Wednesday, December 30, 2009

WILLIAM PEDRIE DIPS

Ek het die voorreg gehad om William Pedrie tydens die Junior SA's te ontmoet.  Ek het baie respek vir William gekry oor die passie wat hy het vir die dips wat hy maak.  Hy gooi al sy dips self en sorg dat sy dips ook op tyd by al sy kliente uitkom.  Vrystaat het die Junior B SA's gewen, met William wat die afrigter was by die span. 

My gesprek na die tyd met William het ook sodoende gehelp dat my seun (Kayle) besonder goed gedoen het tydens die SA Proewe.  Ek kan almal verseker dat die dips wat William op die rakke is van hoe gehalte is.  Probeer gerus sy dips!!!

Hier is 'n lys van die dips wat William Pedrie bemark :

Ball Dips 100ml
A.A.A. ,Almond Supreme, BB(Banana Bloekom), Banana Yellow, Banana Red, BA. Bunspice / Anys, Biscuit, Bms, Brakefluid Yellow, Brakefluid Red, Bunspice, C. F. X. Caramel, Chakalaka,
Cinnamon Supreme, Devils Delight, Devils Fork, Fire C1, Floro Sweets, Fruit Mix, Garlic, Gumtree,
Ice Cream, Has Been, Honey Supreme, JP, Lemon, Lootie, Maize, Musk Delight, Musk Molasses,
Peach, Pink Sweets, Rooi Anys, Rose Rhoduim, R Spice, Spearmint, Steekvlieg, Strawlic, Stuttafords,
Super Strawberry, Tac, Tjop -Tjop, X 5 (Bunspice Mix), 75

Ball Dips 200ml
Almond Supreme, Banana Yellow, Devils Fork, Fex, Fire C1, Honey, Lootie, Maize, Musk Molasses,
R Spice, Stuttafords, Tjop - Tjop, Tac, X 5 (Bunspice)

DIPS 50 ml
Almond, Banana Yellow, BMS(Banana/Stuttafords), Caramel, C.F.X. Caramel, Chakalaka, Devils Fork,
Floro Sweets, Fruit Mix, Garlic, Gumtree, Has Been, Honey Supreme, Koue Front, Maize, Peach,
Pink Sweets, Rooi Anys, R Spice, Satang(Spiritz), Springbokkie, Steekvlieg, Tac, X 5 (Bunspice), 75

BALL DIPS 600ml
Banana Yellow, C.F.X. Caramel, Devils Fork, Fire C1, Lootie, Musk Molasses, R Spice, Stuttafords

Sprays
Baber Special, C.F.X. Caramel, Devils Fork, Fruit mix, Gumtree, Honey Supreme, Kouefront,
Satang (Spiritz), Springbokkie, X 5 Bunspice, TAC

Powders
Carmoisine Red, Dip Thickener, Egg Yellow, Fluorescein 100%, Red Fluorescein 100%, Tartrezine

Monday, December 28, 2009

FOTOS VAN JUNIOR B SA'S




BIERMANS 27/12/2009



Jacques Du Preez, Tinus Boshoff, Francois Steyn en myself het op kort kennisgewing besluit om Sondag 27/12/2009 bietjie Biermans - Vaaldam toe te gaan. Die vorige aand was daar 'n massiewe storm by Biermans. Tannie Kotie vertel my dat in die 55 jaar wat sy op die plaas bly het sy nog nie so iets beleef nie. Van die mense se tente is platgewaai en weggewaai.

Ons het besluit om links om te gaan, na Jim Fouche se draad se kant toe. Ons het redelik ver van die draad afgesit. Die vis het van vroeg af goed gebyt en ons het gesukkel om 2 stokke in die water te hou. Dit was 'n lekker hengeldag vir almal van ons.

Aangeheg is 'n paar fotos van die dag.




Biermans




Reg vir die dag se hengel




Francois ook reg om te begin hengel




Van die mooi karps wat gevang is.  Grootste karp
was by die 4kg.




Nog van die vis wat gevang is.




Tinus met 'n mooi karp




Jacques en Tinus met die vis wat gevang is.

Thursday, December 24, 2009

KERSFEES WENSE

Kersfees wense aan al ons Koedoe Lede. Hoop almal het 'n fantastiese tyd gedurende die feesgety.

