Friday, October 29, 2010

HAEL IN DIE WOESTYN

Amazing!!!!!!
















Monday, October 25, 2010

DAMES, JUNIORS EN 0/13'S LIGA UITSLAE

Wel gedaan aan al ons Dames, Juniors en 0/13's war Saterdag aan die liga deelgeneem het.

Dit was maar 'n winderige dag en ook 'n baie moeilike dag op sekere sones.  Spesiale dank aan al ons jong penkoppies wat deelgeneem het.  Daar was 12 penkop spanne waarvan Koedoe 5 spanne daar gehad het.  Bou voort Koedoes!!!!

DAMES
1) MUNT A  77
2) IMPALA  74
3) CENTURION A  59
4) WEERMAG A  50 (15) VIS
5) PRAS  50 (14 VIS)
6) KOEDOE B 41
7) CENTURION B 36
8) KOEDOE A  28
9) ISCOR A  22
10)POLISIE A  21
11)WEERMAG B  12

INDIVIDUELE PRESTASIES
1) CM LABUSCHAGNE  -  9 VIS  16,505KG  (WEERMAG)
2) E STRYDOM  -  15 VIS  9,470KG  (MUNT)
3) HJF JORDAAN  -  13 VIS 9,960KG  (MUNT)

JUNIORS
1) KOEDOE  A  74
2) WEERMAG  61
3) KOEDOE B  56
4) MUNT   52
5) PRAS  32
6) CENTURION  31
7) POLISIE B  29
8) POLISIE A  26
9) ISCOR  25
10)IMPALA  0

INDIVUDELE PRESTASIES
1) K. SWART  -  12 VIS  8,045KG  (KOEDOE)
2) AH TIGGELMAN  -  8 VIS  5,780KG   (KOEDOE)
3) JJ JANSE VAN VUUREN  -  7 VIS  5,928KG   (WEERMAG)

PENKOPPE
1) CENTURION A  55
2) KOEDOE B  53
3) WEERMAG B  47
4) KOEDOE C  44
5) PRAS  39
6) KOEDOE A  36
7) KOEDOE  D  33 (15 VIS)
8) CENTURION B  33 (14 VIS)
9) KOEDOE E  33  (12 VIS)
10)WEERMAG A  30
11)CENTURION C  17  (5 VIS)
12)MUNT  17  (3 VIS)
INDIVUDELE PRESTASIES

1) WT RICHARDS  -  15 VIS  9,815KG  (KOEDOE)
2) SX LAMBRECHTS  -  14 VIS  9,380KG  (KOEDOE)
3)  L VD WATT  -  16 VIS  7,040KG  (CENTURION)

Monday, October 18, 2010

MEESTERS, JUNIORS EN 0/13 GEHEEL TRANSVAAL KAMPIOENSKAPPE UITSLAE

PENKOP UITSLAE

1ste Gauteng 52
2de GNoord A 52
3de Sentraal Gauteng 50 met 50 Vis
4de GNoord B 50 met 45 vis
5de N Wes 47
6de Mmp 39
CNW ontrek

JUNIOR A
1ste Gauteng Noord 83
2de Gauteng 76
3de S Gauteng 69
4de Mmp 66

JUNIOR B
Gauteng 92
Gauteng Noord 73
Mmp 55
Noord Wes 50 112 vis
S Gauteng 50 80 vis

MEESTERS A
Mmp 101
Guateng 91
S Gauteng 86
G Noord 75
NW 61
SNW 52

MEESTERS B
S Gauteng 68
G Noord 60
Mmp 54
NW 46
Guateng 40
NOM 40

SENIOR B EN C AFDELING LIGA UITSLAE 1STE RONDTE

Hi Almal,

Wel gedaan aan al ons hengelaars wat Saterdag aan die liga deelgeneem het.  Dit was baie koud in die oggend, maar die middag het die son ons weer verbrand.

