Monday, November 30, 2009

KLUB ALGHEEL KAMPIOENSKAPPE 2009

Die klub algeheel Transvaal Kampioenskappe het op 28 November 2009 te Cilliers Vaaldam plaasgevind.

Gauteng-Noord was verteenwoordig as volg :
Juniors - Koedoe
Seniors - Munt
Dames - Weermag
Penkoppe - Pras

Wel gedaan aan al ons klubs wat daar deelgeneem het.

Die uitslae is soos volg :

Juniors - Koedoe    Wen die klub algeheel transvaal kampioenskappe.  Wel gedaan aan ons seuns!!!
Seniors - Munt   3de
Dames - Weermag   5de
Penkoppe - Pras    2de

Ek wil graag ons seuns geluk wens met 'n uitmuntende prestasie.  Julle het Koedoe en die provinsie se naam hoog gehou!!!

Ons hengelaars was :
Ruan Nabal
Barend Booyse
Iain Macdonald
Andries Tiggelman

Bestuurder : Donald Macdonald
Afrigter : Gert Strydom

Ook baie dankie aan Donald en Gert wat 'n inspirerende rol gespeel het in hierdie wen.  Die klub se aan julle baie dankie vir die opoffering en geesdrig waarmee julle die kampioenskappe aangedurf het.

Ook dankie aan Kevin Lerm wat by die penkoppe deelgeneem het.  Die penkoppe het 2de geeindig en dit is ook 'n fantastiese prestasie.

Wednesday, November 25, 2009

GAUTENG NOORD KARP HENGEL PROEWE UITSLAE

Keuring Punte
Pen    Persentasie           30%
1       77.00%               23.10%               Jacques Fourie & Chris Robberts
2       86.00%               25.80%               Viron Chrissopoulos & Mark Gentle
3       72.00%               21.60%               Tim & Mardelyn Brown
4       87.00%               26.10%               Piet Smit & Muller Minaar
5       78.00%               23.40%               Jacques & Nardus

Hengel Punte Wen Gewig 686.6 Kg


Pen    Gewig     Persentasie    70%
1       559.62      81.51%        57.05%     Jacques Fourie & Chris Robberts
2       557.49      81.20%        56.84%     Viron Chrissopoulos & Mark Gentle
3      496.7         72.34%        50.64%     Tim & Mardelyn Brown
4      686.6         100.00%      70.00%     Piet Smit & Muller Minaar
5      674.52       98.24%        68.77%     Jacques & Nardus

Pen  Keuring      Hengel      Totaal                     Plasing
1      23.10%     57.05%     80.15%       4 Jacques Fourie & Chris Robberts
2      25.80%     56.84%     82.64%       3 Viron Chrissopoulos & Mark Gentle
3      21.60%     50.64%     72.24%       5 Tim & Mardelyn Brown
4      26.10%     70.00%     96.10%       1 Piet Smit & Muller Minaar
5     23.40%     68.77%      92.17%       2 Jacques & Nardus

Tuesday, November 24, 2009

NUUSBRIEF NOVEMBER 2009

Nuusbrief vir November 2009.


BAIE BELANGRIK

Onthou die kaartjies vir die fondsinsameling is by die komiteelede teen R10,00 per lootjie beskikbaar. Dankie vir die wat reeds kaartjies gekoop of verkoop het.
Die trekking sal op 5 Desember 2009 na afloop van die naweek kompetisie plaasvind Kom ondersteun ons. Daar sal nog kaartjies voor die trekking beskikbaar wees. Dit gaan tot die klub en u as lede se voordeel.
Dit behels 'n groot hounet met verskeie drank soorte daar binne. Die waarde daarvan beloop ongeveer R1 000,00. Die trekking tot die gelukkige wenner sal plaasvind na die inweeg van klub kompetisie.
Indien iemand onder die ouderdom van 18 jaar die pryswenner is, sal dit van die ouer verwag word om die prys in ontvangs te neem.

Lief

Die Meesters se SA Kampioenskappe vind gedurende November plaas. Sterkte
word aan hul toegewens.
Meesters uitslae is op die BLOG geplubliseer.

Baie geluk aan Zandra en Riana met hul onderskeie prestasies tydens die
afgelope SAVOF dames kampioenskappe.

Leed

Boet Grabe het besluit om sy lidmaatskap by Koedoe Hengelklub te beëndig. Sterkte word hom toegewens in sy nuwe klub.

