Wednesday, October 13, 2010

NUUSBRIEF OKTOBER 2010

Ek is daarvan oortuig dat die skrywer werklik bedoel het wat hy op papier neergelê het dat Oktober die mooiste, mooiste maand is.

Kyk net hoe is ons jakarandas in blom. Geen wonder dat Pretoria bekend staan as die Jakarandastad. Dink net aan die studente dae op die kampus van die Universiteit van Pretoria waar jy as student tussen hierdie rye en rye lane van jakarandes deur kon loop.

So, wanneer die Jakarandas blom is die somer op ons wat ook die begin van die reën seisoen inlui.

Bo-en-behalwe die Jakarandas, staan ons nou vierkantig midde die hengel seisoen. Alle hengel binne die provinsie (dit is nou al die liga bepalings), begin nou ten volle. Dit beteken van ons hengelaars, bestuurders, afrigters ensowel die ondersteuners, sal bykans elke naweek by n hengeloord wees. Druk is op as klub om te presteer gemeet aan verlede seisoen se prestasies wat behaal was. Geen twyfel ontstaan dat ons as klub weer die toon binne die provinsie sal aangee nie. Daarom, sterkte aan al ons hengelaars.
Lief en leed
Ek is altyd daarvan oortuig dat hierdie n baie belangrike komponent van inligting is wat deurgegee word siende dat ons as een familie van mekaar se wel en weë te wete kom. In gevalle van „Leed“, kan mekaar in hul gebede gedra word. Ingevalle van „Lief“, kan daar ook dankie gesê word.


Kom ons begin met die „Leed“:

1)Marlene Coetzee se moeder is ernstig siek in die hospitaal
2)Gert Strydom se ouma – tannie Krebs – is oorlede
3)Terugvoering is ontvang dat dit met Esta/Dawie se dogter baie goed gaan. Sy is al uit die hospitaal ontslaan. Nou is dit die herstel proses wat voor is.
4)Jacky Retief was ook baie siek laas maand met longontsteking. Sy het ook al goed herstel van haar siekte.

Aan almal, ons gebede vergesel julle en bid vir krag, genade en sterkte.

Nou kan ons die „Lief“ hanteer:
Aan on juniors wat aan die SAVOF toernooi te Bloemhof deelgeneem het, geluk met jul prestasies.

1) Andries Tiggelman
2) Barend Booyse
3) Kayle Swart
4) Jacques Lombard

Baie geluk aan Andries wat 'n 4de plek algeheel behaal het.

KLUB HENGEL AANGELEENTHEDE


Hengel rekords

Lede van bestuur is besig om alle beskikbare hengel rekords na te gaan. Hierdie is n enorme taak om te verrig. Nie net op klub vlak nie maar ook op provinsiaal –en nationale vlak.

Sovêr moontlik is alle beskikbare genotileerde rekords nagegaan en n rekords boekie is saamgestel en word deur Marlene Coetzee, wat ook die provinsiale Rekordbeampte is, bedryf. Hennie en Marlene het die druk van die boekie behartig en is teen R20,00 per eksemplaar beskikbaar. Daar kan met Marlene, Hennie of Francios, ons Skakelbeampte, kontak gemaak word tot die verkryging van so ‚n eksemplaar. Hierdie is n moet vir elke hengelaar, siende dat dit rekords op national, provinsiale –en klubvlak bevat. Dit word dan ook ons eie verantwoordelikheid om toe te sien dat rekord vangste aangeteken moet word.

Hierdie boekie sal jaarliks hersien word.

Hengel kalender
Die hengel kalender vir die volgende twee (2) maande is soos volg:

6 en 7 November: Naweek kompetisie te Grootdraaidam. Linker oewer bespreek.
3 en 4 Desember: Nag/dag kompetise te Bajadam te Bronkhorstspruitdam.

Die reëlings vir November 2010 se kompetisie by Grootdraaidam is:

Hengel area: Links (vanaf die baby
pool“ tot teen die draad). Laat ons as hengelaars seker maak dat daar op die regte oewer en bespreekte gebied gehengel word. Indien nie, sal u sak gediskwalifiseer word.


Indien enige hengelaar/lid later by die oewer arriveer, kontak Donald of Francios om seker te maak waar die hengel area is. Weereens, indien u buite die gebied hengel, sal u sak ongelukkig gediskwalifiseer word.

Hierdie reëling sal in alle toekomstige klubkompetisies geld.

Saterdag – 6 November 2010 tot Sondag 7 November 2010

Hengeltyd: 06:00 tot 15:00. Alle lyne moet uit die water getrek word. n Bestuurslid sal teen die oewer af beweeg om te verseker dat alle lyne uitgetrek is. Indien nie, kan die lei tot ‚n diskwalifikasie van die sak wat Sondag geweeg gaan word.

