Tuesday, June 21, 2011

KOEDOE NUUSBRIEF Junie 2011

Wees gegroet hier vanin ’n nuwe uitgawe van ons Nuusbrief. Dit is ’n wonderlike middel om maandeliks oor “diè” en “dat” met u te deel. Soveel dinge gebeur in ons daaglikse lewe dat die tyd ongemerk by ons verby vlieg.
Nou die dag het ons nog met sonopkoms gaan werk en nou moet ’n lantern gebruik word. Wys jou net, tyd staan nie stil nie.
Van tyd gepraat. Op 25 Junie 2011 is dit weereens die Gauteng Noord se jaarlikse klere-aand. Vir diegene wat dit gaan bywoon, word gevra om so van 08:30 by die Akasia Stadsaal te wees om met die opmaak/regmaak van ons tafels te help. Hoe meer hande, hoe ligter die werk en gouer is ons klaar. Ook vir die wat die funksie die aand gaan bywoon, onthou, elkeen moet sy eie eet en drinkgoed saambring. Dit sluit in die glase, ensovoorts.
Daar is hierbo na tyd verwys, Ja, dit is nou werklik winter. ’n Wyse grys maak nou die dag die opmerking dat dit vanjaar so koud is dat Old Brown Sherry nie eers meer wil help nie. Die rede hiervoor, sê die oom, is dat vanjaar se koue in jy been in trek. OBS loop in die are en are deur die vleise, seg hy toe, en nie deur die bene nie.
Ons is altyd geleer om nie die weer te probeer voorspel nie maar so ’n bietjie inligting. Op 21 Junie sal dit die korste dag en die langste nag wees.

LIEF EN LEED
Wilma was in die hospitaal en weer op die been. Sterkte aan haar. Die wat die griep onderlede gehad of tans nog met dit sukkel, sterkte.

FINANSIëLE AANGELEENTHEDE
Die mees belangrikste bate in enige organisasie, besigheid, ensovoorts, is hul personeel. Self hier by ons in die klub, is dit ons lede. Naas ons lede, moet daar ook finansies wees om die klub te bedryf. Dit meen, dat lede moet ge-affilieer word by die provinsie en by SAVOF. Verder is daar dan ook additionele uitgawes wat aangegaan moet word.
Tydens ’n audit wat plaasgevind het, is daar opgemerk dat daar nog ledegeld uitstaande is wat vereffen moet word. Hier en daar is self ledegeld van verlede jaar uitstaande. Soos u bewus is, het die ledegeld onverandered gebly en is dus soos volg:

R300,00 per gesin; en
R175,00 per enkel lid.

Die nuwe affiliasiegelde moet nou betaal word wat ’n baie groot uitwerking op die klub se bank balans gaan bewerkstellig. ’n Beroep word op u almal gedoen wat nog nie u ledegeld betaal het nie om dit so spoedig moontlik te laat plaasvind. Elna Swart kan in die verband gekontak word. Dankie aan die lede wat alreeds betaal het.

HENGEL AANGELEENTHEDE

Graag word die uitslae van die Junie 2011 klubkompetisie te Roodekopjes deurgegee.

STATISTIEKE
Hengelaars: 23
Volskub : 13
Massa : 34.575kg

UITSLAE:
1) SAREL BOSHOFF: 6 VIS -12.275KG
2) MARKUS SWART: 3 VIS - 7.980KG
3) EUGENE WERNICK: 1 VIS - 5.345KG
4) NEIL VD WESTHUIZEN: 1 VIS - 4.030KG
5) CHARL MATTHEE: 1 VIS - 3.700KG
6) PIET ROODT: 1 VIS - 1.245KG

KLUBKOMPETISIES VANAF JULIE 2011
Die volgende klubkompetisies sal soos volg wees:
Julie 2011 – Hengel kliniek te De Rust, Hartebeespoortdam. Bymekaarkom plek is net links onderkant die huis. Tyd is vanaf 08:00. ’n Program vir die dag sal opgestel word. U is meer as welkom om u vriende en familie saam te bring.
Augustus 2011 – TEKSA, Trichards-fontein.
September 2011 – Cilliers. Naweek kompetisie
Oktober 2011 – Klipdrift, Potchefstroom: Boer se gronde
November 2011 – Jacky Lennon, Vaaldam
Desember 2011 – Roodekopjes, Links vanaf karavaanpark. Naweek kompetisie.

BOLGOOI LIGA

Die tyd het aangebreek dat daar begin oefen word vir die bolgooi ligas wat op hande is. Verlede jaar was puik prestasies behaal en dit is dan ook ons voorneme om nog beter in die kompetisie doen. Hoe beter die voorbereiding, hoe beter die sukses.