Vir die lede wat op vakansie gaan, ry asseblief veilig en ons sien almal op die volgende klubkompetisie te Steyns Vaaldam. Onthou dit is ook 'n nuwe hengel seisoen vir Koedoe met baie nuwe uitdagings in die klub. Die nuwe puntestelsel tree ook in werking in Januarue 2010. Daar sal 'n dag en naweek kampioen in die toekoms bepaal word.

Ook 'n voorspoedige nuwejaar aan al ons lede. Mag almal se wense vir 2010 waar word en mag ons 'n wonderlike 2010 hengeljaar he.

Groete

Koedoe Komitee 2009

Wednesday, December 23, 2009

KOEDOE NUUSBRIEF DESEMBER 2009

BAIE BELANGRIK

Baie geluk aan Ross wat die trekking wenner was van die hounet. Ook ‘n word van dank aan almal wat betrokke was met die verkoop van kaartjies of ook aan die wat kaartjies gekoop het.

Daar sal in Desember 2009 geen Uitvoerende Klub vergadering wees nie maar wel weer in Januarie 2010.

Graag word ook van die geleentheid gebruik gemaak om almal wat met vakansie gaan, ‘n welverdiende rus toewens.

Mag die vrede van die kersseisoen u harte vul en ‘n nuwe jaar met vol vertroue ingaan.

Lief

Baie geluk aan ons Juniors wat Gauteng Noord op die algeheel Transvaal Kampioenskappe verteenwoordig het asook om met die title weg te stap. Andries, Iain, Barend en Ruan, ons is trots op julle.
So ook aan ons twee lopers daar Gert en Donald. Wel gedaan aan julle!!

Aan die juniors en penkoppe wat aan die SA Kampioenskappre gaan deelneem. Sterkte.

Volgende Klubkompetisies

Naweek kompetiesie op 9 en 10 Januarie 2010 - Steyns Vaaldam

Hengeltyd :

1. Saterdag: 06:00 tot 15:00 (inweeg 15:30)
2. Saterdagmiddag: 17:00 tot Sondag- oggend om 10:00 (inweeg Sondagoggend om 10:45)
Inweeg area sal aangekondig word.

Pryse sal kontant wees
Inskrywingsgelde R10 per persoon

BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde) en kom die besoekers ook in aanmerking vir die Bonanza sowel as looitjie trekking pryse asook spesiale pryse, as daar is.

Indien u reeds die Vrydagoggend die oewer wil betree, geen hengel voor die bvasgestelde hengeltyd. Mag onder geen omstandighede voor die tyd begin hengel of voerplek maak nie. Dit lei tot diskwalifikasie.

Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word. By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar in skrifteklik. Moet nie dat ons tydens die inweeg of kompetisie dinge kwytraak wat jy later spyt oor kan wees nie. Ons vra almal se samewerking.

Lede moet asseblief daarop let dat daar in die vervolg toeters geblaas sal word om die begin en einde van die kompetisie aan te dui en ALLE LYNE moet dan uitgetrek word. Oortreding van die reёl sal lei tot diskwalifikasie vir die spesifieke kompetisie.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/reëls asook die GN grondwet.

Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.

Uiters belangrik. Met die weerlig reël, moet hengelaars in hul voertuie skuiling soek. Nie agter in bakkies of onder sambrele nie. Indien nie, kan die lei tot diskwalifikasie.

Nag/dag klubkompetisie: Bajadam

Uitslae vir die klubkompetisie was soos volg:

Volskub Karp : 131
Spieel Karp : 11
Baber : 2
Kanarie Kurper : 2

Totale Vis : 146
Totale Gewig : 102.655kg

Junior/Junior
1) Tiaan Ebersohn 30.35
2) Anneline Richards 11.15

Voorskool
1) Deone Meintjes 10.55

Dames
1) Wilma Macdonald 106.55 (Volskub 2.055kg)
2) Vanessa Badenhorst 43.60
3) Zandra Boshoff 16.60

Juniors

1) Iain Macdonald 270.40 Volskub 1.750kg
2) Chris Boshoff 132.75
3) Tyler v Blerk 123.85
4) Damio Sena 41.55