Inweeg: 15:30 by 'n neutrale plek wat aangekondig sal word.

Voortsetting van kompetisie: Sal by inweeg bepaal word tot Sondagogeend om 10:00.

Inweeg: Donald se bakkie om 10:45

Koste: R25,00 per persoon per dag en R20,00 inskrywingsgeld. Inskrywings en betalings moet voor 09:00 die Saterdagoggend by Markus gedoen word. Lede, dit is en bly ons verantwoordelikheid.

Bonanza: R700,00 vir Geelvis van 3 kilogram en/of swaarder.

Let wel: Hengelaars word die Vrydag tot die oewer toegelaat maar onder geen omstandighede mag daar gehengel, voerplek, ens gemaak word nie. Dit sal lei tot diskwalifikasie.


Ons vra alle lede se samewerking betreffende die hengel areas. Dit kan enige onaangenaamhede uit die weg ruim.

Finansies
'n Woord van dank aan al ons lede wat hul ledegeld betaal het. Daar is nog „so hier en daar“ enkeles uitstaande en 'n beroep word op u gedoen om dit so spoedig moontlik af te handel.

Ook 'n woord van dank aan Elna, ons Tesourier, vir die taak wat sy verrig. Alle state is op datum en affiliasie en liga inskrywingsgelde word voortydig inbetaal.

Karpfaset
Die volgende lige vind op 12 November tot 14 November 2010 by Bamboesspruit plaas.

Oktober 2010 hengelkompetisie
Die Oktober 2010 kompetisie by Draaifontein was ‚n groot sukses. Die vis wou net nie saam speel nie. Die uitslae is soos volg:

STATISTIEKE VIR DIE DAG

Vol: 104
Spieël: 18
Graskarp: 149
Baber: 2
Moddervis: 19
Geelvis: 9

TOTAAL: 301 VIS
MASSA: 194.055KG

UITSLAE VIR DIE DAG
SENIORS (EERSTE 15 PLEKKE)

1) GEORGE THOMAS 21 VIS 13.385KG
2) WILLIE RICHARDS 19 VIS 8.880KG
3) MARKUS SWART 14 VIS 8.620KG
4) PIETER MEINTJES 11 VIS 8.655KG
5) WILLIE NEL 12 VIS 7.630KG
6) RIAAN DU PLESSIS 12 VIS 6.550KG
7) ZIELAS DU PREEZ 10 VIS 5.645KG
8) STEVE SMIT 6 VIS 6.475KG
9) ERIC GERRITSEN 6 VIS 5.800KG
10)JOHAN STEYN 7 VIS 4.750KG
11)JAN VERMAAK 6 VIS 5.035KG
12)ANDRE RETIEF 6 VIS 4.140KG
13)ANDRE CONNELLY 6 VIS 4.080KG
14)CHARL MATTHEE 6 VIS 3.795KG
15)ANTON NAGEL 6 VIS 3.605KG

DAMES
1) RIANA VERMAAK 13 VIS 7.495KG
2) COLEEN RICHARDS 12 VIS 7.280KG
3) ZANDRA BOSHOFF 4 VIS 4.715KG
4) JEANETTE WERNICK 4 VIS 3.430KG
5) WILMA MCDONALD 5 VIS 2.405KG
6) JACKY RETIEF 2 VIS 0.535KG
7) TIANA BOOYSEN 1 VIS 0.165KG

JUNIORS

1) BAREND BOOYSE 14 VIS 9.980KG
2) JACQUES LOMBARD 7 VIS 4.000KG
3) JACO DE JONGH 3 VIS 1.245KG
4) ADIAN BEZUIDENHOUT 1 VIS 0.810KG

JUNIOR/JUNIOR
1) CHARLDON MATTHEE 4 VIS 1.945KG
2) GERT SWART JNR 2 VIS 1.055KG

VOORSKOOL
1) AMBER VAN ZYL 4 VIS 2.345KG
2) GERHARD RICHARDS 3 VIS 2.235KG
3) MICHELLE RICHARDS 3 VIS 1.375KG
4) SAREL BOSHOFF JNR 1 VIS 1.280KG
5) ROALD MATTHEE 1 VIS 0.615KG
6) CHARISMA BOSHOFF 1 VIS 0.370KG

Kersboom

Die jaarlikse kersboom vind op Saterdag 4 Desember 2010 tydens die nag/dag kompetisie te Bajadam plaas.

Verdere inligting volg. Intussen vra Marlene Coetzee vir borge vir koeldrank, lekkers, ens. vir die kinders. Kom ons ondersteun Marlene in hierdie en kontak haar gerus in die verband.

Wees op die uitkyk vir die volgende nuusbrief en e-posse vir meer inligting.