B-AFDELING
1) CENTURION B   175
2) MUNT B  149
3) KOEDOE B  135
4) WEERMAG B  125
5) ISCOR B  92
6) POLISIE B  88
7) PRAS B  82
8) PISCES B  70
9) IMPALA B  59

INDIVIDUELE UITSLAE
1) WERNER GEYER  - MUNT
2) BERNHARD VD WATT - CENTURION
3) CHRIS BOYLAN - CENTURION

C-AFDELING
1) KOEDOE D - 104
2) KOEDOE C -99
3) MUNT C - 82
4) CENTURION C - 72
5) KOEDOE E - 61
6) WEERMAG C - 39

INDIVIDUELE UITSLAE
1) NEIL VD WESTHUIZEN - KOEDOE C
2) JACQUES LOMBARD - KOEDOE E
3) ANTON NAGEL - KOEDOE D

Wednesday, October 13, 2010

NUUSBRIEF OKTOBER 2010

Ek is daarvan oortuig dat die skrywer werklik bedoel het wat hy op papier neergelê het dat Oktober die mooiste, mooiste maand is.

Kyk net hoe is ons jakarandas in blom. Geen wonder dat Pretoria bekend staan as die Jakarandastad. Dink net aan die studente dae op die kampus van die Universiteit van Pretoria waar jy as student tussen hierdie rye en rye lane van jakarandes deur kon loop.

So, wanneer die Jakarandas blom is die somer op ons wat ook die begin van die reën seisoen inlui.

Bo-en-behalwe die Jakarandas, staan ons nou vierkantig midde die hengel seisoen. Alle hengel binne die provinsie (dit is nou al die liga bepalings), begin nou ten volle. Dit beteken van ons hengelaars, bestuurders, afrigters ensowel die ondersteuners, sal bykans elke naweek by n hengeloord wees. Druk is op as klub om te presteer gemeet aan verlede seisoen se prestasies wat behaal was. Geen twyfel ontstaan dat ons as klub weer die toon binne die provinsie sal aangee nie. Daarom, sterkte aan al ons hengelaars.
Lief en leed
Ek is altyd daarvan oortuig dat hierdie n baie belangrike komponent van inligting is wat deurgegee word siende dat ons as een familie van mekaar se wel en weë te wete kom. In gevalle van „Leed“, kan mekaar in hul gebede gedra word. Ingevalle van „Lief“, kan daar ook dankie gesê word.


Kom ons begin met die „Leed“:

1)Marlene Coetzee se moeder is ernstig siek in die hospitaal
2)Gert Strydom se ouma – tannie Krebs – is oorlede
3)Terugvoering is ontvang dat dit met Esta/Dawie se dogter baie goed gaan. Sy is al uit die hospitaal ontslaan. Nou is dit die herstel proses wat voor is.
4)Jacky Retief was ook baie siek laas maand met longontsteking. Sy het ook al goed herstel van haar siekte.

Aan almal, ons gebede vergesel julle en bid vir krag, genade en sterkte.

Nou kan ons die „Lief“ hanteer:
Aan on juniors wat aan die SAVOF toernooi te Bloemhof deelgeneem het, geluk met jul prestasies.

1) Andries Tiggelman
2) Barend Booyse
3) Kayle Swart
4) Jacques Lombard

Baie geluk aan Andries wat 'n 4de plek algeheel behaal het.

KLUB HENGEL AANGELEENTHEDE


Hengel rekords

Lede van bestuur is besig om alle beskikbare hengel rekords na te gaan. Hierdie is n enorme taak om te verrig. Nie net op klub vlak nie maar ook op provinsiaal –en nationale vlak.

Sovêr moontlik is alle beskikbare genotileerde rekords nagegaan en n rekords boekie is saamgestel en word deur Marlene Coetzee, wat ook die provinsiale Rekordbeampte is, bedryf. Hennie en Marlene het die druk van die boekie behartig en is teen R20,00 per eksemplaar beskikbaar. Daar kan met Marlene, Hennie of Francios, ons Skakelbeampte, kontak gemaak word tot die verkryging van so ‚n eksemplaar. Hierdie is n moet vir elke hengelaar, siende dat dit rekords op national, provinsiale –en klubvlak bevat. Dit word dan ook ons eie verantwoordelikheid om toe te sien dat rekord vangste aangeteken moet word.