JP du Plessies het bedank as Gauteng Noord se rekord beampte.

Volgende Klubkompetisie

Nag/dag kompetisie 4 en 5 Desember 2009.
Die volgende kompetisie vind by Bajadam te Bronkhorstspruit plaas.

Oewer

Geen hengel word links van die ingang toegelaat nie siende dat Impala hengelklub sodanige oewer bespreek het. By die hoof ingang af, vanaf die draad vir ongeveer 50 meter is ook deur Impala bespreek. Die res van die oewer (regs) kan gehengel word.

Hengeltyd :

Vrydagaand vanaf 20:00 (8 uur) tot Saterdag oggend om 12:00. Die rede hiervoor is die klub se funksie wat daarna gaan plaasvind. Meer besonderhede verder aan.

Inweeg area sal aangekondig word.
Bonanza beloop R200,00. Karp swaarder as 6 kilogram.

Pryse sal kontant wees
Inskrywingsgelde R10 per persoon

BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde) en kom die besoekers ook in aanmerking vir die Bonanza sowel as looitjie trekking pryse asook spesiale pryse, as daar is.

Indien u reeds die Vrydagoggend die oewer wil betree, geen hengel voor die bvasgestelde hengeltyd. Mag onder geen omstandighede voor die tyd begin hengel of voerplek maak nie. Dit lei tot diskwalifikasie.

Inweeg van vis-: Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word. By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar in skrifteklik. Moet nie dat ons tydens die inweeg of kompetisie dinge kwytraak wat jy later spyt oor kan wees nie. Ons vra almal se samewerking.

Lede moet asseblief daarop let dat daar in die vervolg toeters geblaas sal word om die begin en einde van die kompetisie aan te dui en ALLE LYNE moet dan uitgetrek word. Oortreding van die reёl sal lei tot diskwalifikasie vir die spesifieke kompetisie.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/reëls asook die GN grondwet.

Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.

Uiters belangrik. Met die weerlig reël, moet hengelaars in hul voertuie skuiling soek. Nie agter in bakkies of onder sambrele nie. Indien nie, kan die lei tot diskwalifikasie.

Naweek klubkompetisie: Grootdraaidam

Totale aantal vis gevang : 703
Totale gewig van die vis : 442.855kg

Karp Vol : 413
Karp Spieel : 16
Baber : 20
Moddervis : 125
Geelvis : 129

1ste inweeg se uitslae (Saterdagoggend van 06H00 - 15H00)

Seniors (top 10)
1) Neil vd Westhuizen 31 vis 19.140kg
2) Markus Swart 27 vis 15.870kg
3) Tjaart Coetzee 21 vis 13.600kg
4) Spyker Coetzee 22 vis 11.750kg
5) George Thomas 19 vis 11.155kg
6) Boet Thomas 16 vis 13.480kg
7) Riaan Nabal 17 vis 11.025kg
8) Junior Latsky 16 vis 9.150kg
9) Sias JV Rensburg 11 vis 10.315kg
10) Riaan Swanepoel 10 vis 10.600kg


Dames
1) Rosl Coetzee 4 vis 5.770kg
2) Wilma Macdonald 1 vis 0.815kg

Juniors
1) Carlo Smuts 14 vis 8.685kg
2) Ruan Nabal 11 vis 7.620kg

Junior/Junior
1) Jaco vd Merwe 1 vis 0.685kg

Voorskool
1) Christiaan Coetzee 6 vis 3.030kg

2de inweeg se uitslae (Saterdag 17H00 - Sondag 10H00)
Seniors (Top 10)

1) Jacques du Preez 43 vis 25.235kg
2) Tinus Boshoff 40 vis 21.630kg
3) Riaan Swanepoel 31 vis 27.365kg
4) Johan Steyn 37 vis 20.325kg
5) George Thomas 31 vis 24.530kg
6) Jaco Cilliers 33 vis 18.325kg
7) Boet Thomas 25 vis 14.740kg
8) Junior Latsky 22 vis 10.680kg
9) Markus Swart 21 vis 10.965kg
10) Donald Macdonald 19 vis 9.415kg

