Tuesday, December 8, 2009

MEESTERS SA PROEWE

Na verskeie probeerslae om die name van die Meesters te kry wat uitgenooi is na die Meesters proewe, het ek nou opgegee.  Ek wou graag al die Meesters se name hier gelys het.  Maar ek kan ook nou nie langer wag nie. Die Meesters se SA proewe is geskuif na 17 April as gevolg van swak weer. Ek wil net graag aan ons Meesters wat hierdie prestasie toegeval het baie geluk wens, en hoop dit gaan goed tydens die proewe. Die 17 April is 'n wyle weg, en ek hoop ons Meesters bly in goeie vorm om reg te wees vir die proewe.

Sterkte aan :

PAT VAN DER MERWE.

Pat gaan hou die provinsie en klub se naam hoog tydens die proewe en ons hou duime was dat dit goed sal gaan en dat jy jou klere sal verwerf!!!

No comments:

Post a Comment