Friday, November 20, 2009

SPESIALE VERGADERING 18 NOVEMBER 2009

Baie Dankie aan al die lede wat by die Spesiale Vergadering was op 18 November 2009.

Daar was 'n kworum van 18 lede - altesaam 22 lede wat stemgerigtig is. Die voorstel is algeheel deur almal wat teenwoordig was aanvaar. (Grondwet bepaal twee derde meerderheid).
Ek heg die voorstel wat aanvaar is aan vir die lede wat nie daar was nie. Al wat dit beteken is die volgende :
1) Vanaf 1 Januarie 2010 sal daar 'n dag en naweekkampioen wees. Naweekkompetisies sal daar 2 inweeg sessies wees.
2) Die klubpunte sal wees 10 punte per vis en 10 punte per kilogram. Die glyskaal van 100 punte ondertoe val weg.

Voorstel soos ingehandig:
1) Puntestelsel vir 2010
Ek wil graag die volgende voorstel indien aangaande die huidige puntestelsel
1) Die huidige punteselsel volgens Punt 13(d)(ii) in die grondwet is soos volg :
Vangspunte tydens die klubkompetisie word bereken soos tydens ligas 10 punte per vis en 10 punte per kilogram. Die vangspunte sal nog steeds so bereken word maar i.p.v die vangspunte te gebruik word die punte toekenning op ’n glyskaal basis bepaal. Die punte bestaan uit 100 en dus kry die hengelaars punte soos in die posisie wat hy/sy eindig. Al die hengelaars se punte word so toegeken.

Aan die einde van die seisoen word die onderskeie kampioen hengelaars (Senior, Dames en Juniors) volgens hierdie punte bepaal. (AJV 08/03/13)

2) Met die nuwe puntestelsel wat inkom in Januarie 2010 rakende die opbreek van dag en naweek kompetisies glo ek moet die stelsel terug verander word na die ou puntestelsel toe. Dit laat toe dat ’n persoon nie kan weghardloop met die punte tydens ’n naweek kompetisie nie. Daar is ’n dag en naweek kampioen.

3) My voorstel is dat die punte vir die dag en naweek kompetisie soos volg gedoen moet word :

a. Dagkompetisie : Vangspunte sal bereken word 10 punte per vis en 10 punte per kilogram.
b. Naweekkompetisie : Vangspunte sal bereken word 10 punte per vis en 10 punte per kilogram.

No comments:

Post a Comment