Dames
1) Wilma Nacdonald 14 vis 7.880kg
2) Rosl Coetzee 10 vis 5.475kg

Juniors
Geen

Junior / Junior
1) Franco Coetzee 7 vis 3.865kg
2) Darren Latsky 1 vis 0.765kg

Voorskool
1) Jeandre Steyn 2 vis 0.915kg

FINALE UITSLAE OOR DIE NAWEEK IS SOOS VOLG :
Seniors

1) George Thomas 50 vis 35.685kg (swaarste baber 9.340kg)
2) Riaan Swanepoel 41 vis 37.965kg
3) Johan Steyn 48 vis 28.865kg (swaarste muddy 1.130kg)
4) Markus Swart 49 vis 26.835kg (swaarste karp 3.405kg)
5) Jacques du Preez 45 vis 26.200kg
6) Boet Thomas 41 vis 28.220kg
7) Tinus Boshoff 43 vis 25.590kg (swaarste grootbek geelvis 2.930kg)
8) Jaco Cilliers 40 vis 24.225kg
9) Junior Latsky 38 vis 19.830kg
10) Neil vd Westhuizen 31 vis 19.140kg (net 1 dag gehengel)
11) Donald Macdonald 25 vis 13.570kg
12) Tjaart Coetzee 21 vis 13.600kg (net 1 dag gehengel)
13) Spyker Coetzee 22 vis 11.750kg (net 1 dag gehengel)
14) Francois Steyn 22 vis 11.300kg
15) JL du Plessis 19 vis 9.885kg
16) Riaan Nabal 17 vis 11.025kg (net 1 dag gehengel)
17) Anton Nagel 17 vis 9.705kg
18) Willie Nel 17 vis 7.920kg
19) Sias JV Rensburg 11 vis 10.315kg (swaarste kleinbek geelvis 1.840kg)
(net 1 dag gehengel)
20) Eric Gerritsen 10 vis 8.575kg (net 1 dag gehengel)
21) Peet Vorster 9 vis 5.340kg (net 1 dag gehengel)
22) Kobus vd Merwe 8 Vis 4.855kg (net 1 dag gehengel)
23) Danie de Jager 4 Vis 2.435kg (net 1 dag gehengel)
24) Riaan Lerm 2 Vis 2.465kg (net 1 dag gehengel)
25) Jans Vorster 2 Vis 2.055kg (net 1 dag gehengel)

Dames
1) Rosl Coetzee 14 Vis 11.245kg
2) Wilma Macdonald 15 Vis 8.695kg

Juniors
1) Carlo Smuts 14 Vis 8.685kg
2) Ruan Nabal 11 Vis 7.620kg

Junior / Junior
1) Franco Coetzee 7 Vis 3.865kg
2) Darren Latsky 1 Vis 0.765kg

Voorskool
1) Christiaan Coetzee 6 Vis 3.030kg
2) Jeandre Steyn 2 Vis 0.915kg

Kersboom

Die kersboom sal wees op Saterdag 5 Desember 2009. Die Kersboom sal geskied na afloop van die kompetisie. Daar sal n springkasteel en kersvader wees. Geskenke vir die kinders asb nie bo R50-00 nie. Bring en braai. Bring ook u eie braaier en houtskool.

Daar sal n tombola tafel wees en sal R5,00 per spel kos.
n Springkasteel vir die kinders sal ook gereël word.
Stuur asseblief die totaal van u kind/kinders deur na Marlene Coetzee.

Hengelhandoeke

Daar is hengelhandoeke beskikbaar met u naam en klubnaam daarop gebordier. Bestellings kan by Ros geplaas word. Groothandoek teen R75,00 en kleinhandoek teen R55,00. Dit is kontant met bestelling.
U kan Ros kontak by 072 674 9441.

Die toekomstige klubkompetisies sal soos volg wees:

Desember 2009
Nag/dag kompetisie te Bajadam

Januarie 2010
Naweek kompetisie te Steyns, Vaaldam. Dit is oor die laagwater brug aan die ou bus se kant

Februarie 2010
Dag kompetisie te Olifandsnekdam

Maart 2010
Sal nog bepaal word.

April 2010

Naweek kompetisie te Ardenza, Vaaldam.

Onthou

Feeder hengel gaan nie konfensionele hengel vervang nie. Dit gaan net 'n nuwe hengelfaset wees.

Belangrike Datums

18 November 2009
Algemene vergadering om die punte stelsel ten opsigte van dag en nag kompetisies asook om die vangs puntestelsel te hersien.

24 November 2009

1. Komiteedames vir die finale bespreking vir die afsluitingsfunksie
2. Vergadering vir die juniors ter voorbereiding vir hul geheel Transvaal. Sterkte aan ons hengelaars.