Hierdie boekie sal jaarliks hersien word.

Hengel kalender
Die hengel kalender vir die volgende twee (2) maande is soos volg:

6 en 7 November: Naweek kompetisie te Grootdraaidam. Linker oewer bespreek.
3 en 4 Desember: Nag/dag kompetise te Bajadam te Bronkhorstspruitdam.

Die reëlings vir November 2010 se kompetisie by Grootdraaidam is:

Hengel area: Links (vanaf die baby
pool“ tot teen die draad). Laat ons as hengelaars seker maak dat daar op die regte oewer en bespreekte gebied gehengel word. Indien nie, sal u sak gediskwalifiseer word.


Indien enige hengelaar/lid later by die oewer arriveer, kontak Donald of Francios om seker te maak waar die hengel area is. Weereens, indien u buite die gebied hengel, sal u sak ongelukkig gediskwalifiseer word.

Hierdie reëling sal in alle toekomstige klubkompetisies geld.

Saterdag – 6 November 2010 tot Sondag 7 November 2010

Hengeltyd: 06:00 tot 15:00. Alle lyne moet uit die water getrek word. n Bestuurslid sal teen die oewer af beweeg om te verseker dat alle lyne uitgetrek is. Indien nie, kan die lei tot ‚n diskwalifikasie van die sak wat Sondag geweeg gaan word.

Inweeg: 15:30 by 'n neutrale plek wat aangekondig sal word.

Voortsetting van kompetisie: Sal by inweeg bepaal word tot Sondagogeend om 10:00.

Inweeg: Donald se bakkie om 10:45

Koste: R25,00 per persoon per dag en R20,00 inskrywingsgeld. Inskrywings en betalings moet voor 09:00 die Saterdagoggend by Markus gedoen word. Lede, dit is en bly ons verantwoordelikheid.

Bonanza: R700,00 vir Geelvis van 3 kilogram en/of swaarder.

Let wel: Hengelaars word die Vrydag tot die oewer toegelaat maar onder geen omstandighede mag daar gehengel, voerplek, ens gemaak word nie. Dit sal lei tot diskwalifikasie.


Ons vra alle lede se samewerking betreffende die hengel areas. Dit kan enige onaangenaamhede uit die weg ruim.

Finansies
'n Woord van dank aan al ons lede wat hul ledegeld betaal het. Daar is nog „so hier en daar“ enkeles uitstaande en 'n beroep word op u gedoen om dit so spoedig moontlik af te handel.

Ook 'n woord van dank aan Elna, ons Tesourier, vir die taak wat sy verrig. Alle state is op datum en affiliasie en liga inskrywingsgelde word voortydig inbetaal.

Karpfaset
Die volgende lige vind op 12 November tot 14 November 2010 by Bamboesspruit plaas.

Oktober 2010 hengelkompetisie
Die Oktober 2010 kompetisie by Draaifontein was ‚n groot sukses. Die vis wou net nie saam speel nie. Die uitslae is soos volg:

STATISTIEKE VIR DIE DAG

Vol: 104
Spieël: 18
Graskarp: 149
Baber: 2
Moddervis: 19
Geelvis: 9

TOTAAL: 301 VIS
MASSA: 194.055KG

UITSLAE VIR DIE DAG
SENIORS (EERSTE 15 PLEKKE)

