Thursday, June 30, 2011

CURRIEBEKER KAMPIOENE 2011

Tuesday, June 21, 2011

KOEDOE NUUSBRIEF Junie 2011

Wees gegroet hier vanin ’n nuwe uitgawe van ons Nuusbrief. Dit is ’n wonderlike middel om maandeliks oor “diè” en “dat” met u te deel. Soveel dinge gebeur in ons daaglikse lewe dat die tyd ongemerk by ons verby vlieg.
Nou die dag het ons nog met sonopkoms gaan werk en nou moet ’n lantern gebruik word. Wys jou net, tyd staan nie stil nie.
Van tyd gepraat. Op 25 Junie 2011 is dit weereens die Gauteng Noord se jaarlikse klere-aand. Vir diegene wat dit gaan bywoon, word gevra om so van 08:30 by die Akasia Stadsaal te wees om met die opmaak/regmaak van ons tafels te help. Hoe meer hande, hoe ligter die werk en gouer is ons klaar. Ook vir die wat die funksie die aand gaan bywoon, onthou, elkeen moet sy eie eet en drinkgoed saambring. Dit sluit in die glase, ensovoorts.
Daar is hierbo na tyd verwys, Ja, dit is nou werklik winter. ’n Wyse grys maak nou die dag die opmerking dat dit vanjaar so koud is dat Old Brown Sherry nie eers meer wil help nie. Die rede hiervoor, sê die oom, is dat vanjaar se koue in jy been in trek. OBS loop in die are en are deur die vleise, seg hy toe, en nie deur die bene nie.
Ons is altyd geleer om nie die weer te probeer voorspel nie maar so ’n bietjie inligting. Op 21 Junie sal dit die korste dag en die langste nag wees.

LIEF EN LEED
Wilma was in die hospitaal en weer op die been. Sterkte aan haar. Die wat die griep onderlede gehad of tans nog met dit sukkel, sterkte.

FINANSIëLE AANGELEENTHEDE
Die mees belangrikste bate in enige organisasie, besigheid, ensovoorts, is hul personeel. Self hier by ons in die klub, is dit ons lede. Naas ons lede, moet daar ook finansies wees om die klub te bedryf. Dit meen, dat lede moet ge-affilieer word by die provinsie en by SAVOF. Verder is daar dan ook additionele uitgawes wat aangegaan moet word.
Tydens ’n audit wat plaasgevind het, is daar opgemerk dat daar nog ledegeld uitstaande is wat vereffen moet word. Hier en daar is self ledegeld van verlede jaar uitstaande. Soos u bewus is, het die ledegeld onverandered gebly en is dus soos volg:

R300,00 per gesin; en
R175,00 per enkel lid.

Die nuwe affiliasiegelde moet nou betaal word wat ’n baie groot uitwerking op die klub se bank balans gaan bewerkstellig. ’n Beroep word op u almal gedoen wat nog nie u ledegeld betaal het nie om dit so spoedig moontlik te laat plaasvind. Elna Swart kan in die verband gekontak word. Dankie aan die lede wat alreeds betaal het.

HENGEL AANGELEENTHEDE

Graag word die uitslae van die Junie 2011 klubkompetisie te Roodekopjes deurgegee.

STATISTIEKE
Hengelaars: 23
Volskub : 13
Massa : 34.575kg

UITSLAE:
1) SAREL BOSHOFF: 6 VIS -12.275KG
2) MARKUS SWART: 3 VIS - 7.980KG
3) EUGENE WERNICK: 1 VIS - 5.345KG
4) NEIL VD WESTHUIZEN: 1 VIS - 4.030KG
5) CHARL MATTHEE: 1 VIS - 3.700KG
6) PIET ROODT: 1 VIS - 1.245KG

KLUBKOMPETISIES VANAF JULIE 2011
Die volgende klubkompetisies sal soos volg wees:
Julie 2011 – Hengel kliniek te De Rust, Hartebeespoortdam. Bymekaarkom plek is net links onderkant die huis. Tyd is vanaf 08:00. ’n Program vir die dag sal opgestel word. U is meer as welkom om u vriende en familie saam te bring.
Augustus 2011 – TEKSA, Trichards-fontein.
September 2011 – Cilliers. Naweek kompetisie
Oktober 2011 – Klipdrift, Potchefstroom: Boer se gronde
November 2011 – Jacky Lennon, Vaaldam
Desember 2011 – Roodekopjes, Links vanaf karavaanpark. Naweek kompetisie.

