Thursday, November 12, 2009

GN UITVOEREND TERUGVOER

GN Uitvoerend het Woensdagaand 11/11/2009 plaasgevind.

Klub Geheel Transvaal Kampioenskappe
Koedoe se Juniors neem deel aan die klub geheel transvaal kampioenskappe op 28 November 2009 te Cilliers Vaaldam.  Kapteins Vergadering vind plaas om 05H45.  Sterkte aan ons Juniors!!!

Appel teen skorsing tydens liga
Tydens die vorige B en C Afdeling se liga was daar 'n voorval waar 'n lid van Centurion gedwiskwalifiseer was, omrede die individu nie die weerlig reel nagekom het nie.  Die klub het appel daarteen aangeteken en sekere punte uitgewys, wat volgens hulle verkeerdelik toegepas was.  Uitvoerende Komitee het beslis dat die appel nie staan nie en die diskwalifikasie bly van krag.
Ek wil graag net weer 'n beroep op al ons lede doen, dat die weerlig reel ten alle tye gehoorsaam word.  Ons sal die reel tydens elke vergadering weer bespreek.  Ongelukkig gaan ek geen simpatie met 'n individu he as hy gedwiskwalifiseer word agv verontagsaming van die weerlig reel nie.

Karp Wereld Kampioeskappe
Soos reeds berig het Suid Afrika weer die Karp Wereld Kampioenskappe in Frans gewen.  Wel gedaan aan ons hengelaars!!!

SAFBAF Skole Opleiding Sessie
Daar word 'n skole opleiding sessie by Klipdrift Dam deur SAFBAF aangebied op die 14de November.  Dit is 'n baie laat kennisgewing deur die betrokke partye.  Indien iemand belangstel is hulle welkom om dit by te woon.

Jaarprogram
1) Premier en A-Afdeling 2de Been - 30 Januarie 2010 te Biermans en Springbokkamp.  Moet bevestig word
2) Premier en A-Afdeling 3de Been - 24 April 2010 te Steyn.  Oewer sal geboek word.

1) B en C Afdeling 2de Been - 20 Februarie 2010 Biermans.  Oewer sal geboek word.
2) B en C Afdeling 3de Been - 8 Mei 2010 Steyns.  Oewer sal bespreek word.

1) Dames, Juniors en Penkoppe 2de Been - 27 Februarie 2010 te Steyns.  Oewer is geboek.

Proewe
Senior 1ste en 2de Been - 20 & 21 Maart 2010
Seniors 3de en 4de Been - 22& 23 Maart 2010

Dames 1ste en 2de Been - 13 & 14 Maart 2010
Dames 3de Been - 17 April 2010

Juniors 1ste Been - 17 April 2010

Meesters 1ste en 2de Been - 16 & 17 Januarie 2010
Meesters 3de Been - 10 April 2010

Geheel transvaal Kampioenskappe
Dames - 16 Januarie 2010
Seniors - 23 Januarie 2010

Dames Meesters
Inligtingsessie sal gehou word in Januarie 2010.

Meesters SA's
Sterkte aan ons Meesters wat die 13de November 2009 vertrek na die SA's toe.  Meesters A hengel by Biermans en die Meesters B hengel by Ardenza.
Hennie Coetzee
Gert Swart
Pat vd Merwe
Boet Grabie

Hoop almal van julle doen goed.  Bring die goud huistoe!!!!

No comments:

Post a Comment