Gestrem
1) Billy Le Roux 44.75

Seniors (Eerste 10 plekke)
1) Johan Steyn 177.60
2) Donald Macdonald 173.65
3) Kobus vd Merwe 168.50
4) Floors Latsky 155.60 (Volskub 2.875kg)
5) Gert Swart 148.25
6) Jacques du Preez 124.90
7) Sarel Boshoff 100.45
8) Markus Swart 91.75
9) George Thomas 90.60
10)Shaun v Blerk 89.70

Kersboom
Die kersfunksie het direk na die inweeg by Bajadam begin. Die Gladiotor glybaan was 'n groot sukses met die kinders. Verder was daar die tombolo wat die dames gereël het. Dit was ‘n groot sukses. 'n Bedrag van R2080.00 was ingesamel. Self die publiek se kinders was daar en dit was 'n ongelooflike dag. Kersvader het ook sy verskyning gemaak.

Hengelhandoeke

Daar is hengelhandoeke beskikbaar met u naam en klubnaam daarop gebordier. Bestellings kan by Ros geplaas word. Groothandoek teen R75,00 en kleinhandoek teen R55,00. Dit is kontant met bestelling.

U kan Ros kontak by 072 674 9441.

HENGEL PROGRAM VAN 1 JANUARIE 2010 TOT 30 JUNIE 2010
09 Januarie – Klubaangeleentheid – Steyns (naweek kompetisie)
16 – 17 Januarie - Meesters Proewe
23 Januarie - Seniors Geheel Transvaal
30 Januarie - Senior Premier en A liga

06 Februarie – Klubaangeleentheid (Olifantsnek)
13 Februarie - Dames weg met SA's
20 Februarie - Senior B & C Liga
27 Februarie - Dames en Junior Liga

06 Maart – Klubaangeleentheid (oewer sal aangekondig word)
06 – 12 Maart – Senior SA Kampioenskappe
13/14 Maart - Dames Proewe 1ste en 2de Been
20/21 Maart - Senior Proewe 1ste en 2de Been
27 Maart - Meesters Proef

3 April – Klubaangeleentheid (Ardenza)
10 April - Dames en Junior Proewe
17 April - Senior Premier en A Afdeling liga

01 Mei - Klubaangeleentheid
08 Mei - Senior B en C liga
15 Mei - Pras Derby
22/23 Mei - Senior Proewe 3de en 4de

05 Junie - Klubaangeleentheid
19 Junie - GN liga en klereaand

Siende die vol program, sal daar gepoog word om die klub se prysuitdeling funksie gedurende Mei 2010 te laat plaasvind. Meer besonderhede sal volg.

‘n Datum vir die algemene jaarvergadering sal ook bepaal word en aan alle lede deurgegee word.

We wish you a Blessed Festive Season filled with Joy and Peace.

May 2010 be a year of Prosperity and Good health for you and your Loved ones.

Best wishes

Tuesday, December 22, 2009

WEERLIG

Die weerlig reel huidiglik is onder groot bespreking.  Ek dink dit is 'n punt wat SAVOF weer sal na moet gaan kyk.  Is ons besig om die dam onder die eend uit te ruk met die weerlig reel, of moet die reel net beter omskryf word, sodat dit duidelik is wat van almal verwag word.  Nieteenstaande weet ons almal hoe gevaarlik weerlig in ons sport kan wees.

Ek heg 'n foto aan van 'n grafiekstok wat deur die weerlig raakgeslaan is.



Nie 'n mooi gesig nie!!!!

Monday, December 21, 2009

JUNIOR EN PENKOP SA'S - VAALDAM 2010

Die Junior en Penkop SA's het plaasgevind te Vaaldam.  Junior A en Penkoppe was by Biermans en die Junior B spanne was by Krugers.

Tydens die oefendae op 10 - 12 Desember het ons baie lekker warm weer gehad.  Selfs die Sondag die 13de was baie lekker.  Maar soos ons Vaaldam ken het die weer baie sleg uitgedraai vir die volgende 2 dae.  Dit was koud en het baie gereen.  Die Dinsdagaand 15 Desember het ons 'n haelstorm beleef wat jy net in boeke oor lees.  Hael so groot soos golfballe en selfs groter.  Die Junior A en B spanne wat saamgebly het, het baie skade opgedoen.  Karre se ruite is uitgeslaan, stokke op die dakke van motors is middeldeur geslaan.  Daar is in totaal 17 stokke wat beskadig was.  Ons mos dringend mense kry om spesiaal deur te ry met stokke sodat die spanne die laaste dag van die SA's kan hengel.

