Monday, July 25, 2011

9 Augustus 2011 - Ope Oewerhengel Kompetisie

Waar : Biermans Vaaldam
Ten bate van NG Kerk, Kinross.
Span van 2 hengelaars per pen (beperkte aantal penne).
Pen word op die dag van kompetisie getrek.  Geen bote of kano's.

1ste Prys : Swaarste sak per pen : Wenner het keuse van 2 pryse - Jagkans na Namibie vir 2 mense ter waarde van R30,000.00 of Hentiesbaai hengeluitstappie vir 2 mense ter waarde van R30,000.00

Nog kontantpryse ter waarde van R14,000.00

Kaartjies wat voor 30 Julie gekoop word kom in aanmerking vir die trekking van R1000.00.

Koste : R250.00 per hengelaar, hekgelde uitgesluit. 

Voorafbetalings aan NG Kerk, Kinross, (FNB Bank Kinross)
Branch Code : 271044
Rekeningnommer : 52654973422

Bring inbetalingsbewys saam. 

Navrae : Nico - 072-425 7826 of Petro by kerkkantoor (017) 6871247

Dit is vir 'n goeie doel kom ons ondersteun dit.

Thursday, July 21, 2011

GN LIGA EN KLEREAAND























Monday, July 18, 2011

KOLGOOI OEFENING

ROALD MATTHEE

ANNELIEN RICHARDS

CHARLDON MATTHEE

CHRISTIAAN EN GERHARD.  BESIGE TWEE MANNETJIES

DIE JONG SPAN!!!

HET NOU DIE EVIDENCE.  NOG 'N DAME HENGELAAR!!!

BESIG...BESIG KOEKE, LYNE WAT BREUK!!!!  SJOE WAT 'N DAG

Friday, July 15, 2011

BLOU KURPERS TE ROODEPLAAT DAM!!

Jacques Lombard het hierdie mooi kurpers by Roodeplaatdam gevang.



Thursday, July 14, 2011

NUUSBRIEF KOEDOE JULIE 2011

NUUSBRIEF – JULIE 2011

Orals lees ons in tydskrifte, hoor geprekke daaroor en beleef dit in ons lewe, die media, hetsy koerante of televisie, hoe korrupsie plaasvind. Vanmelewe se dae was dit ’n skande want sien dit was net soos diefstal en ’n mens word geleer om nie te steel of iets van iemand anders te neem of te vat wat nie aan jou behoort nie. Vandag se tyd is korrupsie aan die order van die dag. Baie kom weg daarmee, word verdoesel of jy word beskerm.

Nou hoekom begin ek met so ’n uiters snaakse onderwerp. Laat ek verduidelik. Gewoontlik word baie werk buite normale kantoorure gedoen. Weet nie meer of daar so iets soos kantoorure bestaan nie. Kyk hou mis ek nou die ou tee –en etenstye. Daarna toe. Tydens so ’n werksessie gaan staan en “vries” die blikbrein. Nadat dit vir die soveelste keer “ge-restart” is, kom daar toe vir jou ’n wonderlike boodskap. In kort word dit aangedui dat sodanige blikbrein nou “corrupt” is. Dit is toe dat ek begin wonder of korrupsie ook nou binne stelsel programme toeslaan en wat die doel daaragter is. Gelukkig, na twee dae het die IT persoon darem van die korrupsie ontslae geraak en daarmee saam kon werksaamhede weer soos normaal voortgaan. Wys jou net tot waar strek korrupsie nou al.

Wees dus gegroet sonder korrupsie en daarmee saam die draai van ons seisoen siklus. Ja, nou begin die dae so stadig maar seker per sekondes of dit minute, langer word. Maar dit het nog geen verskil gemaak aan die winter nie. Hierdie tyd van die jaar bly dit maar koud en neem baie moed en deursettingsvermoë om vroeg op te staan en die hengelwaters aan te durf.


So het die Gauteng Noord klereaand gekom en gegaan. Wel gedaan aan almal wat gehelp het asook diegene wat dit bygewoon het, om dit so suksesvol te maak.