28 November 2009

Koedoe Juniors Hengel klub algeheel Transvaal kampioenskappe by Cilliers Vaaldam. Sterkte aan ons Junior Span!!

MEESTERS 2009 SA KAMPIOENSKAPPE UITSLAE

Hier is die offisiele 2009 Meesters SA Kampioenskappe uitslae.

Meesters 2009 Premier A Biermans Vaaldam November 2009
                                Punt           Vis              Massa
1 Mpumalanga         338           158             119.639
2 Gauteng                336           127              79.266
3 Sentraal Gauteng   331           129              86.800
4 Gauteng-Noord      319           148               96.982
5 Sentraal Noordwes 299         127                70.234
6 Vrystaat                 252           100              59.357
7 Noordwes              249           104              65.217
8 Kwazulu-Natal       209            91               52.645

Totale                                     984               630.140
Gemiddelde gewig per vis 0.640
Gemiddelde per hengelaar 3.9 vis per dag

Meesters 2009 Premier B Joggie Nel Vaaldam November 2009
                                  Punt          Vis                 Massa
1 Sentraal Gauteng     396           320              156.381
2 Noord Kaap           346          249               146.853
3 Gauteng Noord       330          253               131.150
4 Limpopo                 317          226               119.318
5 Gauteng                  303          220               130.549
6 Oostelike Provinsue 240         180                  88.452
7 Vrystaat                   238         165                 87.759
8 Noordoos Mpumalanga 237    193                102.204
9 Mpumalanga            237         156                 91.469
10 Noordwes             209         149                 83.870
11 Sentraal Noordwes 178        117                 68.774

Totale                                         2228               1206.779
Gemiddelde gewig per vis 0.542
Gemiddelde per hengelaar 10.31 vis per dag

Friday, November 20, 2009

SPESIALE VERGADERING 18 NOVEMBER 2009

Baie Dankie aan al die lede wat by die Spesiale Vergadering was op 18 November 2009.

Daar was 'n kworum van 18 lede - altesaam 22 lede wat stemgerigtig is. Die voorstel is algeheel deur almal wat teenwoordig was aanvaar. (Grondwet bepaal twee derde meerderheid).
Ek heg die voorstel wat aanvaar is aan vir die lede wat nie daar was nie. Al wat dit beteken is die volgende :
1) Vanaf 1 Januarie 2010 sal daar 'n dag en naweekkampioen wees. Naweekkompetisies sal daar 2 inweeg sessies wees.
2) Die klubpunte sal wees 10 punte per vis en 10 punte per kilogram. Die glyskaal van 100 punte ondertoe val weg.

Voorstel soos ingehandig:
1) Puntestelsel vir 2010
Ek wil graag die volgende voorstel indien aangaande die huidige puntestelsel
1) Die huidige punteselsel volgens Punt 13(d)(ii) in die grondwet is soos volg :
Vangspunte tydens die klubkompetisie word bereken soos tydens ligas 10 punte per vis en 10 punte per kilogram. Die vangspunte sal nog steeds so bereken word maar i.p.v die vangspunte te gebruik word die punte toekenning op ’n glyskaal basis bepaal. Die punte bestaan uit 100 en dus kry die hengelaars punte soos in die posisie wat hy/sy eindig. Al die hengelaars se punte word so toegeken.

Aan die einde van die seisoen word die onderskeie kampioen hengelaars (Senior, Dames en Juniors) volgens hierdie punte bepaal. (AJV 08/03/13)

2) Met die nuwe puntestelsel wat inkom in Januarie 2010 rakende die opbreek van dag en naweek kompetisies glo ek moet die stelsel terug verander word na die ou puntestelsel toe. Dit laat toe dat ’n persoon nie kan weghardloop met die punte tydens ’n naweek kompetisie nie. Daar is ’n dag en naweek kampioen.

3) My voorstel is dat die punte vir die dag en naweek kompetisie soos volg gedoen moet word :

a. Dagkompetisie : Vangspunte sal bereken word 10 punte per vis en 10 punte per kilogram.
b. Naweekkompetisie : Vangspunte sal bereken word 10 punte per vis en 10 punte per kilogram.

Tuesday, November 17, 2009

KARP HENGEL PROEWE

Die Karp Hengelproewe vind plaas vanaf 19-22 November 2009 te Bamboesspruit - Bloemhofdam.