Meyer Kriel se hele agterruit is deur die hael uitgeslaan.  Andre Swanepoel se Yaris is vol duike, voorruit is totaal vernietig.  Mens kan nie glo dat hael so groot kan raak nie.

Die Juniors en Penkoppe het baie goed gedoen tydens die SA's.

JUNIOR A Span
Die Junior A Span wen die SA's.  Dit is die 3de jaar in 'n ry dat die Junior A Span die SA's wen.  Baie geluk aan hulle!!!!

Ook geluk aan die Koedoe Juniors wat uitnodiging ontvang het tydens die SA's. 
Andries Tiggelman
Barend Booyse

JUNIOR B Span
Die Junior B Span eindig 2de tydens die SA's.  Weereens het ons net te ver agter geraak om die voorloper te vang. 

Ook geluk aan die Koedoe Juniors wat uitnodiging ontvang het tydens die SA's. 
Jacques Lombard
Kayle Swart
Hassen Mahomed
Hoosein Mahomed

0/13 JAAR (Penkoppe)
Die penkoppe eindig 4de tydens die SA's.  Baie geluk aan ons penkoppe!! 

Koedoe Penkop wat uitgenooi is vir die 0.13 SA's.
Kevin Lerm

Baie geluk aan Kevin.

Tydens die 2 dae proewe op 18 en 19 Desember was dit ook lekker warm en almal het lekker gehengel.  Ons Juniors het goed gedoen en nou kan ons net wag vir die bekendmaking van die SAVOF spanne.  Sterkte aan almal!!!

Hier is 'n lys van al ons GN hengelaars wat uitgenooi is :
Junior A
Andries Tiggelman
Barend Booyse
Meyer Kriel
Janco Scheepers
Ryno de Jager
Lynette Kriel
Ruan (Thomas)

Junior B
Jacqies Lombard
Kayle Swart
Hassen Mahomed
Hoosein Mahomed
Wessel Potgieter
Johan van Greunen
Jaco de Jongh

Penkoppe
Kevin Lerm
Sebastion van Zyl
Shaun Doyle

Tuesday, December 8, 2009

MEESTERS SA PROEWE

Na verskeie probeerslae om die name van die Meesters te kry wat uitgenooi is na die Meesters proewe, het ek nou opgegee.  Ek wou graag al die Meesters se name hier gelys het.  Maar ek kan ook nou nie langer wag nie. Die Meesters se SA proewe is geskuif na 17 April as gevolg van swak weer. Ek wil net graag aan ons Meesters wat hierdie prestasie toegeval het baie geluk wens, en hoop dit gaan goed tydens die proewe. Die 17 April is 'n wyle weg, en ek hoop ons Meesters bly in goeie vorm om reg te wees vir die proewe.

Sterkte aan :

PAT VAN DER MERWE.

Pat gaan hou die provinsie en klub se naam hoog tydens die proewe en ons hou duime was dat dit goed sal gaan en dat jy jou klere sal verwerf!!!

Monday, December 7, 2009

BAJA KLUBKOMPETISIE 5 DESEMBER - NAG/DAG KOMPETISIE




Die laaste klubkompetisie vir die jaar is gehou te Bronkies - Baja.  Dit was 'n nag/dag kompetise.  Die hengel het om 20H00 Vrydagaand begin en Saterdag 12H00 klaargemaak.  Die kersfunksie het direk na die inweeg begin.  Die Gladiotor glybaan was 'n groot sukses met die kinders.  Verder was die tombolo wat die dames saam met dit gereel het, ook 'n fantastiese sukses.  Die dames het 'n volle R2080.00 ingesamel die dag slegs deur die tombola.  Al die publiek se kinders was daar en dit was 'n ongelooflike dag gewees.  Kersvader het ook sy verskyning gemaak.

