Friday, October 8, 2010

WERELD KARP KAMPIOSKAPPE TERUGVOER

Goeiedag Almal.


1. Die Nasionale Protea Karphengelspan neem tans aan die FIPS-ed Wêreld Karphengel Kampioenskappe deel wat in Witney, Oxford, Engeland, plaasvind. Die Wêreld Kampioenskappe het om 14:00 SA tyd (13:00 GMT) op Donderdag 7 Oktober 2010 ʼn aanvang geneem en strek oor 72-uur onafgebroke tot en met 14:00 op Sondag 10 Oktober 2010.

2. Wat die loting van die span vir die Wêreld Kampioenskappe betref wat krities is in ons span se pogings is om vir die 3-keer agtereenvolgens as Wêreldkampioene in die span- en individuele pare gekroon te word, rapporteer die Spanbestuurder Johan Donald as volg:

a. Sone A (Brasnose 1): GP Nel en Kobus van Loggerenberg sit op Pennommer 12 wat as ʼn redelike pen beskou word

b. Sone B (Brasnose 2): Hennie du Preez en Andries Maree sit op Pennommer 5 wat as ʼn redelike pen beskou kan word

c. Sone C (Smiths Pool): Gilbert Foxcroft en Loutjie Louwies sit op Pennommer 18 wat as ʼn baie swak pen beskou word. Die pen is reg in die hoek van die dam wat net ongeveer 60 meter breed is.

3. Johan se versoek met ʼn klomp uitroep tekens is dat ons as SAVOF lede ons Proteaspan in ons gebede moet opdra. Kom ons ondersteun ons span in hulle oproep.

4. Namate die kampioenskappe vorder en uitslae bekend word, hoop ons om u daagliks op hoogte te hou met ons span se vordering. Johan Donald se telefoonnommer indien u ʼn SMS ter ondersteuning aan die span wil stuur is 00-4474-0719-8348

Groete

Fred Visagie

No comments:

Post a Comment