22.615KG

JUNIOR A SONE                                                                   JUNIOR B SONE
1 JJ SCHEEPERS 24 VIS 26.969KG                                     1 AH TIGGELMAN 19 VIS 7.992KG
2 B SCHUBERT 21 VIS 23.158KG                                       2 K SWART 12 VIS 6.275KG
3 JS VAN ZYL 16 VIS 22.615KG                                         3 J V GREUNEN 11 VIS 5.881KG
4 JW LOMBARD 25 VIS 12.453KG                                    4 J LOUWRENS 8 VIS 3.287KG
5 D JV VUUREN 17 VIS 9.323KG                                        5 WP TRYTSMAN 7 VIS 3.481KG
6 S DOYLE 13 VIS 9.832KG                                                 6 A VENTER 7 VIS 2.707KG
7 RL NABAL 12 VIS 5.144KG                                             7 M DYMAN 7 VIS 1.875KG
8 JH SMITH 13 VIS 3.641KG                                               8 AJ NEL 4 VIS 4.333KG
9 AD BEZUIDENHOUT 9 VIS 3.610KG                             9 RH VAN ROOYEN 5 VIS 2.435KG
10 G NIEMAND 8 VIS 4.271KG                                           10 T VAN BLERK 3 VIS 2.208KG
11 N BUYS 6 VIS 3.269KG                                                 11 G GROBBELAAR 3 VIS 1.272KG
12 A CLOETE 3 VIS 1.055KG                                               12 V HATTINGH 1 VIS 2.124KG
13 J SCHEEPERS 3 VIS 0.920KG                                        13 RG VAN SCHOOR 1 VIS 0.485KG
14 MG V GREUNEN 1 VIS 0.191KG


JUNIOR A SONE                                                             JUNIOR B SONE
1 JS VAN ZYL/S DOYLE  29                                          1 K SWART/AH TIGGELMAN 35
2 JW LOMBARD/RL NABAL 27                                  2 M DYMAN/WP TRYTSMAN 26
3 JJ SCHEEPERS/N BUYS 26                                         3 J LOUWRENS/T VAN BLERK 24
4 AD BEZUIDENHOUT/A CLOETE 17                       4 RH VAN ROOYEN/A VENTER 23
4 B SCHUBERT 17                                                          5 MG V GREUNEN/J V GREUNEN 21
6 J SCHEEPERS/G NIEMAND 15                                 6 G GROBBELAAR/RG V SCHOOR 14
7 D JV VUUREN 14                                                       7 AJ NEL/NJM NEL 11 
8  JH SMITH 11                                                               8 V HATTINGH/D GOOSEN 7

PENKOPPE
1 PRAS 43 1 
2 KOEDOE A 38 
3KOEDOE C 37 
4 KOEDOE B 32 
5 MUNT A 31 
6 POLISIE A 24 
7 WEERMAG C 21 
8 WEERMAG B 16 
9 WEERMAG A 15 
10 MUNT B 12 
11 MUNT C 6 
12 KOEDOE D 0 

INDIVIDUEEL
1 A JORDAAN 11 VIS 5.620KG
2 VL LANDSBERG 8 VIS 3.095KG
3 EH LAMBRECHTS 8 VIS 3.025KG

UITSLAE
1 A JORDAAN 11 VIS 5.620KG
2 VL LANDSBERG 8 VIS 3.095KG
3 EH LAMBRECHTS 8 VIS 3.025KG
4 C MATTHEE 6 VIS 3.935KG
5 WC LANDSBERG 6 VIS 2.790KG
6 SX LAMBRECHTS 6 VIS 1.970KG
7 HCJ COETZEE 6 VIS 1.760KG
8 S HENNOP 5 VIS 2.490KG
9 K LERM 4 VIS 2.330KG
10 NG VD BERG 4 VIS 1.900KG
11 C ABBOTT 4 VIS 1.775KG
12 R V GEFFEN 4 VIS 1.485KG
13 JC MUTTON 3 VIS 1.470KG
14 R MATTHEE 3 VIS 0.950KG
15 B HAMMOND 2 VIS 0.960KG
16 T CLARK 1 VIS 0.615KG
17 KOEKEMOER 1 VIS 0.460KG
18 J CLARK 1 VIS 0.435KG
19 FC STRYDOM 0 VIS 0.290KG

