Monday, December 28, 2009

BIERMANS 27/12/2009



Jacques Du Preez, Tinus Boshoff, Francois Steyn en myself het op kort kennisgewing besluit om Sondag 27/12/2009 bietjie Biermans - Vaaldam toe te gaan. Die vorige aand was daar 'n massiewe storm by Biermans. Tannie Kotie vertel my dat in die 55 jaar wat sy op die plaas bly het sy nog nie so iets beleef nie. Van die mense se tente is platgewaai en weggewaai.

Ons het besluit om links om te gaan, na Jim Fouche se draad se kant toe. Ons het redelik ver van die draad afgesit. Die vis het van vroeg af goed gebyt en ons het gesukkel om 2 stokke in die water te hou. Dit was 'n lekker hengeldag vir almal van ons.

Aangeheg is 'n paar fotos van die dag.




Biermans




Reg vir die dag se hengel




Francois ook reg om te begin hengel




Van die mooi karps wat gevang is.  Grootste karp
was by die 4kg.




Nog van die vis wat gevang is.




Tinus met 'n mooi karp




Jacques en Tinus met die vis wat gevang is.

No comments:

Post a Comment