1) GEORGE THOMAS 21 VIS 13.385KG
2) WILLIE RICHARDS 19 VIS 8.880KG
3) MARKUS SWART 14 VIS 8.620KG
4) PIETER MEINTJES 11 VIS 8.655KG
5) WILLIE NEL 12 VIS 7.630KG
6) RIAAN DU PLESSIS 12 VIS 6.550KG
7) ZIELAS DU PREEZ 10 VIS 5.645KG
8) STEVE SMIT 6 VIS 6.475KG
9) ERIC GERRITSEN 6 VIS 5.800KG
10)JOHAN STEYN 7 VIS 4.750KG
11)JAN VERMAAK 6 VIS 5.035KG
12)ANDRE RETIEF 6 VIS 4.140KG
13)ANDRE CONNELLY 6 VIS 4.080KG
14)CHARL MATTHEE 6 VIS 3.795KG
15)ANTON NAGEL 6 VIS 3.605KG

DAMES
1) RIANA VERMAAK 13 VIS 7.495KG
2) COLEEN RICHARDS 12 VIS 7.280KG
3) ZANDRA BOSHOFF 4 VIS 4.715KG
4) JEANETTE WERNICK 4 VIS 3.430KG
5) WILMA MCDONALD 5 VIS 2.405KG
6) JACKY RETIEF 2 VIS 0.535KG
7) TIANA BOOYSEN 1 VIS 0.165KG

JUNIORS

1) BAREND BOOYSE 14 VIS 9.980KG
2) JACQUES LOMBARD 7 VIS 4.000KG
3) JACO DE JONGH 3 VIS 1.245KG
4) ADIAN BEZUIDENHOUT 1 VIS 0.810KG

JUNIOR/JUNIOR
1) CHARLDON MATTHEE 4 VIS 1.945KG
2) GERT SWART JNR 2 VIS 1.055KG

VOORSKOOL
1) AMBER VAN ZYL 4 VIS 2.345KG
2) GERHARD RICHARDS 3 VIS 2.235KG
3) MICHELLE RICHARDS 3 VIS 1.375KG
4) SAREL BOSHOFF JNR 1 VIS 1.280KG
5) ROALD MATTHEE 1 VIS 0.615KG
6) CHARISMA BOSHOFF 1 VIS 0.370KG

Kersboom

Die jaarlikse kersboom vind op Saterdag 4 Desember 2010 tydens die nag/dag kompetisie te Bajadam plaas.

Verdere inligting volg. Intussen vra Marlene Coetzee vir borge vir koeldrank, lekkers, ens. vir die kinders. Kom ons ondersteun Marlene in hierdie en kontak haar gerus in die verband.

Wees op die uitkyk vir die volgende nuusbrief en e-posse vir meer inligting.

Iets nuut


Daar is so baie visvang stories wat deur die jare vertel en oor vertel is en iewers langs die pad verlore gegaan of nog verlore sal vergaan. ‚n Beroep word op u gedoen om hierdie stories, het sy werklik of slegs ‚n kampvuur storie, aan Gert Swart by gswart@thedti.gov.za te stuur. Dit sal gebruik word om in die Nuusbrief opgeneem te word. Eers sal dit aan die klub se Uitvorende Komitee voorgelê word en indien nodig sal die aangepas word. U is meer as welkom om fiktiewe name te gebruik.

Kom ons skop die rubriek af met die volgende:

Dit was in die tyd toe iemand die insig gehad het met die vervaardiging van hengelkaste op „stands“ en wat aangevul word met botteljies „dip“

Die volgende word vertel.
Pa en seun met pa se vissermans vriend bevind hulle op ‚n Vrydagaand langs die oewer by Ma Roos. Daar aangekom was dit al sterk skemer en pa sorg dat sy ou Ford Anglia netjies uitgepak word ten einde nie bekleedsels, ens te beskadig nie siende dat die ou karretjie nie juis ‚n kattebak het om alles in te pak nie. Terwyl pa so rustig uitpak en sy vissermans vriend ‚n voorsprong bo ons het met sy ou TOYOTA STOUT bakkie, word daar stilletjies betrag hoe hy dan sy twee kaste opslaan deur weerskante penne deur te druk ten einde hulle opmekaar te laat staan met ‚n spasie tussen in. Die onderste has se deksel kan gemklik oopmaak soveel spasie daar is. Versigtig word so ‚n ander paar ystertjies aanmekaar gesit, en siedaar, twee mikstokke wat weerskante vasmaak waaop die glasvesel stokke rus. So is hierdie vissermans vriend se werkstasie opgeslaan. Pa betrag hierdie uiters gemoderniseerde storie so van ‚n kant af en skamerig haal hy maar ons gewone mikstokke uit wat hy daar in die motorhuis self aangekaar gesweis en geverf het. Nogal netjies gedoen. Pa kon met sy hande werk.

