Tuesday, October 20, 2009

KOEDOE NUUSBRIEF OKTOBER 2009

Oktober nuusbrief.

BAIE BELANGRIK

Onthou die kaartjies vir die fondsinsameling is by die komiteelede teen R10,00 per lootjie beskikbaar.

Dankie vir die wat reeds kaartjies gekoop of verkoop het.

Weens die aantal kaartjie verkope, is daar besluit om die sperdatum vir die trekking uit te stel tot 8 November 2009 na afloop van die naweek kompetisie. Meer besonderhede oor November 2009 se kompetisie verderaan in die nuusbrief. Kom ondersteun ons. Daar is nog kaartjies beskikbaar. Dit gaan tot die klub en u as lede se voordeel.

Dit behels ‚n groot hounet met verskeie drank soorte daar binne. Die waarde daarvan beloop ongeveer R1 000,00. Die trekking tot die gelukkige wenner sal plaasvind na die inweeg van klub kompetisie.

Indien iemand onder die ouderdom van 18 jaar die pryswenner is, sal dit van die ouer verwag word om die prys in ontvangs te neem.

(Humor – hengelaar aan sy maat” Het jy al Ingegooi”. Maat “nee ek soek nog die glasse”)

LIEF EN LEED

Baie geluk aan die volgende Koedoe lede Met hul onderskeie prestasies, naamlik:

Juniors

Barend Booyse. Tydens die SAVOF toer by Alamanskraaldam, het hy Victor Ludorum verower

Seniors

Tjaart Coetzee het tydens hul toer na Hardapdam in Namibie 3de algeheel ge-ëindig. Hy het ook die swaarste sak en Meeste vis ingeweeg. Tjaard het 5de Algeheel geeindig tydens die Tri-Nations toernooi.

Meesters

Boet Grabie het tydens hul SAVOF toernooi by Bloemhofdam 2de op dag een en 4de op dag 2 geëindig.

Gert en Kim is ook terug in Suid-Afrika. Welkom terug.

Die ooiervaar het ook aan Ampie en Debbie Roodt asook aan Gert en Kim besoek afgelê.
Baie geluk.

Ons wens Annette van der Merwe wat in die hospitaal is/was sterkte toe en beterskap.

HENGELNUUS

Volgende Klubkompetisie

Dag/nag kompetisie 7 en 8 November 2009

Die volgende kompetisie vind by die klubgronde te Grootdraaidam, Standerton, plaas. Elkeen moet sy/haar eie vervoer reëlings tref. Geliewe daarop te let dat geen geriewe beskikbaar is nie.

Hengeltyd :

1. Saterdag: 06:00 tot 15:00 (inweeg 15:30)
2. Saterdagmiddag na inweeg sal daar besluit word wanneer die kompetisie hervat sal word. Dit sal duur tot Sondag- oggend om 10:00 (inweeg Sondagoggend om 10:45).
Inweeg area sal aangekondig word.
Bonanza beloop R100,00. Geelvis (grootbek of kleinbek) swaarder as 3 kilogram.

Pryse sal kontant wees
Inskrywingsgelde R10 per persoon

BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde) en kom die besoekers ook in aanmerking vir die Bonanza sowel as looitjie trekking pryse asook spesiale pryse, as daar is.

Indien u reeds die Vrydag die oewer wil betree, geen hengel voor Saterdagoggend. Mag onder geen omstandighede voor die tyd begin hengel of voerplek maak nie. Dit lei tot diskwalifikasie.

Inweeg van vis-: Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word. By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar in skrifteklik. Moet nie dat ons tydens die inweeg of kompetisie dinge kwytraak wat jy later spyt oor kan wees nie. Ons vra almal se samewerking.

Lede moet asseblief daarop let dat daar in die vervolg toeters geblaas sal word om die begin en einde van die kompetisie aan te dui en ALLE LYNE moet dan uitgetrek word. Oortreding van die reёl sal lei tot diskwalifikasie vir die spesifieke kompetisie.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/reëls asook die GN grondwet.

Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.

Uiters belangrik. Met die weerlig reël, moet hengelaars in hul voertuie skuiling soek. Nie agter in bakkies of onder sambrele nie. Indien nie, kan die lei tot diskwalifikasie

Dagkompetisies


In die toekoms sal alle hengelaars een by die oewer bymekaar kom alvorens daar na die hengel water beweeg word. Geen hengel 24 uur voor die tyd.

Klubkompetisie: Cilliers, Vaaldam

Aantal Hengelaars: 50
Totale Vis: 461
Totale Massa: 292,120kg

Voorskools

Christiaan Coetzee ( 11 vis – 7,910 kg)

Junior/juniors

Jaco v/d Merwe (2 vis – 1,440 kg)

Juniors

Chris Boshoff (24 vis – 9,325 kg)

Dames

Zandra Boshoff (11 vis – 8,635 kg)

Seniors

Spyker Coetzee (35 vis - 16,800 kg)

Gestremdes

Billy le Roux (4 vis – 2,085 kg)

Dankie aan almal wat gehelp het tydens die inweeg.

Siende dat toegangsgelde vroeg inbetaal moet word, sal toegangsgeld met die oggend bymekaarkoms gevorder word. Die wat laat kom moet Markus so gou doenlik vind om toegangsgelde in te betaal.

Kersboom

Die kersboom sal wees op Saterdag 5 Desember. Die Desember Klubkompetisie sal by Baja dam vanaf Vrydag 4 Desember om 20:00 tot Saterdag 5 Desember om 12:00 plaasvind. Die Kersboom sal geskied na afloop van die kompetisie. Daar sal n springkasteel en kersvader wees. Geskenke vir die kinders asb nie bo R50-00 nie. Bring en braai.

Lede moet daarop let dat Koedoe regs van die draad hengel. Dus by die oewer as jy by die hek ingaan. Impala hengelklub het die gronde regs van die draad bespreek.

Die toekomstige klubkompetisies sal soos volg wees:

November 2009
Naweek kompetisie by Grootdraaidam te Standerton

Desember 2009
Nag/dag kompetisie te Bajadam

Januarie 2010
Naweek kompetisie te Steyns, Vaaldam

Februarie 2010
Dag kompetisie te Olifantsnekdam

BELANGRIKE DATUMS

Gauteng Noord ligas

17 Oktober 2009 - Premier en A Afdeling

24 Oktober 2009 – B en C liga

31 Oktober 2009 Dames & Juniors Liga Biermans

Gauteng Noord Liga Uitslae 1ste Been

Premier Afdeling
1) Koedoe 146
2) Munt 119
3) Centurion 82
Weermag 82
4) Impala 77
5) Polisie 60
Pras 60

Individuele Uitslae
1) Chris Boshoff     Koedoe
2) Sarel Boshoff     Koedoe
3) Les Brown        Centurion

Baie geluk aan Chris en Sarel met hulle uitsonderlike prestasies tydens die liga. Die klub is uiters trots op julle.

A Afdeling
1) Korrektief 100
2) Transwerke 99
3) Premiermyn 72
4) Pisces 59
5) Iscor 47

Pen van oewers

17 Oktober 2009 Premier A
Centurion
Koedoe

President A
Pisces Transwerke

24 Oktober 2009 Cilliers B & C Ligas

B Liga
Pras
Munt

C Liga
Weermag
Munt

31 Oktober 2009 Dames & Juniors Liga Biermans

Dames
Weermag
Koedoe
Centurion

Juniors
Pras
Impala

Finansies

Dankie vir al die lede wat hul lede geld betaal het. Die klub het dan ook almal se affiliasiegeld aan Gauteng Noord oorbetaal.

No comments:

Post a Comment