5 Penne het ingeskryf :

PENNE   NAAM                         KLUB                NAAM                    KLUB
PEN 1     Piet Smit                     Munt           Muller Minnaar       Koedoe
PEN 2     Chris Robberts            Koedoe      Jacques Fourie        Koedoe
PEN 3     Viron Chrissopoulos    Centurion    Mark Gentle           Centurion
PEN 4     Tim Brown                  Centurion    Mardelyn Brown     Centurion
PEN 5     Nardus Buys               Munt          Jacques Mouton       Munt

Die kies van die span sal op die volgende gebasseer word:
1. Aantal vis gevang (kg) per normale FIPS-ed reels en metodes (70%)
2. Keuring Staat Resultaat (aangeheg) (20%)
3. Verwerking van en oordra van liga punte (10%)

Ons het weegbeamptes bevestig vir die Proewe asook keurders. Die keurders wat bevestig het is:
1. Andries Maree (Sentraal Noordwes)
2. Gilbert Foxcroft (Sentraal Noordwes)
3. Willem De Jong (Gauteng Noord – waarnemend)

Die uitslag van die proewe sal spoedig na die afloop van die byeenkoms bekend gemaak word. Daar moet egter daarop attent gemaak word dat daar vereistes was vir die inskrywing vir die proewe en dat pre kwalifiseering vereis het dat ‘n hengelpaar hulself moet beskikbaar stel om na die Nationale kampioenskappe te gaan. Dus sal al 5 penne wel deurgaan SA’s toe waarvan 3 penne gaan hengel, 1 pen as reserwe sal optree en 1 pen as kaptein en bestuur sal optree.

MEESTERS A SPAN 1STE DAG SA UITSLAE

Die meesters A span is na die 1ste dag van die SA's voor.  Sterkte aan almal vir die laaste 2 dae.

1) GN  115
2) SNW  112
3) MP   107
4) GT   106
5) NW  97
6) SG   91
7) FS   90
8) KZN  85

Soos ons almal kan sien is die punte baie naby aan mekaar an kan daar nog baie gebeur oor die 2 dae!!

Friday, November 13, 2009

SAVOF DAMES TOER TE BLOEMHOF DAM



Die Dames SAVOF toer het plaasgevind te Bloemhofdam.  Die vis was nie so aktief soos wat almal gedink het nie en het die dames op tye swaar getrek.

Maar daar kan ongelukkig slegs een wenner wees en hierdie jaar het die Dames SAVOF B span met die goud weggestap.  Baie geluk aan Zandra Boshoff van Koedoe wat deel was van daardie span.

Ook geluk aan Riana Vermaak wat vir die SAVOF Dames Uitnodigingspan gehengel het.  Koedoe is trots op beide van julle.

Aangeheg is 'n paar fotos van die toer.























Thursday, November 12, 2009

GN UITVOEREND TERUGVOER

GN Uitvoerend het Woensdagaand 11/11/2009 plaasgevind.

Klub Geheel Transvaal Kampioenskappe
Koedoe se Juniors neem deel aan die klub geheel transvaal kampioenskappe op 28 November 2009 te Cilliers Vaaldam.  Kapteins Vergadering vind plaas om 05H45.  Sterkte aan ons Juniors!!!

Appel teen skorsing tydens liga
Tydens die vorige B en C Afdeling se liga was daar 'n voorval waar 'n lid van Centurion gedwiskwalifiseer was, omrede die individu nie die weerlig reel nagekom het nie.  Die klub het appel daarteen aangeteken en sekere punte uitgewys, wat volgens hulle verkeerdelik toegepas was.  Uitvoerende Komitee het beslis dat die appel nie staan nie en die diskwalifikasie bly van krag.
Ek wil graag net weer 'n beroep op al ons lede doen, dat die weerlig reel ten alle tye gehoorsaam word.  Ons sal die reel tydens elke vergadering weer bespreek.  Ongelukkig gaan ek geen simpatie met 'n individu he as hy gedwiskwalifiseer word agv verontagsaming van die weerlig reel nie.

Karp Wereld Kampioeskappe
Soos reeds berig het Suid Afrika weer die Karp Wereld Kampioenskappe in Frans gewen.  Wel gedaan aan ons hengelaars!!!

SAFBAF Skole Opleiding Sessie
Daar word 'n skole opleiding sessie by Klipdrift Dam deur SAFBAF aangebied op die 14de November.  Dit is 'n baie laat kennisgewing deur die betrokke partye.  Indien iemand belangstel is hulle welkom om dit by te woon.

