Monday, October 19, 2009

Premier en A-Afdeling Uitslae

Die eerste liga vir 2009 het plaasgevind 17 Oktober te Cilliers Vaaldam. Dit was maar 'n bewolkte dag. Die hengel was ook vir 'n uur gestop agv die weerlig reel.

Die Senior A Span het al die Vrydag bymekaar gekom vir bietjie spangees. Die Vrydagaand was 'n groot sukses en almal het lekker saam gekuier en belangrike sessies gehad om ons geestes toestand vir Saterdag se liga reg te kry. Dit het gewerk. Almal was gefokus en baie positief Saterdagoggend vir die hengel.

Premier Afdeling Uitslae :
1) Koedoe 146
2) Munt 119
3) Centurion 82
Weermag 82
5) Impala 77
6) Polisie 60
Pras 60

Baie geluk aan Chris Boshoff wat eerste algeheel geeindig vir die dag in die Premier Afdeling. Ook baie geluk aan Sarel Boshoff wat tweede algeheel geeindig het. Chris het sy pa se gaai geskop vir die dag!!!!

Ek sal al die individuele uitslae deurgee sodra ek dit ontvang het.

Die A-Afdeling het ook sy 1ste liga gehad. Alhoewel ons geen spanne daar het nie, hier is die uitslae vir die A-Afdeling :

A-Afdeling :
1) Korrektief 100
2) Transwerke 99
3) Premiermyn 72
4) Pisces 59
5) Iscor 47

Sterkte aan al ons B,C en D spanne wat regmaak vir Saterdag se liga te Cilliers. Geniet die hengel en gaan gee julle beste!!!

Baie dankie aan ons beampte Marlene Coetzee wat die reen en koue Saterdag trotseer het!!

No comments:

Post a Comment