Thursday, November 5, 2009

ROODEPLAAT 03/11/2009



Die kabel wat die hiasinte terug hou het blykbaar laas Vrydag (30/10/2009) gebreuk.  Hier is 'n artikel wat onder Outdoor Pages gepubliseer was :

Grootskaalse veldtog is aan die gang om van waterhiasinte ontslae te raak wat die Roodeplaatdam noord van Pretoria oorgeneem het. Die departement van waterwese en bosbou het die gebruik van onkruiddoders hiervoor goedgekeur. Daarby word ingevoerde kewers en spanne mense op bote en op die wal gebruik om klaar te speel met wat as die reld se grootste onkruid bekend staan.

Volgens me. Linda Page, woordvoerder van die departement, is dit moeilik om in n kort tyd heeltemal van die hiasinte ontslae te raak, maar die departement het reeds opgetree om dit te verminder. Dit is belangrik dat die publiek weet hoe moeilik dit is om van die hiasinte ontslae te raak. Dit is geneig om die gebied wat dit bedek binne minder as vyf dae te verdubbel, maar ons glo die besproeiing van onkruidmiddels is op die oomblik die beste oplossing. Die departement is besig met n eksperiment om nie net van die waterhiasint ontslae te raak nie, maar ook van die blougroen wiere wat in die dam voorkom, het Page gese.

Die besproeiing is goed op dreef, het dr. Guy Preston, hoof van die departement se waterprogram gese. Ons het al R380 000 aan die besproeiing van die Roodeplaatdam bestee en n totaal van R682 560 aan die
Roodeplaat- en Roodekoppiesdamme. Die eerste ronde besproeiing het volgens Preston goed verloop en die tweede ronde sal binne twee weke volg.
Ons hoop om die tweede ronde vinniger te voltooi, maar die wind en temperatuur speel n groot rol in die sukses van projek.
Die digtheid van die hiasinte op die Roodeplaatdam maak dit byna
onmoontlik vir die ingevoerde plantvretende kewers om so vinnig as die onkruiddoders met die plante klaar te speel. Preston het gevra mense moet geduldig wees met die proses.Dit gaan nie oornag gebeur nie.

No comments:

Post a Comment