Die datums is soos volg:
1) 26 Junie – Oefening FH Odendaal
2) 03 Julie – Oefening FH Odendaal
3) 10 Julie – Oefening FH Odendaal
4) 17 Julie – Oefening FH Odendaal
5) 23 Julie – Liga te Weermag Gronde
6) 31 Julie – Oefening FH Odendaal
7) 07 Augustus – Oefening FH Odendaal
8) 13 Augustus – Liga te Weermag Gronde

Tyd: Oefeninge sal vanaf 09:00 op die onderskeie oefendae in aanvang neem.
Almal word uitgenooi. Meesters, seniors, dames, juniors en penkoppe.

Die reëls is kortweg soos volg:
Seniors en meesters: 40, 60, 80 en 100 meters (met “line clip”).
Dames en juniors: 40, 60 en 80 meters (met “line clip”).
Penkoppe: 30, 50 en 70 meters (met “line clip”).
Vêrgooi – elkeen kompeteer as individue.

SENIOR KOMITEE
Die pas verkose komitee tot die Senior Komitee, is sso volg:
Voorsitter: Rudi Strydom
Sekretaris: Ig Grundelingh

MATCH KOMITEE
Voorsitter: Johnny Moorhouse
Sekretaris: Marinda Kriel

DAMES KOMITEE
Voorsitter: Riekie Labuschagne
Sekretaris: Carolina Gildenhuis
Handelsnuus

Donald het sy eie reeks dips begin gebasseer op huidige hengel waters. Sodanige dips word bemark onder die handelsnaam “MAC DIPS”. Die eerste reeks is tans by Sarel se winkel “ULTIMATE ANGLING” beskikbaar.
Neem tyd en gaan kyk gerus. Daar is nuwe baanbrekers asook ou betroubare dips, soos onder andere die beproefde Sunglo, beskikbaar.      

Ons maandelikse storie

Om die verveeldheid hier in die winteraande meer draagliker te maak, is daar besluit om van die ingeboude kaste in die spaarkamer, wat nie veel gebruik word, skoon te maak en reg te pak. So het dit dan gebeur dat daar op ’n ou familie foto album afgekom word. Nou moet ek eers verduidelik. Hierdie album moet al vir ’n hele aantal jare daarbo lê. Nog toe oorle ma en pa by ons gebly het. Dit was heel onder die stof en seker blaaie het al vergeel.

Tydens die nagaan van die foto’s, waarvan oorle pa die meeste op sy ou 620 KODAK kamera geneem het, het dit my gedagtes baie jare teruggeneem. Daar is fotos van ons babatyd, kindertyd, tienertyd, ensovoorts. Selfs op die ou skoolfotos kon ek sekere van my ou alma maters uitken. Dan wonder jy wat het van hierdie een of daardie een geword. Leef van die onderwysers nog. Glo nie. Dit is al bykans vyftig jaar terug. Van jou klasmaats kon ook al die tydelike met die ewige gewissel het.

Terug by die familie foto’s, toe begin ek wonder of ek sal kan onthou wat ma vir ons as kinders geleer het. Jy weet, hulle het mos sulke sêgoed gehad om jou te leer.

Terwyl hierdie gedagte nog vars in die kop vassteek, besliut ek net daar en dan, om die ou rekenaartjie aan te sit en probeer ’n lys maak wat vir ons as kinders geleer was.

Teen die tyd wat die nodige program op die rekenaartjie oop is, is ’n beker koffie ook aangeslaan om te help teen die koue. Na ’n gespartel met die geheue, is die volgende lys saamgestel. Ek wil u graag uitnooi om saam met my deur hierdie lys te gaan en kyk of u uit dieselfde erea kom.

Dit is wat ma ons geleer het:

Ma het my geleer hoe om te bid
"Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vannaand by die huis kom"

Sy het my geleer van "time travel":
Ek sal jou tot in volgende week in klap!

Sy het my geleer pa's is slimmer en ryker as ma's:
Gaan vra jou pa!

Sy het my geleer oor plantkunde:
Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?

Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees:
Mannetjie !!!

Sy het my van die weer geleer:
Dit lyk of 'n dekselse orkaan jou kamer getref het!

Sy het my geleer van fauna en flora:
Moenie vir my vertel perredinges is vye nie!

Sy het my geleer om myself te ontdek:
Hou op om jou soos jou pa te gedra!

Sy het my die wetenskap van osmose geleer:
Hou jou mond en eet jou kos!

Sy het my geleer van uithouvermoë:
Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeëet het!

Sy het my geleer van sintuie:
Kinners word gesien en nie gehoor nie!

Sy het my geleer van humor:
Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!

Sy het my van jaloesie geleer:
Daar is duisende ander kinnertjies wat ouers soos joune begeer!

Sy het geleer dat daar 'n plek en 'n tyd vir alles is:
As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek't nou net hier skoongemaak!

Sy het my wiskunde geleer:
Sit jy alweer en tanne tel!

Sy het my logika geleer:
Want ek sê so, dis hoekom!

Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur:
Ek sal jou klap dat jy jou antie vir 'n eendvoël aansien as jy my weer terugantwoord!

So, sterkte tot volgende uitgawe. Ons sal dan weer ’n hengelstorie daarstel.

No comments:

Post a Comment