Watter verrassing was dit nie vir almal toe die agterste gordyn oopgeskuif word met die banier dat GN die Curriebeker Kampioene is nie!!! 

Welgedaan. Dit was en is steeds ’n uiters lekker gevoel om te weet dat Gauteng Noord die kampioen provinsie is. Nou moet die titel net verdedig en behou word. So, harde werk lê voor!!

LIEF EN LEED

1. Oom Rassie Erasmus asook Tinus Boshoff se seun is oorlede en ons innige meegevoel aan die families. Ons gebede vergesel die families in die tyd van beproewinge.

2. Donald se moeder asook Danie Cilliers se eggenote is in die hospitaal. Sterkte en beterskap word toegewens.

3. Geluk aan al die klublede wat tot die provinsiale spanne verkies is.

FINANSIëLE AANGELEENTHEDE
Net ’n woord van dank aan alle lede wat hul ledegeld betaal het. Die wat dit nog nie gedoen het nie, word mooi gevra om dit asseblief so gou doenlik wel af te handel.

BOLGOOI LIGA
Die datums is soos volg:
1) 17 Julie – Oefening FH Odendaal
2) 23 Julie – Liga te Weermag Gronde
3) 31 Julie – Oefening FH Odendaal
4) 07 Augustus – Oefening FH Odendaal
5) 13 Augustus – Liga te Weermag Gronde

Tyd: Oefeninge sal vanaf 09:00 op die onderskeie oefendae in aanvang neem.
Almal word uitgenooi. Meesters, seniors, dames, juniors en penkoppe.

Die reëls is kortweg soos volg:
Seniors en meesters: 40, 60, 80 en 100 meters (met “line clip”).
Dames en juniors: 40, 60 en 80 meters (met “line clip”).
Penkoppe: 30, 50 en 70 meters (met “line clip”).
Vêrgooi – elkeen kompeteer as ‘n individue.

HENGEL AANGELEENTHEDE
Die hengelkliniek by De Rust was baie suksesvol. Alvorens die aanvangs plaasgevind het, het ’n paar hengelaars hul gerei uitgepak en stokke in die water gekry. So tussen deur die aanbiedings moes daar by meer as een geleentheid gehardloop word weens ’n kantrol wat “geroep” het. ’n Paar mooi karpe, waarvan fotos op die blok is, is aangekeer.

’n Woord van dank aan die samesteller(s) van die program. Tevredenheid is uitgespreek met die uitleg daarvan asook met die aanbiedings wat plaasgevind het.

KLUBKOMPETISIES
Die volgende klubkompetisies sal soos volg wees:

Augustus 2011 – SASOL kant, Trichardsfontein. Sien reëlings hieronder
September 2011 – Perdekamp, Steyns. Naweek kompetisie
Oktober 2011 – nog bevestig word
November 2011 – Jacky Lennon, Vaaldam
Desember 2011 – Roodekopjes, Links vanaf karavaanpark. Naweek kompetisie.

Die reêlings vir Augustus se klubkompetisie is soos volg:
Bymekaarkomplek: Motorhawe op Delmas pad voor Rietvlei afdraai
Tyd: 04:15 en vertrek 04:30
Hengeltyd: 07:00 tot 15:00
Inweeg: Donald se voertuig om 15:30
Bonanza: R850,00 vir “ Muddy” van 1,5 kilogram of swaarder.
Sones A en B is geboek.

Geliewe kennis te neem dat niemand mag sy/haar vis tydens die inweeg vrylaat nie. Dit kan alleenlik geskied na die weeg van vis toetaal afgehandel is. Daar moet dus ook voorsiening gemaak word vir enige besware wat moontlik ingedien mag word.
Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/ reëls asook die GN grondwet.
Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.
BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde).
Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word.
By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar skrifteklik in. Ons vra almal se samewerking.