Jaarprogram
1) Premier en A-Afdeling 2de Been - 30 Januarie 2010 te Biermans en Springbokkamp.  Moet bevestig word
2) Premier en A-Afdeling 3de Been - 24 April 2010 te Steyn.  Oewer sal geboek word.

1) B en C Afdeling 2de Been - 20 Februarie 2010 Biermans.  Oewer sal geboek word.
2) B en C Afdeling 3de Been - 8 Mei 2010 Steyns.  Oewer sal bespreek word.

1) Dames, Juniors en Penkoppe 2de Been - 27 Februarie 2010 te Steyns.  Oewer is geboek.

Proewe
Senior 1ste en 2de Been - 20 & 21 Maart 2010
Seniors 3de en 4de Been - 22& 23 Maart 2010

Dames 1ste en 2de Been - 13 & 14 Maart 2010
Dames 3de Been - 17 April 2010

Juniors 1ste Been - 17 April 2010

Meesters 1ste en 2de Been - 16 & 17 Januarie 2010
Meesters 3de Been - 10 April 2010

Geheel transvaal Kampioenskappe
Dames - 16 Januarie 2010
Seniors - 23 Januarie 2010

Dames Meesters
Inligtingsessie sal gehou word in Januarie 2010.

Meesters SA's
Sterkte aan ons Meesters wat die 13de November 2009 vertrek na die SA's toe.  Meesters A hengel by Biermans en die Meesters B hengel by Ardenza.
Hennie Coetzee
Gert Swart
Pat vd Merwe
Boet Grabie

Hoop almal van julle doen goed.  Bring die goud huistoe!!!!

Tuesday, November 10, 2009

NAWEEK KOMPETISIE GROOTDRAAI 7-8 NOVEMBER 2009

(Sal later fotos van die naweek op die BLOG sit)

November maand se klubkompetisie het plaasgevind by Grootdraai Dam. Soos baie van ons al weet is Grootdraai se weersomstandighede ons nooit goedgesind nie.  Elke jaar by Grootdraai is daar 'n storm of dit reen aanhoudend.  Van ons lede het al groot skade opgedoen by Grootdraai.  Wel hierdie klubkompetisie was dit effe beter.  Met die klem op EFFE.

Vrydagaand - soos ons Grootdraai ken 'n groot windstorm en was dit baie koud.  Ons het die ergste verwag vir die naweek
Saterdag - was dit koud en bewolk, en het dit ook telkemale gereen.  Teen die agtermiddag het die weer begin opklaar en het die son selfs sy gesig gewys.  Dit het 'n lekker Saterdagaand geraak.  Vir die mense wat deurnag gehengel het was dit een van die beste dae ooit by Grootdraai.
Sondagoggend - was dit lekker warm en die wind het net lekker gewaai.  Hopelik het ons, ons 'curse' gebreek by Grootdraai.

Naweek Statistieke

Totale aantal vis gevang : 703
Totale gewig van die vis :  442.855kg

Karp Vol : 413
Karp Spieel : 16
Baber : 20
Moddervis : 125
Geelvis : 129

Hier is die 1ste inweeg se uitslae (Saterdagoggend van 06H00 - 15H00)
Seniors (top 10)
1) Neil vd Westhuizen       31 Vis        19.140kg
2) Markus Swart               27 Vis        15.870kg
3) Tjaart Coetzee              21 Vis        13.600kg
4) Spyker Coetzee            22 Vis        11.750kg
5) George Thomas            19 Vis        11.155kg
6) Boet Thomas                16 Vis        13.480kg
7) Riaan Nabal                  17 Vis        11.025kg
8) Junior Latsky                16 Vis         9.150kg
9) Sias JV Rensburg         11 Vis         10.315kg
10)Riaan Swanepoel        10 Vis         10.600kg

Dames
1) Rosl Coetzee               4 Vis           5.770kg
2) Wilma Macdonald       1 Vis           0.815kg

Juniors
1) Carlo Smuts              14 Vis            8.685kg
2) Ruan Nabal               11 Vis           7.620kg

