Wednesday, October 14, 2009

MUDDY HENGEL


Hierdie was al in die Bankoewer. Ek het die artikel by Outdoorpages gekry wat Onestone (alias) geskryf het. Vir enige iemand wat belangstel.

Wit Muddie Voer:
± 2 koppies wit mieliemeel
± 1 koppie koekmeel
± 1/2 (halwe) koppie jungle oats
± 1/2 (halwe) koppie King Korn (droe koring uitloop)
± 1/2 (halwe) blikkie kondensmelk.

Meng eers al die droe bestandele saam, gooi bietjie water by kondensmelk (om meer loperrig te maak) en gooi dit dan by droe bestandele. Meng goed. indien te styf kan nog water bietjie vir bietjie bygesit word, tot jy 'n voerbal kan druk.

Trick 6:
Meng gelyke dele damwater en koekmeel en so bietjie kondensmelk (die ander hefte van die blik wat vir bogenoemde gebruik is)- roer tot lekker slap sous. Moenie worry oor klonte nie los hulle.

Gebruik:
Maak voer plek op verkose afstand met ±12 Wit voer balle en ±12 gewone voer balle. Doop elke bol eers in "Trick 6" voor jy cast. Wanneer bolle klaar gecast is hengel verder met gewone voer.

Ek maak so 4 - 5 wit balle ekstra wat ek so deur die loop vd dag sal cast, net om die belangstelling weer te prikkel.

No comments:

Post a Comment