Sunday, November 1, 2009

DAMES, JUNIORS EN PENKOP LIGA VOORLOPIGE UITSLAE

Die dames, juniors en penkop liga het Saterdag 31 Oktober by Biermans plaasgevind.  Dit was 'n moeilike dag.  Die oggend was baie bewolk en koud.  Dit eers laat die dag oopgetrek en lekker warm geword.  Gelukkig was daar geen weerligreel wat hierdie keer toegepas hoef te word nie.

Almal was positief en lus vir die dag, al was die weer nie die beste nie.  Ongelukkig het baie vashaak plekke ook die dag se plesier versier.  Baie van die dames en juniors het baie vis verloor as gevolg van die vashaak plekke.

Dankie aan al die Koedoe lede wat deelgeneem het en deur en tyd hulle beste gelewer het.

Penkop Uitslae

1) Pras                  40
2) Koedoe C         39
3) Munt C             38
4) Centurion A      35
5) Munt B             31
6) Koedoe A        27
7) Koedoe B        19
8) Centurion B      16
9) Transnet B        12
10)Munt A            9
11)Transnet A       0

Baie geluk aan ons Koedoe C Span wat puik presteer het.  Charldon Matthee (6 jaar) en Roald Matthee (4 jaar) het baie hengelaars hakskene gewys Saterdag!!!  Well done aan die 2 toekomstige hengelaars.  Dan ook aan Charl Matthee (pa) wat bereid was om sy 2 seuns die kans te bied om deel te neem.  Dit was die 1ste keer dat Charl en die seuns aan 'n liga deelgeneem het.  Charl het nog deur die week die reels opgeswot.  Dankie aan Iain Macdonald wat as loper opgetree het en baie advies en hulp verleen het.  Sterkte aan al ons hengelaartjies vir die laaste been.

Juniors
1) Impala A            80
2) Koedoe B          76
3) Munt A              71
4) Koedoe A          58
5) Centurion A        44
6) Iscor                   41
7) Polisie A             39
8) Transnet             37
9) Weermag           34
10)Pras                  34
11)Munt B             34
12)Polisie B           26

Baie geluk aan ons Juniors.  Hierdie is 'n close game en die volgende liga gaan absoluut belangrik wees.  Sterkte aan al ons Juniors vir die volgende liga!!!!

Dames
1) Weermag A       61
2) Munt                  51
3) Centurion A       51
4) Weermag B        49
5) Transnet             42
6) Koedoe B          36
7) Iscor                  35
8) Koedoe A          34
9) Centurion B        27
10)Pras                  27
11)Impala              12

Vir die Dames was dit maar moeilik en was die vis uiters skaars.  Baie geluk aan Lilly Tiggelman wat 1ste algeheel vir die dag geeindig het met 5 vis.  Puik prestasie!!! 

Enige iemand kan nog die dames liga wen!!!  Sterkte aan ons dames vir die volgende liga.

No comments:

Post a Comment