Junior/Junior
1) Jaco vd Merwe         1 Vis            0.685kg

Voorskool
1) Christiaan Coetzee   6 Vis           3.030kg

Hier is die 2de inweeg se uitslae (Saterdag 17H00 - Sondag 10H00)
Seniors (Top 10)
1) Jacques du Preez          43 Vis   25.235kg
2) Tinus Boshoff               40 Vis   21.630kg
3) Riaan Swanepoel          31 Vis   27.365kg
4) Johan Steyn                 37 Vis   20.325kg
5) George Thomas           31 Vis   24.530kg
6) Jaco Cilliers                 33 Vis   18.325kg
7) Boet Thomas              25 Vis   14.740kg
8) Junior Latsky              22 Vis   10.680kg
9) Markus Swart             21 Vis   10.965kg
10)Donald Macdonald   19 Vis    9.415kg

Dames
1) Wilma Nacdonald     14 Vis  7.880kg
2) Rosl Coetzee            10 Vis  5.475kg

Juniors
Geen

Junior / Junior
1) Franco Coetzee     7 Vis   3.865kg
2) Darren Latsky       1 Vis  0.765kg

Voorskool
1) Jeandre Steyn     2 Vis  0.915kg

FINALE UITSLAE OOR DIE NAWEEK IS SOOS VOLG :
Seniors
1) George Thomas    50 Vis   35.685kg  (Swaarste Baber 9.340kg)
2) Riaan Swanepoel  41 Vis   37.965kg
3) Johan Steyn          48 Vis   28.865kg  (Swaarste Muddy 1.130kg)
4) Markus Swart       49 Vis   26.835kg  (Swaarste karp 3.405kg)
5) Jacques du Preez   45 Vis  26.200kg
6) Boet Thomas         41 Vis  28.220kg
7) Tinus Boshoff        43 Vis  25.590kg (Swaarste grootbek geelvis 2.930kg)
8) Jaco Cilliers          40 Vis   24.225kg
9) Junior Latsky        38 Vis   19.830kg
10)Neil vd Westhuizen  31 Vis  19.140kg  (Net 1 dag gehengel)
11)Donald Macdonald  25 Vis  13.570kg
12)Tjaart Coetzee      21 Vis  13.600kg  (Net 1 dag gehengel)
13)Spyker Coetzee    22 Vis  11.750kg  (Net 1 dag gehengel)
14)Francois Steyn      22 Vis  11.300kg
15)JL du Plessis         19 Vis  9.885kg
16)Riaan Nabal          17 Vis  11.025kg  (Net 1 dag gehengel)
17)Anton Nagel          17 Vis  9.705kg
18)Willie Nel              17 Vis  7.920kg
19)Sias JV Rensburg  11 Vis  10.315kg  (Swaarste kleinbek geelvis 1.840kg)  (Net 1 dag gehengel)
20)Eric Gerritsen        10 Vis  8.575kg  (Net 1 dag gehengel)
21)Peet Vorster          9 Vis  5.340kg (Net 1 dag gehengel)
22)Kobus vd Merwe  8 Vis  4.855kg  (Net 1 dag gehengel)
23)Danie de Jager       4 Vis  2.435kg  (Net 1 dag gehengel)
24)Riaan Lerm             2 Vis  2.465kg  (Net 1 dag gehengel)
25)Jans Vorster          2 Vis  2.055kg  (Net 1 dag gehengel)    

Dames
1) Rosl Coetzee     14 Vis  11.245kg
2) Wilma Macdonald  15 Vis  8.695kg

Juniors
1) Carlo Smuts   14 Vis 8.685kg
2) Ruan Nabal    11 Vis  7.620kg

Junior / Junior
1) Franco Coetzee   7 Vis  3.865kg
2) Darren Latsky      1 Vis  0.765kg

Voorskool
1) Christiaan Coetzee  6 Vis  3.030kg
2) Jeandre Steyn         2 Vis  0.915kg

Dankie aan al die lede wat daar was.  Daar het 'n hele paar mense net vir die dag deurgekom.  Dankie aan hulle ook. 

Dankie aan Donald ons inweeg beampte, en so ook aan al die lede wat gehelp het om die inweeg so vlot as moontlik te laat verloop.

Thursday, November 5, 2009

ROODEPLAAT 03/11/2009



Die kabel wat die hiasinte terug hou het blykbaar laas Vrydag (30/10/2009) gebreuk.  Hier is 'n artikel wat onder Outdoor Pages gepubliseer was :

Grootskaalse veldtog is aan die gang om van waterhiasinte ontslae te raak wat die Roodeplaatdam noord van Pretoria oorgeneem het. Die departement van waterwese en bosbou het die gebruik van onkruiddoders hiervoor goedgekeur. Daarby word ingevoerde kewers en spanne mense op bote en op die wal gebruik om klaar te speel met wat as die reld se grootste onkruid bekend staan.

