Tuesday, November 24, 2009

NUUSBRIEF NOVEMBER 2009

Nuusbrief vir November 2009.


BAIE BELANGRIK

Onthou die kaartjies vir die fondsinsameling is by die komiteelede teen R10,00 per lootjie beskikbaar. Dankie vir die wat reeds kaartjies gekoop of verkoop het.
Die trekking sal op 5 Desember 2009 na afloop van die naweek kompetisie plaasvind Kom ondersteun ons. Daar sal nog kaartjies voor die trekking beskikbaar wees. Dit gaan tot die klub en u as lede se voordeel.
Dit behels 'n groot hounet met verskeie drank soorte daar binne. Die waarde daarvan beloop ongeveer R1 000,00. Die trekking tot die gelukkige wenner sal plaasvind na die inweeg van klub kompetisie.
Indien iemand onder die ouderdom van 18 jaar die pryswenner is, sal dit van die ouer verwag word om die prys in ontvangs te neem.

Lief

Die Meesters se SA Kampioenskappe vind gedurende November plaas. Sterkte
word aan hul toegewens.
Meesters uitslae is op die BLOG geplubliseer.

Baie geluk aan Zandra en Riana met hul onderskeie prestasies tydens die
afgelope SAVOF dames kampioenskappe.

Leed

Boet Grabe het besluit om sy lidmaatskap by Koedoe Hengelklub te beëndig. Sterkte word hom toegewens in sy nuwe klub.

JP du Plessies het bedank as Gauteng Noord se rekord beampte.

Volgende Klubkompetisie

Nag/dag kompetisie 4 en 5 Desember 2009.
Die volgende kompetisie vind by Bajadam te Bronkhorstspruit plaas.

Oewer

Geen hengel word links van die ingang toegelaat nie siende dat Impala hengelklub sodanige oewer bespreek het. By die hoof ingang af, vanaf die draad vir ongeveer 50 meter is ook deur Impala bespreek. Die res van die oewer (regs) kan gehengel word.

Hengeltyd :

Vrydagaand vanaf 20:00 (8 uur) tot Saterdag oggend om 12:00. Die rede hiervoor is die klub se funksie wat daarna gaan plaasvind. Meer besonderhede verder aan.

Inweeg area sal aangekondig word.
Bonanza beloop R200,00. Karp swaarder as 6 kilogram.

Pryse sal kontant wees
Inskrywingsgelde R10 per persoon

BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde) en kom die besoekers ook in aanmerking vir die Bonanza sowel as looitjie trekking pryse asook spesiale pryse, as daar is.

Indien u reeds die Vrydagoggend die oewer wil betree, geen hengel voor die bvasgestelde hengeltyd. Mag onder geen omstandighede voor die tyd begin hengel of voerplek maak nie. Dit lei tot diskwalifikasie.

Inweeg van vis-: Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word. By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar in skrifteklik. Moet nie dat ons tydens die inweeg of kompetisie dinge kwytraak wat jy later spyt oor kan wees nie. Ons vra almal se samewerking.

Lede moet asseblief daarop let dat daar in die vervolg toeters geblaas sal word om die begin en einde van die kompetisie aan te dui en ALLE LYNE moet dan uitgetrek word. Oortreding van die reёl sal lei tot diskwalifikasie vir die spesifieke kompetisie.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/reëls asook die GN grondwet.

Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.

Uiters belangrik. Met die weerlig reël, moet hengelaars in hul voertuie skuiling soek. Nie agter in bakkies of onder sambrele nie. Indien nie, kan die lei tot diskwalifikasie.

Naweek klubkompetisie: Grootdraaidam

Totale aantal vis gevang : 703
Totale gewig van die vis : 442.855kg

Karp Vol : 413
Karp Spieel : 16
Baber : 20
Moddervis : 125
Geelvis : 129

1ste inweeg se uitslae (Saterdagoggend van 06H00 - 15H00)

Seniors (top 10)
1) Neil vd Westhuizen 31 vis 19.140kg
2) Markus Swart 27 vis 15.870kg
3) Tjaart Coetzee 21 vis 13.600kg
4) Spyker Coetzee 22 vis 11.750kg
5) George Thomas 19 vis 11.155kg
6) Boet Thomas 16 vis 13.480kg
7) Riaan Nabal 17 vis 11.025kg
8) Junior Latsky 16 vis 9.150kg
9) Sias JV Rensburg 11 vis 10.315kg
10) Riaan Swanepoel 10 vis 10.600kg


Dames
1) Rosl Coetzee 4 vis 5.770kg
2) Wilma Macdonald 1 vis 0.815kg

Juniors
1) Carlo Smuts 14 vis 8.685kg
2) Ruan Nabal 11 vis 7.620kg

Junior/Junior
1) Jaco vd Merwe 1 vis 0.685kg

Voorskool
1) Christiaan Coetzee 6 vis 3.030kg

2de inweeg se uitslae (Saterdag 17H00 - Sondag 10H00)
Seniors (Top 10)

