Friday, March 22, 2013

DE RUST - TERUGVOER



Net so vinnige update oor De rust  Hartebeespoort.

Ek en Nic Du Plessis het gister bietjie daar gaan hengel en watter groot gemors.Vanaf 11 uur kon ons omtrent niks meer hengel agv van die hyacinte in die water reg teen  die oewer af vir omtrent so ver as 40-50m in die dam in nie..Later het daar n groen”slutch” om die water gedryf wat erg stink en het omtrent soos verf gelyk.

Behalwe die boostaande het ons baie vas gesit en vis verloor  as gevolg van afgebreekte lyne in die water.(bou lyn en dik braid).
Oewer was lekker vol die oggend maar van 12uur af het heelvat mense begin oppak.Vanaf omtrent 1 uur kon ons weer bietjie vis maar het vining weer ons vasgeloop teen die Hyacinte.

Al die negatiewe agter gelaat het die vis lekker positief gebyt en daar was net reel runs.Soos bo genoem  baie vis verloor wat gaan vas sit het en dan afgebreuk het,maar al die vis wat wel uitgekom het was mooi karpies .(+/- 2kg )

Kom ons hoop wat daar aan die gang is klaar op voor ons klub komp in Mei maand.








No comments:

Post a Comment