Alvorens die katrolle opgesit en lyne deurgetrek word, besigtig hierdie vissersmans vriend die boonste kas met al sy botteljies dip. Ek is baie nuuskierig om te gaan kyk maar pa keer. Na betragtiging van die botteljies, word ‚n koelhouer uitgehaal en ‚n „brandy en coke“ word geskink alvorens die sport begin. Met al hierdie om my gebeur kyk ek so na pa en met ‚n gerusstellende kyk wat sê „moet nie bekommerd wees nie“ red hy die situasie. Ewe getroos haal pa ook ons koelhouer uit en skink coke. Pa het altyd geglo dat jy dam water en drank nie mag meng nie. Later in die lewe besef hy was reg.

Terwyl pa so aan sy pyp tuig en stokke regmaak om in te gooi, bly hy dan ook maar wonder waarvoor al daardie dips en goed voor is. Asof vissermans vriend dit seker aanvoel, beduie hy dan ook baie tegnies aan pa hoe hengel dan ‚n gedaante verwisseling ondergaan teenoor hoe ons hengel en wat besig is om te gebeur. Dips word derhalwe gemaak om visse te lok en jy moet ‚n studie maak waarvan vis hou of nie.

Later die aand terwyl die ou gaslampie so skamerig brand en pa ‚n worsie op die vuurtjie gaar maak, let pa op dat hierdie vissersman vriend redelik baie by sy viskas besig is. Hoe later dit word, hoe meer struikel hierdie vissermans vriend na sy viskas. In so ‚n mate dat hy kom eenkeer amper omval. Vissermans vriend het ‚n ou klapperhaar matras agter op die bakkie en is later in so ‚n toestand dat pa hom op die bak moet optel on te gaan slaap of „uit pass“.

Toe pa later seker is die vissermans vriend slaap redelik vas, beduie hy,hy gaan kyk wat in die kas aangaan. Soder ‚n flits gaan hy nader en merk uit die gaslampie se flou lig dat daar so ongeveer 40 bottlejies in die kas staan gemaak is. Die nuuskierigheid kry verder die oorhand om te ruik welke dips dan in die botteltjies is. So kom hy agter dat die helfte leegis terwyl die ander vol is. Draai die eerste botteljie se prop af en jy ruik net „Klipdrif:. Draai die tweede botteljie oop en jy ruik Klipdrif. En so as pa aangaan bly elke botteljie se reuk dieselfde. Stadig kom pa teruggestap en gaan ewe getroos op sy velstoeltjie sit met ‚n opmerking „As dit hoe hengel gevorder het, bly ek maar by my mikstokke, ens.

Monday, October 11, 2010

GEHEEL TRANSVAAL KAMPIOENSKAPPE 9 OKTOBER 2010

Die Geheel Transvaal Kampioenskappe het Saterdag 9 Oktober plaasgevind.  Die Meesters, Juniors en O/13's het aan die kampioenskappe deelgeneem.  Wel gedaan aan al ons Koedoe hengelaars wat hierby betrokke was.

PENKOP UITSLAE

1ste Gauteng 62
2de GNoord A 52
3de Sentraal Gauteng 50 met 50 Vis
4de GNoord B 50 met 45 vis
5de N Wes 47
6de Mpu 39
CNW ontrek

JUNIOR A
1ste Gauteng Noord 83
2de Gauteng 76
3de S Gauteng 69
4de Mpu 66

JUNIOR B
Gauteng 90
Gauteng Noord 77
Mpu 55
Noord Wes 49 112 vis
S Gauteng 49 80 vis

MEESTERS A
Behaal 4de posisie

MEESTERS B
Behaal 2de posisie

SOUTH AFRICA WORLD CHAMPIONS AGAIN!!!

