Monday, November 30, 2009

KLUB ALGHEEL KAMPIOENSKAPPE 2009

Die klub algeheel Transvaal Kampioenskappe het op 28 November 2009 te Cilliers Vaaldam plaasgevind.

Gauteng-Noord was verteenwoordig as volg :
Juniors - Koedoe
Seniors - Munt
Dames - Weermag
Penkoppe - Pras

Wel gedaan aan al ons klubs wat daar deelgeneem het.

Die uitslae is soos volg :

Juniors - Koedoe    Wen die klub algeheel transvaal kampioenskappe.  Wel gedaan aan ons seuns!!!
Seniors - Munt   3de
Dames - Weermag   5de
Penkoppe - Pras    2de

Ek wil graag ons seuns geluk wens met 'n uitmuntende prestasie.  Julle het Koedoe en die provinsie se naam hoog gehou!!!

Ons hengelaars was :
Ruan Nabal
Barend Booyse
Iain Macdonald
Andries Tiggelman

Bestuurder : Donald Macdonald
Afrigter : Gert Strydom

Ook baie dankie aan Donald en Gert wat 'n inspirerende rol gespeel het in hierdie wen.  Die klub se aan julle baie dankie vir die opoffering en geesdrig waarmee julle die kampioenskappe aangedurf het.

Ook dankie aan Kevin Lerm wat by die penkoppe deelgeneem het.  Die penkoppe het 2de geeindig en dit is ook 'n fantastiese prestasie.

No comments:

Post a Comment