1) Jacques du Preez 43 vis 25.235kg
2) Tinus Boshoff 40 vis 21.630kg
3) Riaan Swanepoel 31 vis 27.365kg
4) Johan Steyn 37 vis 20.325kg
5) George Thomas 31 vis 24.530kg
6) Jaco Cilliers 33 vis 18.325kg
7) Boet Thomas 25 vis 14.740kg
8) Junior Latsky 22 vis 10.680kg
9) Markus Swart 21 vis 10.965kg
10) Donald Macdonald 19 vis 9.415kg

Dames
1) Wilma Nacdonald 14 vis 7.880kg
2) Rosl Coetzee 10 vis 5.475kg

Juniors
Geen

Junior / Junior
1) Franco Coetzee 7 vis 3.865kg
2) Darren Latsky 1 vis 0.765kg

Voorskool
1) Jeandre Steyn 2 vis 0.915kg

FINALE UITSLAE OOR DIE NAWEEK IS SOOS VOLG :
Seniors

1) George Thomas 50 vis 35.685kg (swaarste baber 9.340kg)
2) Riaan Swanepoel 41 vis 37.965kg
3) Johan Steyn 48 vis 28.865kg (swaarste muddy 1.130kg)
4) Markus Swart 49 vis 26.835kg (swaarste karp 3.405kg)
5) Jacques du Preez 45 vis 26.200kg
6) Boet Thomas 41 vis 28.220kg
7) Tinus Boshoff 43 vis 25.590kg (swaarste grootbek geelvis 2.930kg)
8) Jaco Cilliers 40 vis 24.225kg
9) Junior Latsky 38 vis 19.830kg
10) Neil vd Westhuizen 31 vis 19.140kg (net 1 dag gehengel)
11) Donald Macdonald 25 vis 13.570kg
12) Tjaart Coetzee 21 vis 13.600kg (net 1 dag gehengel)
13) Spyker Coetzee 22 vis 11.750kg (net 1 dag gehengel)
14) Francois Steyn 22 vis 11.300kg
15) JL du Plessis 19 vis 9.885kg
16) Riaan Nabal 17 vis 11.025kg (net 1 dag gehengel)
17) Anton Nagel 17 vis 9.705kg
18) Willie Nel 17 vis 7.920kg
19) Sias JV Rensburg 11 vis 10.315kg (swaarste kleinbek geelvis 1.840kg)
(net 1 dag gehengel)
20) Eric Gerritsen 10 vis 8.575kg (net 1 dag gehengel)
21) Peet Vorster 9 vis 5.340kg (net 1 dag gehengel)
22) Kobus vd Merwe 8 Vis 4.855kg (net 1 dag gehengel)
23) Danie de Jager 4 Vis 2.435kg (net 1 dag gehengel)
24) Riaan Lerm 2 Vis 2.465kg (net 1 dag gehengel)
25) Jans Vorster 2 Vis 2.055kg (net 1 dag gehengel)

Dames
1) Rosl Coetzee 14 Vis 11.245kg
2) Wilma Macdonald 15 Vis 8.695kg

Juniors
1) Carlo Smuts 14 Vis 8.685kg
2) Ruan Nabal 11 Vis 7.620kg

Junior / Junior
1) Franco Coetzee 7 Vis 3.865kg
2) Darren Latsky 1 Vis 0.765kg

Voorskool
1) Christiaan Coetzee 6 Vis 3.030kg
2) Jeandre Steyn 2 Vis 0.915kg

Kersboom

Die kersboom sal wees op Saterdag 5 Desember 2009. Die Kersboom sal geskied na afloop van die kompetisie. Daar sal n springkasteel en kersvader wees. Geskenke vir die kinders asb nie bo R50-00 nie. Bring en braai. Bring ook u eie braaier en houtskool.

Daar sal n tombola tafel wees en sal R5,00 per spel kos.
n Springkasteel vir die kinders sal ook gereël word.
Stuur asseblief die totaal van u kind/kinders deur na Marlene Coetzee.

Hengelhandoeke

Daar is hengelhandoeke beskikbaar met u naam en klubnaam daarop gebordier. Bestellings kan by Ros geplaas word. Groothandoek teen R75,00 en kleinhandoek teen R55,00. Dit is kontant met bestelling.
U kan Ros kontak by 072 674 9441.

Die toekomstige klubkompetisies sal soos volg wees:

Desember 2009
Nag/dag kompetisie te Bajadam

Januarie 2010
Naweek kompetisie te Steyns, Vaaldam. Dit is oor die laagwater brug aan die ou bus se kant

Februarie 2010
Dag kompetisie te Olifandsnekdam

Maart 2010
Sal nog bepaal word.

April 2010

Naweek kompetisie te Ardenza, Vaaldam.

Onthou

Feeder hengel gaan nie konfensionele hengel vervang nie. Dit gaan net 'n nuwe hengelfaset wees.

Belangrike Datums

18 November 2009
Algemene vergadering om die punte stelsel ten opsigte van dag en nag kompetisies asook om die vangs puntestelsel te hersien.

24 November 2009

1. Komiteedames vir die finale bespreking vir die afsluitingsfunksie
2. Vergadering vir die juniors ter voorbereiding vir hul geheel Transvaal. Sterkte aan ons hengelaars.

28 November 2009

Koedoe Juniors Hengel klub algeheel Transvaal kampioenskappe by Cilliers Vaaldam. Sterkte aan ons Junior Span!!

No comments:

Post a Comment