Monday, December 21, 2009

JUNIOR EN PENKOP SA'S - VAALDAM 2010

Die Junior en Penkop SA's het plaasgevind te Vaaldam.  Junior A en Penkoppe was by Biermans en die Junior B spanne was by Krugers.

Tydens die oefendae op 10 - 12 Desember het ons baie lekker warm weer gehad.  Selfs die Sondag die 13de was baie lekker.  Maar soos ons Vaaldam ken het die weer baie sleg uitgedraai vir die volgende 2 dae.  Dit was koud en het baie gereen.  Die Dinsdagaand 15 Desember het ons 'n haelstorm beleef wat jy net in boeke oor lees.  Hael so groot soos golfballe en selfs groter.  Die Junior A en B spanne wat saamgebly het, het baie skade opgedoen.  Karre se ruite is uitgeslaan, stokke op die dakke van motors is middeldeur geslaan.  Daar is in totaal 17 stokke wat beskadig was.  Ons mos dringend mense kry om spesiaal deur te ry met stokke sodat die spanne die laaste dag van die SA's kan hengel.

Meyer Kriel se hele agterruit is deur die hael uitgeslaan.  Andre Swanepoel se Yaris is vol duike, voorruit is totaal vernietig.  Mens kan nie glo dat hael so groot kan raak nie.

Die Juniors en Penkoppe het baie goed gedoen tydens die SA's.

JUNIOR A Span
Die Junior A Span wen die SA's.  Dit is die 3de jaar in 'n ry dat die Junior A Span die SA's wen.  Baie geluk aan hulle!!!!

Ook geluk aan die Koedoe Juniors wat uitnodiging ontvang het tydens die SA's. 
Andries Tiggelman
Barend Booyse

JUNIOR B Span
Die Junior B Span eindig 2de tydens die SA's.  Weereens het ons net te ver agter geraak om die voorloper te vang. 

Ook geluk aan die Koedoe Juniors wat uitnodiging ontvang het tydens die SA's. 
Jacques Lombard
Kayle Swart
Hassen Mahomed
Hoosein Mahomed

0/13 JAAR (Penkoppe)
Die penkoppe eindig 4de tydens die SA's.  Baie geluk aan ons penkoppe!! 

Koedoe Penkop wat uitgenooi is vir die 0.13 SA's.
Kevin Lerm

Baie geluk aan Kevin.

Tydens die 2 dae proewe op 18 en 19 Desember was dit ook lekker warm en almal het lekker gehengel.  Ons Juniors het goed gedoen en nou kan ons net wag vir die bekendmaking van die SAVOF spanne.  Sterkte aan almal!!!

Hier is 'n lys van al ons GN hengelaars wat uitgenooi is :
Junior A
Andries Tiggelman
Barend Booyse
Meyer Kriel
Janco Scheepers
Ryno de Jager
Lynette Kriel
Ruan (Thomas)

Junior B
Jacqies Lombard
Kayle Swart
Hassen Mahomed
Hoosein Mahomed
Wessel Potgieter
Johan van Greunen
Jaco de Jongh

Penkoppe
Kevin Lerm
Sebastion van Zyl
Shaun Doyle

No comments:

Post a Comment