Karpfaset
Hier is n paar belangrike datums en gebeure ten opsigte van die Karp faset:

1ste proef –BLOEMHOF vanaf 6 tot 9 Oktober 2011
2 de proef – BLOEMHOF 17 tot 20 November 2011

Voorlopige keurders: Willem de Jongh en Lenie Rush

2de Liga – Die Nyl 23 tot 25 Februarie 2012 (DAM KAN MISKIEN NOG VERANDER )

BOLGOOI - 23 Julie & 13 Augustus

‘n Komitee van 4 lede is verkies om die reêlings vir die fondsinsameling by die 2 bolgooi ligas te behartig. Jacques Fouries sal die spanleier wees. U ondersteuning word afgevra.

Alle lede word ook uitgenooi om die dagbestuursvergaderings by te woon.

Oorweging word ook geskenk om sosiale wedstryde gedurende die jaar te laat plaasvind om as oefeninge te dien.

n Borge toernooi sal vanaf 1 tot 4 Augustus plaasvind. Deelnemende spanne is tans SUPER CAST , M G SUPER BAITS , CARP HUNTER EN DIE HUIDIGE SAVOF SPAN .
Die volgende hengelaars verteenwoordig M G SUPER BAITS, naamlik:

CRAIG NEIL, HENNIE PAPENFUS, SAREL BOSHOFF, WILLE RICHARDS, JACQUES MOUTON, NARDUS BUYS, MARUIS RUSCH EN ROBERT KOTZE . LOPERS IS NEIL VAN DER WESTHUIZEN EN BAREND BOOYSE

Handelsnuus
Donald het sy eie reeks dips begin gebasseer op huidige hengel waters. Sodanige dips word bemark onder die handelsnaam “MAC DIPS”. Die eerste reeks is tans by Sarel se winkel “ULTIMATE ANGLING” beskikbaar.

Neem tyd en gaan kyk gerus. Daar is nuwe baanbrekers asook ou betroubare dips, soos onder andere die beproefde Sunglo, beskikbaar.

Femme Fatale: kaartjies vir die Femme Fatale is by Zandra en Wilma te koop. Ondersteun ons dames GROOT asseblief!!!

Ons maandelikse storie

Dit is ‘n bitter koue aand hier in die hostel. Miskien is dit beter as dit so koud is want dan ry mense ook minder rond. Ek kan dit sommer agterkom want daar is minder motors wat in die straat op en af jaag. Gewoontlik gaan dit maar rof so oor ’n naweek.
Ma ek wil net vir ma laat weet dat ek gaan kyk het hoe dit met oom Karel gaan na ons visvang uitstappie waar die “ietsie” kom lelik wou laat opstyg en laat val het toe ’n vis aan sy lyn gebyt het. Ma sal dit nog onthou want ek het mos gou-gou vir ma ’n brief gestuur en die storie vertel.
Sommer met die fiets gery. Oom Karel sê dit is so 8 kilometer of te wel 5 myl van die hostel af tot by hul huis. Hy weet hoe vêr dit is want hy het dit met die motor gemeet toe hy my al kom haal het. So, ek stry nie want ek glo dit. Weet ma hoekom glo ek dit, want dit is net so vêr van die koshuis in die dorp plaas toe, toe ons op hoërskool was.

By oom Karel aangekom, toe lê hy in die bed. Gelukkig nie meer ’n verband om die kop nie maar die been waarvan die knie gebreuk het is in gips. Die oom mag nie op die been trap nie maar het darem krukke waarmee ’n kan badkamer toe gaan as die nood druk of om te gaan “teevee kyk”. Die oom het nog steke in die kop maar die tannie sê dat hy darem nie van sy pampoenpitte verloor het nie. Wat dit ook nogal beteken. Die steke kan eers oor twee weke uitgehaal word. Die oom lyk al te snaak met die kol hare wat by die sny afgeny is met ’n skeermes lemmetjie. Amper soos ’n ou wat skeef bles word. Ek wou eers lag toe ek die oom sien maar toe onthou ek ma het ons geleer om nie vir groot mense te lag nie. Blykbaar moet die gips nog vir ses weke aan die been bly. Die tannie hou nie daarvan nie want, soos sy sê, sy moet nou alles vir die oom doen behalwe om vir hom badkamer toe te gaan as die nood druk. Dit lyk of die oom dit geniet.

