Wednesday, December 23, 2009

KOEDOE NUUSBRIEF DESEMBER 2009

BAIE BELANGRIK

Baie geluk aan Ross wat die trekking wenner was van die hounet. Ook ‘n word van dank aan almal wat betrokke was met die verkoop van kaartjies of ook aan die wat kaartjies gekoop het.

Daar sal in Desember 2009 geen Uitvoerende Klub vergadering wees nie maar wel weer in Januarie 2010.

Graag word ook van die geleentheid gebruik gemaak om almal wat met vakansie gaan, ‘n welverdiende rus toewens.

Mag die vrede van die kersseisoen u harte vul en ‘n nuwe jaar met vol vertroue ingaan.

Lief

Baie geluk aan ons Juniors wat Gauteng Noord op die algeheel Transvaal Kampioenskappe verteenwoordig het asook om met die title weg te stap. Andries, Iain, Barend en Ruan, ons is trots op julle.
So ook aan ons twee lopers daar Gert en Donald. Wel gedaan aan julle!!

Aan die juniors en penkoppe wat aan die SA Kampioenskappre gaan deelneem. Sterkte.

Volgende Klubkompetisies

Naweek kompetiesie op 9 en 10 Januarie 2010 - Steyns Vaaldam

Hengeltyd :

1. Saterdag: 06:00 tot 15:00 (inweeg 15:30)
2. Saterdagmiddag: 17:00 tot Sondag- oggend om 10:00 (inweeg Sondagoggend om 10:45)
Inweeg area sal aangekondig word.

Pryse sal kontant wees
Inskrywingsgelde R10 per persoon

BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde) en kom die besoekers ook in aanmerking vir die Bonanza sowel as looitjie trekking pryse asook spesiale pryse, as daar is.

Indien u reeds die Vrydagoggend die oewer wil betree, geen hengel voor die bvasgestelde hengeltyd. Mag onder geen omstandighede voor die tyd begin hengel of voerplek maak nie. Dit lei tot diskwalifikasie.

Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word. By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar in skrifteklik. Moet nie dat ons tydens die inweeg of kompetisie dinge kwytraak wat jy later spyt oor kan wees nie. Ons vra almal se samewerking.

Lede moet asseblief daarop let dat daar in die vervolg toeters geblaas sal word om die begin en einde van die kompetisie aan te dui en ALLE LYNE moet dan uitgetrek word. Oortreding van die reёl sal lei tot diskwalifikasie vir die spesifieke kompetisie.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/reëls asook die GN grondwet.

Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.

Uiters belangrik. Met die weerlig reël, moet hengelaars in hul voertuie skuiling soek. Nie agter in bakkies of onder sambrele nie. Indien nie, kan die lei tot diskwalifikasie.

Nag/dag klubkompetisie: Bajadam

Uitslae vir die klubkompetisie was soos volg:

Volskub Karp : 131
Spieel Karp : 11
Baber : 2
Kanarie Kurper : 2

Totale Vis : 146
Totale Gewig : 102.655kg

Junior/Junior
1) Tiaan Ebersohn 30.35
2) Anneline Richards 11.15

Voorskool
1) Deone Meintjes 10.55

Dames
1) Wilma Macdonald 106.55 (Volskub 2.055kg)
2) Vanessa Badenhorst 43.60
3) Zandra Boshoff 16.60

Juniors

1) Iain Macdonald 270.40 Volskub 1.750kg
2) Chris Boshoff 132.75
3) Tyler v Blerk 123.85
4) Damio Sena 41.55

Gestrem
1) Billy Le Roux 44.75

Seniors (Eerste 10 plekke)
1) Johan Steyn 177.60
2) Donald Macdonald 173.65
3) Kobus vd Merwe 168.50
4) Floors Latsky 155.60 (Volskub 2.875kg)
5) Gert Swart 148.25
6) Jacques du Preez 124.90
7) Sarel Boshoff 100.45
8) Markus Swart 91.75
9) George Thomas 90.60
10)Shaun v Blerk 89.70

Kersboom
Die kersfunksie het direk na die inweeg by Bajadam begin. Die Gladiotor glybaan was 'n groot sukses met die kinders. Verder was daar die tombolo wat die dames gereël het. Dit was ‘n groot sukses. 'n Bedrag van R2080.00 was ingesamel. Self die publiek se kinders was daar en dit was 'n ongelooflike dag. Kersvader het ook sy verskyning gemaak.

Hengelhandoeke

Daar is hengelhandoeke beskikbaar met u naam en klubnaam daarop gebordier. Bestellings kan by Ros geplaas word. Groothandoek teen R75,00 en kleinhandoek teen R55,00. Dit is kontant met bestelling.

U kan Ros kontak by 072 674 9441.

HENGEL PROGRAM VAN 1 JANUARIE 2010 TOT 30 JUNIE 2010
09 Januarie – Klubaangeleentheid – Steyns (naweek kompetisie)
16 – 17 Januarie - Meesters Proewe
23 Januarie - Seniors Geheel Transvaal
30 Januarie - Senior Premier en A liga

06 Februarie – Klubaangeleentheid (Olifantsnek)
13 Februarie - Dames weg met SA's
20 Februarie - Senior B & C Liga
27 Februarie - Dames en Junior Liga

06 Maart – Klubaangeleentheid (oewer sal aangekondig word)
06 – 12 Maart – Senior SA Kampioenskappe
13/14 Maart - Dames Proewe 1ste en 2de Been
20/21 Maart - Senior Proewe 1ste en 2de Been
27 Maart - Meesters Proef

3 April – Klubaangeleentheid (Ardenza)
10 April - Dames en Junior Proewe
17 April - Senior Premier en A Afdeling liga

01 Mei - Klubaangeleentheid
08 Mei - Senior B en C liga
15 Mei - Pras Derby
22/23 Mei - Senior Proewe 3de en 4de

05 Junie - Klubaangeleentheid
19 Junie - GN liga en klereaand

Siende die vol program, sal daar gepoog word om die klub se prysuitdeling funksie gedurende Mei 2010 te laat plaasvind. Meer besonderhede sal volg.

‘n Datum vir die algemene jaarvergadering sal ook bepaal word en aan alle lede deurgegee word.

We wish you a Blessed Festive Season filled with Joy and Peace.

May 2010 be a year of Prosperity and Good health for you and your Loved ones.

Best wishes

No comments:

Post a Comment