Friday, March 22, 2013

DE RUST - TERUGVOER



Net so vinnige update oor De rust  Hartebeespoort.

Ek en Nic Du Plessis het gister bietjie daar gaan hengel en watter groot gemors.Vanaf 11 uur kon ons omtrent niks meer hengel agv van die hyacinte in die water reg teen  die oewer af vir omtrent so ver as 40-50m in die dam in nie..Later het daar n groen”slutch” om die water gedryf wat erg stink en het omtrent soos verf gelyk.

Behalwe die boostaande het ons baie vas gesit en vis verloor  as gevolg van afgebreekte lyne in die water.(bou lyn en dik braid).
Oewer was lekker vol die oggend maar van 12uur af het heelvat mense begin oppak.Vanaf omtrent 1 uur kon ons weer bietjie vis maar het vining weer ons vasgeloop teen die Hyacinte.

Al die negatiewe agter gelaat het die vis lekker positief gebyt en daar was net reel runs.Soos bo genoem  baie vis verloor wat gaan vas sit het en dan afgebreuk het,maar al die vis wat wel uitgekom het was mooi karpies .(+/- 2kg )

Kom ons hoop wat daar aan die gang is klaar op voor ons klub komp in Mei maand.








KOEDOE NUUSBRIEF MAART 2013

Dankie aan Marlene vir die nuusbrief.


Koedoe Hengelklub Nuusbrief

            Maart 2013
 

En hier begin ons nuwe Jaar (seisoen) vir Koedoe, tydens die pas afgelope Algemene Jaar vergadering, is daar weer ’n Komitee verkies, van hul is ou hande, maar so is daar ook nuwes nl. Zans as Dames Verteenwoordiger ek weet sy sal die Dames bymekaar hou en ons Dames weer betrokke kry. En dan myself as Sekretaresse, ek het my beskikbaar gestel vir Koedoe Hengelklub en al ons Lede, as daar verandering nodig is ek het ’n oor om te luister, en weet dat ek daar is vir elkeen van julle.
Die nuwe Komitee is as volg:
Ere – President :                       Giel Swart                     Tel:  074 210 646
                                                               
President :                                Markus Swart                Tel:  083459 2363
                                                E-mail:  Mark.Swart@bcx.co.za

Vise-President :                         Hennie Coetzee             Tel:  072 720 9798
                                                E-mail:  hcj.coetzee@telkomsa.net

Tesourier :                                 Samantha v Blerk          Tel:  012 303 1082(w)
084 631 6933
                                                 E-mail: samanthavanblerk@gmail.com

Sekretaris :                               Marlene Coetzee            Tel:  079 502 1949

Inweeg/                                     Donald McDonald         Tel:  083 590 7179
Rekords Beampte :                   E-mail:  motormac@mweb.co.za
                                               
Additionele Lede :                     Francois Steyn – Skakelbeampte
Tel:  082 928 6560

Spyker Coetzee             Tel:  082 359 5849

Charl Matthee                Tel:  083 321 9208

Sarel Boshoff               Tel:  082 933 4104
Tel:  012 8004957

Dames Verteenwoordiger :         Zandra Boshoff                         Tel:  082 845 9773



Projek Gone Fishing :                Wilma McDonald           Tel:  072 264 0561
 

Baie geluk aan Koedoe A Span met jul oorwinning.
Die Premier Afdeling is gewen deur KOEDOE!!!!

Ø  Geluk aan Koedoe B Span met jul 2de  plek, die  C-Span 4de en die D span was 5de in hul Afdeling,
Ø  Geluk aan Willie en Danny wat die Karp Liga gewen


Gauteng Noord Hengel Klubs is bewus van KOEDOE

Daar was baie stories, maar Markus het dit vasgevat,
DAAR WORD ‘N VERSOEK GERIG DAT ALMAL VAN ONS MOET DINK VOORDAT ONS BETROKKE RAAK BY STORIES EN DIT DAN PLAAS OP FACEBOOK EN SOORTGELYKE FORUMS DIE HELE SUID AFRIKA LEES DIT EN DIT SKEP ’N SWAK BEELD.