We are proud in announcing that our National Protea Team have once again accomplished the outstanding achievement of being crowned World Champions in both the Team and the Individual Categories for the third year in succession. Please find attached the championship results and a request to honour us with your presence with the Team arrive back at the OR Tambo Airport in South Africa on Tuesday morning at 08:20 on 12 October 2010.

First 10 positions
1) South Africa   8 points    264.450kg   1-1-6    45 fish
2) Greece         10 points   85.950kg    3-3-4    11 fish
3) Spain          21 points   58.400kg    2-6-13   13 fish
4) England        22 points   57.475kg    2-9-11    9  fish
5) France         23 points   60.850kg    4-6-13    9  fish
6) Bulgaria       24 points   39.200kg    4-9-11    5  fish
7) Croatia        27.5 points 44.550kg    5-5-17.5  8  fish
8) Bosnia         29 points   43.500kg    2-13-14   8  fish
9) Slovenia       29 points   41.100kg    8-8-13    7  fish
10)Italy          31 points   43.550kg    1-13-17   6  fish

GP Nel / Kobus van Loggenberg 1st position in Box A  (Gold Medal)
Loutjie Louwies / Gilbert Foxcroft 1st position in Box C (Bronze Medal)
Andries Maree / Hennie Du Preez 6th position in Box B

Sunday, October 10, 2010

KARP WERELD KAMPIOENSKAPPE

With two hours of official angling time remaining South Africa is also in the first place in the Team Event at the World Carp Angling Championships in England. We are however only 1 point ahead of Greece who are in the second place. Greece only needs one fish in either Zone B or Zone C to become the new World Championships that is to say if South Africa is not able to follow suit. Our Protea Team needs your support. Please therefore think of our Team in your prayers. It will be the ultimate achievement if we could become World Champions in both the Team and Individual Event for a third year in succession.

Friday, October 8, 2010

LIGA 16 OKTOBER B EN C AFDELING TE BIERMANS

Hi Almal,


Die B en C afdeling se liga vind plaas op 16 Oktober te Biermans Vaaldam.
Let op na die volgende punte asb.
1) Liga vergadering vind plaas op 12 Oktober 2010 te Gauteng-Noord klubhuis om 19H00.

2) Daar is verblyf gereel vir Vrydagaand die 15de Oktober te Weltina Gastehuis teen R70.00 ‘n kop. Dit gaan op ‘n ‘first come’ basis hanteer word. Daar is ongeveer 30 slaapplekke beskikbaar. Lede moet asb. laat weet indien hulle belangstel.

3) Koste vir die dag per hengelaar beloop R60.00 (ligagelde en hekgelde vir die dag)

4) Laat weet asb. vroegtydig indien jy moet onttrek uit die liga uit.

5) Aangeheg is die spanne vir die B en C Afdeling liga

SENIOR B-SPAN
AMPIE ROODT
PIET ROODT
FRANCOIS STEYN
JUNIOR LATSKY
JOHAN STEYN
GEORGE THOMAS
RIAAN NABAL
TINUS BOSHOFF
KAYLE SWART
RIAAN DU PLESSIS
GERT SWART
LOURENS POTGIETER

BESTUURDER : DONALD MCDONALD
AFRIGTER : HENNIE COETZEE
HULP-AFRIGTER : TJAART COETZEE
BEAMPTE : MARLENE COETZEE

SENIOR C-SPAN
SIAS JANSE VAN RENSBURG
PEET VORSTER
KOBUS VD MERWE
RIAAN LERM
RUAN NABAL
NEIL VD WESTHUIZEN
BOET THOMAS
PAT VD MERWE
WILLIE SWART
SHAWN VAN BLERK
PIETER MEINTJES
TIGGIES TIGGELMAN

