Thursday, December 24, 2009

KERSFEES WENSE

Kersfees wense aan al ons Koedoe Lede. Hoop almal het 'n fantastiese tyd gedurende die feesgety.

Vir die lede wat op vakansie gaan, ry asseblief veilig en ons sien almal op die volgende klubkompetisie te Steyns Vaaldam. Onthou dit is ook 'n nuwe hengel seisoen vir Koedoe met baie nuwe uitdagings in die klub. Die nuwe puntestelsel tree ook in werking in Januarue 2010. Daar sal 'n dag en naweek kampioen in die toekoms bepaal word.

Ook 'n voorspoedige nuwejaar aan al ons lede. Mag almal se wense vir 2010 waar word en mag ons 'n wonderlike 2010 hengeljaar he.

Groete

Koedoe Komitee 2009

No comments:

Post a Comment