Volgens me. Linda Page, woordvoerder van die departement, is dit moeilik om in n kort tyd heeltemal van die hiasinte ontslae te raak, maar die departement het reeds opgetree om dit te verminder. Dit is belangrik dat die publiek weet hoe moeilik dit is om van die hiasinte ontslae te raak. Dit is geneig om die gebied wat dit bedek binne minder as vyf dae te verdubbel, maar ons glo die besproeiing van onkruidmiddels is op die oomblik die beste oplossing. Die departement is besig met n eksperiment om nie net van die waterhiasint ontslae te raak nie, maar ook van die blougroen wiere wat in die dam voorkom, het Page gese.

Die besproeiing is goed op dreef, het dr. Guy Preston, hoof van die departement se waterprogram gese. Ons het al R380 000 aan die besproeiing van die Roodeplaatdam bestee en n totaal van R682 560 aan die
Roodeplaat- en Roodekoppiesdamme. Die eerste ronde besproeiing het volgens Preston goed verloop en die tweede ronde sal binne twee weke volg.
Ons hoop om die tweede ronde vinniger te voltooi, maar die wind en temperatuur speel n groot rol in die sukses van projek.
Die digtheid van die hiasinte op die Roodeplaatdam maak dit byna
onmoontlik vir die ingevoerde plantvretende kewers om so vinnig as die onkruiddoders met die plante klaar te speel. Preston het gevra mense moet geduldig wees met die proses.Dit gaan nie oornag gebeur nie.

Sunday, November 1, 2009

DAMES, JUNIORS EN PENKOP LIGA VOORLOPIGE UITSLAE

Die dames, juniors en penkop liga het Saterdag 31 Oktober by Biermans plaasgevind.  Dit was 'n moeilike dag.  Die oggend was baie bewolk en koud.  Dit eers laat die dag oopgetrek en lekker warm geword.  Gelukkig was daar geen weerligreel wat hierdie keer toegepas hoef te word nie.

Almal was positief en lus vir die dag, al was die weer nie die beste nie.  Ongelukkig het baie vashaak plekke ook die dag se plesier versier.  Baie van die dames en juniors het baie vis verloor as gevolg van die vashaak plekke.

Dankie aan al die Koedoe lede wat deelgeneem het en deur en tyd hulle beste gelewer het.

Penkop Uitslae

1) Pras                  40
2) Koedoe C         39
3) Munt C             38
4) Centurion A      35
5) Munt B             31
6) Koedoe A        27
7) Koedoe B        19
8) Centurion B      16
9) Transnet B        12
10)Munt A            9
11)Transnet A       0

Baie geluk aan ons Koedoe C Span wat puik presteer het.  Charldon Matthee (6 jaar) en Roald Matthee (4 jaar) het baie hengelaars hakskene gewys Saterdag!!!  Well done aan die 2 toekomstige hengelaars.  Dan ook aan Charl Matthee (pa) wat bereid was om sy 2 seuns die kans te bied om deel te neem.  Dit was die 1ste keer dat Charl en die seuns aan 'n liga deelgeneem het.  Charl het nog deur die week die reels opgeswot.  Dankie aan Iain Macdonald wat as loper opgetree het en baie advies en hulp verleen het.  Sterkte aan al ons hengelaartjies vir die laaste been.

Juniors
1) Impala A            80
2) Koedoe B          76
3) Munt A              71
4) Koedoe A          58
5) Centurion A        44
6) Iscor                   41
7) Polisie A             39
8) Transnet             37
9) Weermag           34
10)Pras                  34
11)Munt B             34
12)Polisie B           26

Baie geluk aan ons Juniors.  Hierdie is 'n close game en die volgende liga gaan absoluut belangrik wees.  Sterkte aan al ons Juniors vir die volgende liga!!!!

Dames
1) Weermag A       61
2) Munt                  51
3) Centurion A       51
4) Weermag B        49
5) Transnet             42
6) Koedoe B          36
7) Iscor                  35
8) Koedoe A          34
9) Centurion B        27
10)Pras                  27
11)Impala              12

Vir die Dames was dit maar moeilik en was die vis uiters skaars.  Baie geluk aan Lilly Tiggelman wat 1ste algeheel vir die dag geeindig het met 5 vis.  Puik prestasie!!! 

Enige iemand kan nog die dames liga wen!!!  Sterkte aan ons dames vir die volgende liga.