Tuesday, September 6, 2011

CILLIERS - KLUBKOMPETISIE 3-4 SEPTEMBER NAWEEK KOMPETISIE

Kayle met 'n mooi karp by die klubkompetisie

Wat 'n rustige atmosfeer - en mooi sonsondergang

Dit was regtig 'n lieflike aand saterdag - maar vrek koud deur die nag

Oggend vuur help altyd.

Sarel Boshoff (jnr) - Wenner voorskools

Al die penkoppe vir die naweek.

Junior/Junior Wenners
1) Adriaan Cloete
2) Charldon Matthee

Junior Wenners
1) Kayle Swart
2) Jaco de Jongh
3) Ruan Nabal

Senior Wenners
1) Riaan Nabal
2) Eugene Wernick


Die klubkompetisie by Cilliers was redelik goed bygewoon.  Alhoewel daar baie mense net die Saterdag gehengel het was dit 'n lekker naweek kompetisie.  Die vis was maar moelik soos ons sal sien met die statistieke.

STATISTIEKE
VOL - 82
SPIEEL - 14
GRASKARP - 10
MODDERVIS - 111

TOTAAL - 217 VIS
MASSA - 105.875KG

WENNERS VIR DIE DAG
SENIORS
1) TJAART COETZEE - 12 VIS 4,645KG
2) ANDRE CONNELY - 10 VIS 3,775KG
3) WILLEM DE JONGH - 9 VIS 4,485KG

JUNIORS
1) KAYLE SWART - 9 VIS 7,825KG
2) JACO DE JONGH - 5 VIS 1,805KG
3) RUAN NABAL - 3 VIS 1,120KG

JUNIOR/JUNIOR 
1) SHAUN LAMBRECHTS - 6 VIS 1.985KG
2) ADRIAAN CLOETE - 6 VIS 1.980KG
3) CHRISTIAAN COETZEE - 4 VIS 1.090KG

NAWEEK KOMPETISIE
SENIORS (1STE 10 PLEKKE)
1) RIAAN NABAL - 15 VIS 9.060KG
2) EUGENE WERNICK - 16 VIS 7.010KG
3) ANDRE CONELLY - 12 VIS 5.665KG
4) TJAART COETZEE - 12 VIS 4.645KG
5) WILLEM DE JONGH - 11 VIS 5.160KG
6) RIAAN CLOETE - 10 VIS  4.405KG
7) NEIL VD WESTHUIZEN - 9 VIS 2.360KG
8) SAREL BOSHOFF  - 9 VIS 2.105KG
9) LOURENS POTGIETER - 4 VIS 6.460KG
10)JACQUES DU PREEZ - 7 VIS 2.940KG

JUNIORS
1) KAYLE SWART - 10 VIS 8.415KG
2) JACO DE JONGH - 11 VIS 3.455KG
3) RUAN NABAL - 8 VIS 2.800KG
4) AIDAN BEZUIDENHOUT - 2 VIS 1.290KG
5) JOHANN DE JONGH - 1 VIS  0.850KG

JUNIOR/JUNIOR
1) ADRIAAN CLOETE - 9 VIS 3.290KG
2) CHARLDON MATTHEE - 7 VIS 1.430KG
3) SHAUN LAMBRECHTS - 6 VIS 1.985KG
4) CHRISTIAAN COETZEE - 4 VIS 1.090KG
5) ELRICH LAMBRECHTS - 3 VIS 1.440KG
6) JANINE WERNICK - 2 VIS 0.695KG
7) RICO HATTINGH - 0 VIS 0.130KG

VOORSKOOL
1) SAREL BOSHOFF (JNR) - 5 VIS  1.430KG