BOLGOOI LIGA

Die tyd het aangebreek dat daar begin oefen word vir die bolgooi ligas wat op hande is. Verlede jaar was puik prestasies behaal en dit is dan ook ons voorneme om nog beter in die kompetisie doen. Hoe beter die voorbereiding, hoe beter die sukses.

Die datums is soos volg:
1) 26 Junie – Oefening FH Odendaal
2) 03 Julie – Oefening FH Odendaal
3) 10 Julie – Oefening FH Odendaal
4) 17 Julie – Oefening FH Odendaal
5) 23 Julie – Liga te Weermag Gronde
6) 31 Julie – Oefening FH Odendaal
7) 07 Augustus – Oefening FH Odendaal
8) 13 Augustus – Liga te Weermag Gronde

Tyd: Oefeninge sal vanaf 09:00 op die onderskeie oefendae in aanvang neem.
Almal word uitgenooi. Meesters, seniors, dames, juniors en penkoppe.

Die reëls is kortweg soos volg:
Seniors en meesters: 40, 60, 80 en 100 meters (met “line clip”).
Dames en juniors: 40, 60 en 80 meters (met “line clip”).
Penkoppe: 30, 50 en 70 meters (met “line clip”).
Vêrgooi – elkeen kompeteer as individue.

SENIOR KOMITEE
Die pas verkose komitee tot die Senior Komitee, is sso volg:
Voorsitter: Rudi Strydom
Sekretaris: Ig Grundelingh

MATCH KOMITEE
Voorsitter: Johnny Moorhouse
Sekretaris: Marinda Kriel

DAMES KOMITEE
Voorsitter: Riekie Labuschagne
Sekretaris: Carolina Gildenhuis
Handelsnuus

Donald het sy eie reeks dips begin gebasseer op huidige hengel waters. Sodanige dips word bemark onder die handelsnaam “MAC DIPS”. Die eerste reeks is tans by Sarel se winkel “ULTIMATE ANGLING” beskikbaar.
Neem tyd en gaan kyk gerus. Daar is nuwe baanbrekers asook ou betroubare dips, soos onder andere die beproefde Sunglo, beskikbaar.      

Ons maandelikse storie

Om die verveeldheid hier in die winteraande meer draagliker te maak, is daar besluit om van die ingeboude kaste in die spaarkamer, wat nie veel gebruik word, skoon te maak en reg te pak. So het dit dan gebeur dat daar op ’n ou familie foto album afgekom word. Nou moet ek eers verduidelik. Hierdie album moet al vir ’n hele aantal jare daarbo lê. Nog toe oorle ma en pa by ons gebly het. Dit was heel onder die stof en seker blaaie het al vergeel.

Tydens die nagaan van die foto’s, waarvan oorle pa die meeste op sy ou 620 KODAK kamera geneem het, het dit my gedagtes baie jare teruggeneem. Daar is fotos van ons babatyd, kindertyd, tienertyd, ensovoorts. Selfs op die ou skoolfotos kon ek sekere van my ou alma maters uitken. Dan wonder jy wat het van hierdie een of daardie een geword. Leef van die onderwysers nog. Glo nie. Dit is al bykans vyftig jaar terug. Van jou klasmaats kon ook al die tydelike met die ewige gewissel het.

Terug by die familie foto’s, toe begin ek wonder of ek sal kan onthou wat ma vir ons as kinders geleer het. Jy weet, hulle het mos sulke sêgoed gehad om jou te leer.

Terwyl hierdie gedagte nog vars in die kop vassteek, besliut ek net daar en dan, om die ou rekenaartjie aan te sit en probeer ’n lys maak wat vir ons as kinders geleer was.

Teen die tyd wat die nodige program op die rekenaartjie oop is, is ’n beker koffie ook aangeslaan om te help teen die koue. Na ’n gespartel met die geheue, is die volgende lys saamgestel. Ek wil u graag uitnooi om saam met my deur hierdie lys te gaan en kyk of u uit dieselfde erea kom.

Dit is wat ma ons geleer het:

Ma het my geleer hoe om te bid
"Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vannaand by die huis kom"

Sy het my geleer van "time travel":
Ek sal jou tot in volgende week in klap!