BESTUURDER : MARKUS SWART
AFRIGTER : SPYKER COETZEE
HULP-AFRIGTER : CHRIS BOSHOFF
BEAMPTE : DANIE DE JAGER

SENIOR D-SPAN
ROBERT KOTZE
JAN VERMAAK
TYLER VAN BLERK
JACO DE JONGH
CHARL MATTHEE
JOHAN ZWARTS
EUGENE WERNICK
STEVE SMIT
DUPPIE DU PLESSIS
HERMAN KUHN
ANDRE CONNELLY
WILLIE NEL

BESTUURDER : SAREL BOSHOFF
AFRIGTER : IAIN MCDONALD
HULP-AFRIGTER : WILLIE RICHARDS
BEAMPTE : RIANA VERMAAK

SENIOR E-SPAN
JACO CILLIERS
ANTON NAGEL
ZIELAS DU PREEZ
HENNIE KNOETZE
ANDRE RETIEF
PEET SWART
JANS VORSTER
HENRY ATKINSON
MARTN DE BRUYN
JACQUES LOMBARD
JACQUES FOURIE
DERICK BEZUIDENHOUT

BESTUURDER : JACQUES DU PREEZ
AFRIGTER :
HULP-AFRIGTER :
BEAMPTE : SAMANTHA VAN BLERK

WERELD KARP KAMPIOSKAPPE TERUGVOER

Goeiedag Almal.


1. Die Nasionale Protea Karphengelspan neem tans aan die FIPS-ed Wêreld Karphengel Kampioenskappe deel wat in Witney, Oxford, Engeland, plaasvind. Die Wêreld Kampioenskappe het om 14:00 SA tyd (13:00 GMT) op Donderdag 7 Oktober 2010 ʼn aanvang geneem en strek oor 72-uur onafgebroke tot en met 14:00 op Sondag 10 Oktober 2010.

2. Wat die loting van die span vir die Wêreld Kampioenskappe betref wat krities is in ons span se pogings is om vir die 3-keer agtereenvolgens as Wêreldkampioene in die span- en individuele pare gekroon te word, rapporteer die Spanbestuurder Johan Donald as volg:

a. Sone A (Brasnose 1): GP Nel en Kobus van Loggerenberg sit op Pennommer 12 wat as ʼn redelike pen beskou word

b. Sone B (Brasnose 2): Hennie du Preez en Andries Maree sit op Pennommer 5 wat as ʼn redelike pen beskou kan word

c. Sone C (Smiths Pool): Gilbert Foxcroft en Loutjie Louwies sit op Pennommer 18 wat as ʼn baie swak pen beskou word. Die pen is reg in die hoek van die dam wat net ongeveer 60 meter breed is.

3. Johan se versoek met ʼn klomp uitroep tekens is dat ons as SAVOF lede ons Proteaspan in ons gebede moet opdra. Kom ons ondersteun ons span in hulle oproep.

4. Namate die kampioenskappe vorder en uitslae bekend word, hoop ons om u daagliks op hoogte te hou met ons span se vordering. Johan Donald se telefoonnommer indien u ʼn SMS ter ondersteuning aan die span wil stuur is 00-4474-0719-8348

Groete

Fred Visagie

Monday, October 4, 2010

DRAAIFONTEIN 2 OKTOBER 2010

Die hengel by Draaifontein het nie so goed afgeloop soos ons gehoop het nie.  Daar was redelike vashaak plekke vir al die hengelaars en het tot groot frustasies gelei.  Die vis wou ook nie lekker saamspeel nie.  Ons sal ook in die toekoms die oewers op 'n beter manier moet probeer afkamp vir ons eie gebruik.  Dit is 'n groot challenge op hierdie stadium, en sal op die komitee vergadering bespreek word.