Uitslae vir die klubkompetisie was soos volg:

Volskub Karp : 131
Spieel Karp : 11
Baber : 2
Kanarie Kurper : 2

Totale Vis : 146
Totale Gewig : 102.655kg

Seniors (Eerste 10 plekke)

1) Johan Steyn                              177.60
2) Donald Macdonald                   173.65
3) Kobus vd Merwe                     168.50
4) Floors Latsky                           155.60     Volskub 2.875kg
5) Gert Swart                                148.25
6) Jacques du Preez                      124.90
7) Sarel Boshoff                            100.45
8) Markus Swart                           91.75
9) George Thomas                         90.60
10)Shaun v Blerk                           89.70

Dames

1) Wilma Macdonald                    106.55   Volskub 2.055kg
2) Vanessa Badenhorst                  43.60
3) Zandra Boshoff                          16.60

Juniors

1) Iain Macdonald                       270.40  Volskub 1.750kg
2) Chris Boshoff                          132.75
3) Tyler v Blerk                           123.85
4) Damio Sena                             41.55

Gestrem

1) Billy Le Roux                           44.75

Junior/Junior

1) Tiaan Ebersohn                      30.35
2) Anneline Richards                  11.15

Voorskool

1) Deone Meintjes                    10.55

Fotos van die klubkompetisie



Tiaan Ebersohn met sy volskub karp.




Tiaan Ebersohn - Junior/Junior Wenner




Deone Meintjes met haar Kanarie Kurper




Deone Meintjes - Wenner Voorskool


Iain Macdonald - Wenner Juniors.
Dit is ook Iain se laaste klubkompetisie as 'n Junior.




Billy Le Roux - Wenner gestremde afdeling




Vanessa Badenhorst - 2de plek dames




Wilma Macdonald - Wenner dames




Johan Steyn - Wenner Seniors



Oom Cor was ook die klubkompetisie.  Dit was baie lekker om oor cor weer daar te sien.




Die opslaan van die 'Gladiator'




Jeandre lyf die Gladiator in.




Jaco reg om te gly.






Kinders reg om te gly




Die kleintjies se gesigte is geverf




Van jonk tot oud was daar





Mean - Kyk na daardie gesiggie





Swannie wat 'n swem



Die Tombola was 'n groot sukses



Magda besig om te lootjie pryse uit te sorteer.  Dit was ook 'n groot sukses.




Die Komitee voor die vuurpeleton




Ready, steady, FIRE!!!
Kyk hoe kruip Sarel en Francois weg!!




Die Komitee op die Gladiator



Daar gaan hulle - sekere mense kruip bo weg!!




Kersvader oppad




Die kinders - agter Kersvader aan




Kersvader deel lekker en koeldrank uit



Kersvader besog om geskenke aan die kinders uit te deel



Nog kinders wat geskenke ontvang



Sjoe...wat 'n groot geskenk



Gerhard Richards - het homself geniet




Darren Latsky - met sy geskenk.  Hy het die kleintjies ook lekker besig gehou.  Thankx Darren!!




Oom Hennie Coetzee



Kersvader afgeneem saam met die kinders




Almal het lekker gekuier!!




Instruksies van die organiseerder af - Magda was soos 'n kamp kommadant!!




Weereens baie dankie aan ALMAL wat betrokke was om hierdie dag moontlik te maak. Die kinders het dit absoluut geniet. Dit is belangrik dat ons ook tyd aan hulle afstaan om die hengel se lekker as moontlik te maak.

Weereens ek is baie trots op wat ons vermag het Saterdag!!!!

Tuesday, December 1, 2009

SENIOR B SPAN OEFENING - SOETVELDE 29 NOVEMBER 2009

Die Senior B span het op 29 November 2009 te Soetvelde 'n oefen sessie ingesit.  Dit was aanvanklik 'n baie lekker dag tot ongeveer 13H00.  Toe kom daar 'n los storm oor, weerlig wat slaan, reen ens.  Almal het hier teen 14H00 opgepak sodat ons die weer kan mis.

Almal het lekker vis gevang en daar het 'n paar mooi Karp's uitgekom.  Myself het ook 'n mooi Moggel vir die dag gevang. 

Sien fotos hieronder :



Chris en Danie sit en relax




Piet Smit bring sy eie lewendige baber aas!!!




Jacques du Preez




Johan kruip weg agter sy donkerbril




Jacques besig om op te pak.  Die weer by Soetvelde kan vinnig opsteek




Die manne wag vir die katrolle om te loop!!!




Chris met 'n mooi Soetveld karp




Johan ook met 'n mooi Karp




Markus met 'n mooi Moggel wat hy gevang het.