Iets nuut


Daar is so baie visvang stories wat deur die jare vertel en oor vertel is en iewers langs die pad verlore gegaan of nog verlore sal vergaan. ‚n Beroep word op u gedoen om hierdie stories, het sy werklik of slegs ‚n kampvuur storie, aan Gert Swart by gswart@thedti.gov.za te stuur. Dit sal gebruik word om in die Nuusbrief opgeneem te word. Eers sal dit aan die klub se Uitvorende Komitee voorgelê word en indien nodig sal die aangepas word. U is meer as welkom om fiktiewe name te gebruik.

Kom ons skop die rubriek af met die volgende:

Dit was in die tyd toe iemand die insig gehad het met die vervaardiging van hengelkaste op „stands“ en wat aangevul word met botteljies „dip“

Die volgende word vertel.
Pa en seun met pa se vissermans vriend bevind hulle op ‚n Vrydagaand langs die oewer by Ma Roos. Daar aangekom was dit al sterk skemer en pa sorg dat sy ou Ford Anglia netjies uitgepak word ten einde nie bekleedsels, ens te beskadig nie siende dat die ou karretjie nie juis ‚n kattebak het om alles in te pak nie. Terwyl pa so rustig uitpak en sy vissermans vriend ‚n voorsprong bo ons het met sy ou TOYOTA STOUT bakkie, word daar stilletjies betrag hoe hy dan sy twee kaste opslaan deur weerskante penne deur te druk ten einde hulle opmekaar te laat staan met ‚n spasie tussen in. Die onderste has se deksel kan gemklik oopmaak soveel spasie daar is. Versigtig word so ‚n ander paar ystertjies aanmekaar gesit, en siedaar, twee mikstokke wat weerskante vasmaak waaop die glasvesel stokke rus. So is hierdie vissermans vriend se werkstasie opgeslaan. Pa betrag hierdie uiters gemoderniseerde storie so van ‚n kant af en skamerig haal hy maar ons gewone mikstokke uit wat hy daar in die motorhuis self aangekaar gesweis en geverf het. Nogal netjies gedoen. Pa kon met sy hande werk.

Alvorens die katrolle opgesit en lyne deurgetrek word, besigtig hierdie vissersmans vriend die boonste kas met al sy botteljies dip. Ek is baie nuuskierig om te gaan kyk maar pa keer. Na betragtiging van die botteljies, word ‚n koelhouer uitgehaal en ‚n „brandy en coke“ word geskink alvorens die sport begin. Met al hierdie om my gebeur kyk ek so na pa en met ‚n gerusstellende kyk wat sê „moet nie bekommerd wees nie“ red hy die situasie. Ewe getroos haal pa ook ons koelhouer uit en skink coke. Pa het altyd geglo dat jy dam water en drank nie mag meng nie. Later in die lewe besef hy was reg.

Terwyl pa so aan sy pyp tuig en stokke regmaak om in te gooi, bly hy dan ook maar wonder waarvoor al daardie dips en goed voor is. Asof vissermans vriend dit seker aanvoel, beduie hy dan ook baie tegnies aan pa hoe hengel dan ‚n gedaante verwisseling ondergaan teenoor hoe ons hengel en wat besig is om te gebeur. Dips word derhalwe gemaak om visse te lok en jy moet ‚n studie maak waarvan vis hou of nie.

Later die aand terwyl die ou gaslampie so skamerig brand en pa ‚n worsie op die vuurtjie gaar maak, let pa op dat hierdie vissersman vriend redelik baie by sy viskas besig is. Hoe later dit word, hoe meer struikel hierdie vissermans vriend na sy viskas. In so ‚n mate dat hy kom eenkeer amper omval. Vissermans vriend het ‚n ou klapperhaar matras agter op die bakkie en is later in so ‚n toestand dat pa hom op die bak moet optel on te gaan slaap of „uit pass“.

Toe pa later seker is die vissermans vriend slaap redelik vas, beduie hy,hy gaan kyk wat in die kas aangaan. Soder ‚n flits gaan hy nader en merk uit die gaslampie se flou lig dat daar so ongeveer 40 bottlejies in die kas staan gemaak is. Die nuuskierigheid kry verder die oorhand om te ruik welke dips dan in die botteltjies is. So kom hy agter dat die helfte leegis terwyl die ander vol is. Draai die eerste botteljie se prop af en jy ruik net „Klipdrif:. Draai die tweede botteljie oop en jy ruik Klipdrif. En so as pa aangaan bly elke botteljie se reuk dieselfde. Stadig kom pa teruggestap en gaan ewe getroos op sy velstoeltjie sit met ‚n opmerking „As dit hoe hengel gevorder het, bly ek maar by my mikstokke, ens.

No comments:

Post a Comment