Thursday, October 15, 2009

GN UITVOEREND TERUGVOER

GN Uitvoerend het plaasgevind op 14 Oktober 2009.

Roodekopjes
Die vaste bates is verkoop vir R90,000=00
Die los bates is nog 'n probleem, en gaan daar stappe geneem word teen die individu.

SA Kampioenskappe
Meesters SA's is om die draai.  Die SA's vind plaas in November.
A-Spanne = Krugers Vaaldam
B-Spanne = Ardenza Vaaldam

Verder is daar 'n versoek vir Dames Meesters op die tafel gesit.  Die provinsie gaan die initiatief ondersteun.  Huidiglik is daar 19 Dames in GN geaffilieer wat ouer as 50jaar is.  Die Dames Meester spanne sal vir nou soos volg ingedeel word :
- 4 Hengelaars per span.
- Dit sal slegs oorweeg word as daar 6 of meer provinsies belangstel.

Curriebeker en Federasiebeker
Vir die toekoms sal slegs die A-Spanne in aanmerking gebring word vir die Curriebeker.  Die B-Spanne sal meeding om die Federasiebeker.

Jaarprogram
Die volgende datums op die jaarprogram is verander.  Nee asb. kennis hiervan.
- SNR B en C Liga 3de been verander na 8 Mei 2010
- SNR Proewe verander na 22 en 23 Mei 2010

Die rede hiervoor is dat 09 Mei is Moedersdag en die hengelaars wil nie op daardie dag hengel nie.

Klubrekords
Met die rekordsbeampte aan boord en besig om GN se rekords in plek te kry is dit belangrik dat ons in besit is van 'n rekordsboekie, en so ook aansoek om rekords tydens ons klubkompetisies.

Beamptes
Die Premier en A-Afdeling liga vind plaas 17 Oktober by Cilliers Vaaldam.  Die trekking om die oewer te bepaal is ook gedoen.
- Premierafdeling sal links gepen word.  Daar is 7 spanne
- A-Afdeling sal regs gepen word.  Daar is 6 spanne

Ligagelde vir Saterdag beloop R52.00 per hengelaar.

Verder is daar ook 'n beampte kursus wat Donderdagaand 22 Oktober plaasvind by die GN Klubhuis.  Alle belanstellendes kan my gerus kontak.

Vir die dames, junior en penkop liga wat 31 Oktober plaasvind is die statistieke soos volg :
- Dames Spanne = 13
- Junior Spanne = 15
- Penkop Spanne = 14

Algemeen
Met die liga seisoen wat begin wil ek graag aan al ons Koedoe lede wat liga hengel hierdie jaar sterkte toewens.  Dit gaan 'n harde liga seisoen wees, maar ek wil 'n beroep doen op al ons Koedoe hengelaars om julle beste te gaan gee en ook om die hengel te gaan geniet.  Gaan uit met 'n positiewe 'mindset' en gaan WEN vir ons die ligas hierdie jaar.  Ons het die vermoe om met baie louere weg te stap.  Baie Sterkte!!!!

No comments:

Post a Comment