Sy het my geleer pa's is slimmer en ryker as ma's:
Gaan vra jou pa!

Sy het my geleer oor plantkunde:
Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?

Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees:
Mannetjie !!!

Sy het my van die weer geleer:
Dit lyk of 'n dekselse orkaan jou kamer getref het!

Sy het my geleer van fauna en flora:
Moenie vir my vertel perredinges is vye nie!

Sy het my geleer om myself te ontdek:
Hou op om jou soos jou pa te gedra!

Sy het my die wetenskap van osmose geleer:
Hou jou mond en eet jou kos!

Sy het my geleer van uithouvermoë:
Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeëet het!

Sy het my geleer van sintuie:
Kinners word gesien en nie gehoor nie!

Sy het my geleer van humor:
Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!

Sy het my van jaloesie geleer:
Daar is duisende ander kinnertjies wat ouers soos joune begeer!

Sy het geleer dat daar 'n plek en 'n tyd vir alles is:
As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek't nou net hier skoongemaak!

Sy het my wiskunde geleer:
Sit jy alweer en tanne tel!

Sy het my logika geleer:
Want ek sê so, dis hoekom!

Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur:
Ek sal jou klap dat jy jou antie vir 'n eendvoël aansien as jy my weer terugantwoord!

So, sterkte tot volgende uitgawe. Ons sal dan weer ’n hengelstorie daarstel.

TRUCELLA CHALLENGE

Hier is fotos van die Trucella Challenge en uitslae :

Trucella Challenge Uitslae :


1 M & K Swart 17.244 kg
2 A Botha & J Marx 12.442 kg
3 Tanja en Nadeen 12.416 kg
4 B & C Bouwer 11.809 kg
5 JS & TG Francis 10.174 kg
6 R Hurn & K Schoeman 9.377 kg
7 P Coetzee & J Scheepers 8.613 kg
8 R Goodchild & H Prinsloo 7.699 kg
9 JD Jacobson & penmaat 7.530 kg
10 R Coetzer en P Carlson 7.131 kg
 














Monday, June 20, 2011

DAMES KOMITEE

Baie geluk aan die nuut verkose dames komitee. Sterkte aan almal vir die nuwe jaar wat voorle.


Voorsitter: Riekie Labuschagne
Sekretaresse: Carolina Gildenhuis
Tesourier: Lenie Rusch
Addisionele lede:
Bonnie Roos
Retha Smit
Yvonne van der Walt
Wilma Mc Donald

Vangste vir die naweek

Ek en Duan en sy seen was by Kaiamanzi by Bronkhorstspruit gewees Saterdag vir 'n paar ure.Ek het 6 karpies gekry en Duan het 3 gekry en sy seen het 1 gekry.

Monday, June 13, 2011

MATCH ANGLING KOMITEE

Dag Almal,


Baie geluk aan die nuwe Match Angling bestuur wat verkies is.

VOORSITTER : JOHNNY MOORHOUSE
SEKRETARESSE : MARINDA KRIEL

Sterkte aan almal van julle en mag ons dieselfde suksesse bereik as die vorige jaar.
Dan ook baie dankie aan Marinda wat die faset ondersteun en help bou het tot wat dit vandag is.

SENIOR KOMITEE

Hi Almal

Baie geluk aan die nuut verkose Senior Komitee bestuur.

Voorsitter : Rudi Strydom
Sekretaris : Ig Grundling

Hoop julle het ‘n great en suksesvol jaar daar.

Ook dankie aan Gert Swart en Jackie Kiesling wat die afgelope jare daar betrokke was en vir ons baie goeie werk verrig het.
markus

Friday, June 10, 2011

Tuesday, June 7, 2011

BOLGOOI LIGAS VIR 2011

Dit word al weer daardie tyd van die jaar waar ons bolgooi liga oefening moet begin. Ons was laasjaar ongelooflik suksesvol in die Bolgooi liga :

1) Seniors – Wen
2) Juniors – Wen
3) Dames – Wen
4) Penkoppe – Wen
5) Meesters – 2de

Ek vra dat ons asb. hierdie jaar weer die nodige belangstelling sal gee aan die bolgooi oefeninge wat om die draai le. Ek hoop van harte om almal weer by die oefeninge te sien!!!