STATISTIEKE VIR DIE DAG

VOL : 104
SPIEEL : 18
GRASKARP : 149
BABER : 2
MODDERVIS : 19
GEELVIS : 9

TOTAAL : 301 VIS
MASSA : 194.055KG

UITSLAE VIR DIE DAG
SENIORS (EERSTE 15 PLEKKE)
1) GEORGE THOMAS 21 VIS 13.385KG
2) WILLIE RICHARDS 19 VIS 8.880KG
3) MARKUS SWART 14 VIS 8.620KG
4) PIETER MEINTJES 11 VIS 8.655KG
5) WILLIE NEL 12 VIS 7.630KG
6) RIAAN DU PLESSIS 12 VIS 6.550KG
7) ZIELAS DU PREEZ 10 VIS 5.645KG
8) STEVE SMIT 6 VIS 6.475KG
9) ERIC GERRITSEN 6 VIS 5.800KG
10)JOHAN STEYN 7 VIS 4.750KG
11)JAN VERMAAK 6 VIS 5.035KG
12)ANDRE RETIEF 6 VIS 4.140KG
13)ANDRE CONNELLY 6 VIS 4.080KG
14)CHARL MATTHEE 6 VIS 3.795KG
15)ANTON NAGEL 6 VIS 3.605KG

DAMES
1) RIANA VERMAAK 13 VIS 7.495KG
2) COLEEN RICHARDS 12 VIS 7.280KG
3) ZANDRA BOSHOFF 4 VIS 4.715KG
4) JEANETTE WERNICK 4 VIS 3.430KG
5) WILMA MCDONALD 5 VIS 2.405KG
6) JACKY RETIEF 2 VIS 0.535KG
7) TIANA BOOYSEN 1 VIS 0.165KG

JUNIORS
1) BAREND BOOYSE 14 VIS 9.980KG
2) JACQUES LOMBARD 7 VIS 4.000KG
3) JACO DE JONGH 3 VIS 1.245KG
4) ADIAN BEZUIDENHOUT 1 VIS 0.810KG

JUNIOR/JUNIOR
1) CHARLDON MATTHEE 4 VIS 1.945KG
2) GERT SWART JNR 2 VIS 1.055KG

VOORSKOOL
1) AMBER VAN ZYL 4 VIS 2.345KG
2) GERHARD RICHARDS 3 VIS 2.235KG
3) MICHELLE RICHARDS 3 VIS 1.375KG
4) SAREL BOSHOFF JNR 1 VIS 1.280KG
5) ROALD MATTHEE 1 VIS 0.615KG
6) CHARISMA BOSHOFF 1 VIS 0.370KG

Friday, October 1, 2010

BLOEMHOF FOTOS








SAVOF TOER TE BLOEMHOF

Wel die week by Bloemhof was maar baie moeilik vir die Juniors ook.  Die vis het nie gebyt soos ons gehoop het nie.  Koedoe se juniors wat by die Savof toer was is:

1) ANDRIES TIGGELMAN
2) BAREND BOOYSEN
3) KAYLE SWART
4) JACQUES LOMBARD

Baie geluk aan Andries wat 'n 4de plek algeheel behaal het.

PENKOP UITSLAE
1) PENKOP A SPAN
2) PENKOP B SPAN

JUNIOR UITSLAE
1) SAVOF A
2) SAVOF B
3) UITNODIGING SPAN
4) JONGE DAMES

PREMIER EN A AFDELING UITSLAE

Hier is die uitslae na die eerste liga wat plaasgevind het op 25 September 2010 te Biermans Vaaldam.

PREMIER AFDELING
1) CENTURION 134
2) MUNT 130
3) KOEDOE 101
4) IMPALA 84
5) WEERMAG 57
6) POLISIE 41
7) KORREKTIEF 20

PRESIDENT AFDELING
1) PRAS 78
2) PREMIERMYN 58
3) TRANSWERKE 47
4) ISCOR 43
5) PISCES 37

Dit was 'n moeilike dag langs die water.  Baie geluk aan al ons Koedoe hengelaars.  Daar is baie werk wat wag met die volgende twee ligas, maar ons kan dit nog doen!!!

GROETE