Ek wil van die geleentheid gebruik maak om aan al ons hengelaars wat deel uitgemaak het van die Dames en Senior SA Kampioenskappe, baie dankie vir jul harde werk. Julle wat presteer het baie geluk.  Ek wil een persoon uitsonder hy is die een wat altyd almal gelukwens en bedank maar dit is nou sy beurt:-
Markus baie geluk met jou prestasie as Victor Laudorum jy het soos ’n kampioen gehengel  
“WELL DONE BOYTJIE”

Karp Spanne vir die Komende SA Kampioenskappe
(Koedoe Lede)

A-Span                                                          B-Span
Robert Hurn                                                  Tim Brown
Carel Schoeman                                          Barend Booyse
Willie Richards                                             Jacques Fourie
Danny Pretoruis                                           Chris Robberts                    

Dames Prestasies

Zandra Boshoff                                - SAVOF A   
Bernie van Nieuwenhuizen             - SAVOF A
Donald MacDonald                         - SAVOF B Afrigter
Wilma MacDonald                           - Uitnodigingspan



Baie geluk aan elkeen van julle
 

Daar was met leedwese verneem van die afsterwe van:

  • Oom Carel Vilonel en
  • Gert en Peet Swart se moeder na ’n baie lang siekbed

Meegevoel aan al die familielede en ons gebede is dat Ons Hemelse Vader u die nodige vertroosting sal gee

Daar word ’n beroep gedoen op alle Lede om u Ledegelde te betaal:
R200-00 per Senior Lid  -  R150-00 per Dame en Junior

Niemand gaan geaffilieer word as ledegelde nie opbetaald is nie.

Maak asb. gebruik van die klub se nuwe rekening nommer indien daar inbetalings gedoen word.
Capitec Silverton
Bank Kode 470010
Rek nommer 131 861 4242
Koedoe Hengel

Klere kan bestel word by:   Hettie Gouws 082-4446896


April 2013 – Naweek-kompetisie.
Trichardt by Sasol kant

Soos gewoonlik geld die normale naweek kompetisie reëls.


Vrydag – lede mag die oewer betree – geen hengel mag plaasvind nie.
Saterdag – hengel van 07H00 – 15H00.  Inweeg vind plaas om 15H30 soos aangedui deur die inweeg beampte.  Alle stokke moet om 15H00 uitgetrek word.

Hengel sal hervat soos bepaal na die inweeg tot Sondag 10H00.  Inweeg vind plaas by die inweeg beampte om 10H45

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/ reëls asook die GN grondwet.

Die klub se Pro-mania sal van toepassing wees slegs vir Klub Lede
 Geliewe daarop te let dat geen klub hengelaars binne Gauteng Noord aan sodanige Pro-mania mag deelneem nie.

’n Lid van Koedoe beteken dat daar ’n getekende aansoek vorm in besit van die klub is.

Vis natuurbewaring doeleindes, word ’n versoek aan al ons lede gedoen om asseblief sorg te dra dat alle oewers ten alle tye skoon en netjies gehou word. Maak seker dat wanneer die oewer verlaat word, daar geen rommel agterbly nie. Indien daar enige dooie vis met die inweeg is, moet dit nie in die water terug plaas nie. Reëlings sal tydens die inweeg in die verband getref word.
Mei                  -           De Rust
Junie              -           Hengel Kliniek
Julie               -           Bronkies Natuurbewaring
Augustus       -           Jackey Leonard
10 Augustus -           GONE FISHING FONDS INSAMELING

·         1ste Bolgooi Liga          -           27 Julie 2013
·         2de Bolgooi Liga          -           17 Augustus 2013

Daar gaan vanaf 2 Junie elke Sondag Bolgooi oefening wees, gevolg met ’n lekker saam kuier, bring en braai.



Koedoe se sukses verlede seisoen was as gevolg van die Bolgooi oefeninge



Jaareind Funksie 29 Junie 2013!!!