Oefeninge is soos volg :
1) 19 Junie
2) 26 Junie
3) 03 Julie
4) 10 Julie
5) 17 Julie
6) 31 Julie
7) 07 Augustus

Ek sal laat weet waar ons die bolgooi ligas gaan hou – huidiglik het ons nog nie ‘n veld nie. Enige voorstelle sal oorweeg word.

Bolgoi Ligas hierdie jaar is soos volg :
1) 23 Julie
2) 13 Augustus

HIerdie kompetisies sal weer by die Weermag Gronde plaasvind.

Monday, June 6, 2011

SENIOR SAVOF SPANNE

Please find below the newly selected Senior Bank Anglers following the Senior National Trials to represent SAFBAF.


Senior Bank Angling during the Zone 6 and Forces tournaments.

1. The Senior Confederation Team will participate against Namibia and Zimbabwe Senior National Teams from 27th August to 3rd September at Mazowe Dam, close to Harare. Please note the venue has changed from Lake Chivero as originally planned.

2. The Senior Federation "A" Team will participate against Namibia Senior Presidents team at Hardap Dam from 24th to 30th September together with the Confederation Masters and Ladies Teams.

3. The Senior Federation "B" Team will participate against the National Forces Teams and the Federation Masters Teams from the 5th to the 9th September at Bloemhof Dam. (Venue to be confirmed).

2011 SAFBAF SENIOR CONFEDERATION TEAM FOR PARTICIPATION AGAINST NAMIBIA & ZIMBABWE - ZONE 6

COMPOSITION TEAM MEMBERS PROVINCE

MANAGER 1 Mark Joseph CG
COACH 2 Barny Matthee MPU

1 Gunter RV KZN
2 Joubert RC CG
3 Saayman JCF CG
4 Lategan WH CG
5 Potgieter A NW
6 Balram S KZN
RESERWE 7 Tesner B MPU

2011 SAFBAF SENIOR FEDERATION A -TEAM TO TAKE PART IN ZONE 6 AGAINST NAMIBIA

PRESIDENTS TEAM
COMPOSITION TEAM MEMBERS PROVINCE

MANAGER 1 Graskie MA G
COACH 2 Booysen J G

1 Du Plessis LAR GN
2 Foord NJ GN
3 Scheepers F MPU
4 Pienaar JP NK
5 Ruthven GP GN
6 Malangu MK MPU
RESERWE 7 van d Merwe J SNW

2010 SAFBAF SENIOR FEDERATION B-TEAM FOR PARTICIPATION AGAINST SAFBAF MASTERS TEAM AND NATIONAL FORCES TEAMS

COMPOSITION TEAM MEMBERS PROVINCE

MANAGER 1 Momberg C.J. KZN
COACH 2 Mac Hattie S.R. Gauteng

1 Holtzhausen LCL NW
2 Van Rensburg TH SG
3 Lotter C NW
4 Joubert LN SG
5 Uys D WP
6 Pretorius PJ OP
7 Graskie MA G
8 Dames JM G
9 Conradie C VRY
10 De Klerk AV GN
11 Van Heerden CG VRY
12 Scheepers JJ G
RESERWE 13 Van Rensburg FRdeV SG

ROODEKOPJES UITSLAE

Die klubkompetisie by Roodekopjes was maar swak teenwwordig hierdie maand.  Daar was slegs 23 lede.  Ek dink dit is die minste lede wat ons in die afgelope 3 jaar by 'n klubkompetisie gehad het.

Hier is die uitslae :

STATISTIEKE:
Hengelaars : 23
Volskub : 13
Massa : 34.575kg

UITSLAE:
1) SAREL BOSHOFF   6 VIS  12.275KG
2) MARKUS SWART  3 VIS  7.980KG
3) EUGENE WERNICK  1 VIS  5.345KG
4) NEIL VD WESTHUIZEN  1 VIS  4.030KG
5) CHARL MATTHEE  1 VIS  3.700KG
6) PIET ROODT  1 VIS  1.245KG


Tot weder siens.  Groete

SAVOF

Baie geluk aan die volgende lede wat verkies is tot spanne na die SAVOF proewe te Springbok Kamp :


FEDERASIE A SPAN
LOUIS DU PLESSIS
NEVILLE FOORD
GEORGE RUTVEN

FEDERASIE B SPAN
ANDRE DE KLERK

Baie geluk van GN Uitvoerende Bestuur en gaan hou GN se naam hoog!!!

Groete

Wednesday, June 1, 2011