Skielik het ek iets die aand by die tannie geleer. Ja ma moet nie worry nie. Die iets wat ek geleer het is nie dieselfde as die “iets” wat oom Karel en sy seun by die dam in hul koffie gegooi het nie. Die tannie sê die oom moet nou ’n hengelaar word en nie meer ’n visserman wees nie. Dit kon ek toe nie verstaan dat daar ’n verkil tussen die twee is nie. Ma sien, dit lyk dan vir my dieselfde. Ek vra toe die tannie wat die verskil is. Net voor sy kan begin verduidelik, toe stap klein Kareltjie daar met ’n bier in die hand die kamer binne. Ook goed hy drink alleen want sien oom Karel mag nie nou ’n dop drink terwyl hy medisyne gebruik vir al sy visvang beserings nie. Hy sal blykbaar baie siek word, daarom vra hy toe maar vir ’n koppie sterk boeretroos.

Toe Kareltjie uit is toe vertel die tannie my, so op ’n snaakse wyse, die verkil tussen ’n hengelaar en ’n visserman. Ma, sien, dit werk so. Die tannie sê nou dat sy toestemming gegee het dat oom Karel maar ’n dop by die huis mag drink, kan hy ’n hengelaar word. Toe is ek eers deurmekaar en vra toe hoekom. Sy sê so met ’n smile op die gesig toe sy na oom Karel kyk en hy sy kop met steke en al knik, dat ’n hengelaar word toegelaat om sy dop by die huis te drink en ’n visserman, soos wat oom Karel en klein Karel gemaak het, drink sy dop by die dam. So, as ek nou weer saam met hulle dam toe gaan, sal ek kyk of oom Karel nou ’n hengelaar of ’n visserman is.

Ek weet nou nog nie of die “ietsie” in swart koffie wat oom Karel by die dam gedrink het en wat hom so wou laat opstyg het, ook in aanmerking geneem kan word om te bepaal of jy ‘n visserman of ’n hengelaar is nie.

Nog so met die gestooi van gedagtes wat die verskil tussen ’n visserman en ’n hengelaar is, is ek toe nou weer met die fiets daarweg terug hostel toe. Hulle stuur vir ma groete. Kan nie bel nie want daar is nie geld vir lugtyd aangesien hulle nou ekstra goed soos medisyne het om, na oom Karel se seerkry, het om te betaal.

So ma, ek groet ook nou maar weer. Amper vergeet. Baie dankie vir die pakkie wat ma gestuur het. Die beskuit so laat aand smaak uitstekend saam met koffie. Die biltong moet ek maar toesluit want almal soek. Self die ouens by die werk wil hê. Ek weet nie hoekom nie want hulle gaan jag self. Miskien net te afgunstig.

Groetnis
Basjan




Wednesday, July 6, 2011

HARTIES - OPLEIDINGSDAG

PEET VORSTER KARP 3.3KG

Tuesday, July 5, 2011

DE RUST - OPLEIDINGSDAG

Graag wil ek aan almal wat betrokke was by die opleidingsdag, baie dankie se.  Dit was 'n groot sukses en daar het darem so paar mooi karps uitgekom.

CHARLDON MATTHEE - KARP 5.30KG
PERSONAL BEST!!

ROALD MATTHEE - KARP 5.90KG
PERSONAL BEST!!

TWEE MOOI KARPE GEVAND DEUR DIE JONGELINGE!!

CHARLDON - KARP 5.30KG
ROALD - KARP 5.90KG
MARKUS - KARP 5.50KG

ELRICH LMBRECHTS - KARP 3.90KG

SAREL BOSHOFF - KARP 6.95KG

BAREND BOOYSE - KARP 6.00KG