Monday, October 26, 2009

B EN C AFDELING SENIOR LIGA UITSLAE

Die B en C afdeling Senior liga het Saterdag 24 Oktober by Cilliers Vaaldam plaasgevind. Dit was 'n lekker warm dag tot ongeveer 13H30 toe die weer (soos ons Vaaldam) ken, begin opkom. Die weerlig reel is in werking gesit ongeveer 14H00. Dit was ook dan die einde van die wedstryd, omrede die weer nie bedaar het tot ongeveer 15H30 nie. Maar tydens die weerlig reel, waar alle hengelende lede in hulle voertuie moet bly, het baie hengelaars wel vis aan die lyn gehad wat tel. Carel Schoeman (Centurion) het ook dan so 'n 12kg baber gevang!!!!

Die uitslae is voorlopig. Dan is daar ook nog 'n appelsaak hangende wat by Uitvoerend uitgesorteer moet word. Ek dink ons kan 'n artikel later alleen slegs oor hierdie saak bespreek. Ek sal volgende week 'n nuwe poll doen rakende die aangeleentheid om lede se gevoel te kry.

B - AFDELING
1) MUNT                      258
2) KOEDOE                 232
3) CENTURION          230
4) WEERMAG             155
5) PREMIERMYN       117
6) PRAS                       115
7) ISCOR                     115
8) POLISIE                  114
9) PISCES                   109
10)TRANSNET            70

C-AFDELING

1) KOEDOE C              101
2) MUNT C                    90
3) KOEDOE D               80
4) WEERMAG C            73
5) MUNT D                    71
6) CENTURION C         58

Weereens van my kant af is ek ongelooflik trots om 'n Koedoe te wees. Ons gedrag langs die water is ongelooflik, ons geesdrif om goed in die ligas te doen is fantasties. Wat wil 'n mens meer vra as om sulke fantastiese hengelaars en vriende in 'n klub te he. Welgedaan aan almal!!!!

Ons B-Span het baie goed gedoen. Die liga is nog nie oor nie, en gaan veg vir daardie 1ste plek.

Vir die C en D spanne baie goed gedoen. Ons C-Span moet nou net voortbou op hulle sukses. Ons D-Span is op die C-Span se hakke, en gaan gee julle beste met die volgende liga.

Wel gedaan aan Ruan Nabal wat algeheel 1ste geeindig het by die C-Afdeling. Hy het 22 vis 10.580kg gevang. Dubbel bonus punte. Ook dan geluk aan Sias en Peet by die C-Span wat goeie bonus punte gehengel het.

Ek sal meer spesifieke uitslae gee sodra ek die verslae vanaf die keurders ontvang.

No comments:

Post a Comment