Monday, October 12, 2009

KOEDOE SE PROTEAS

Aan al ons Koedoe lede wat Proteas klere verwerf het hierdie jaar baie geluk. Dankie dat julle die provinsie en die klub se naam hoog hou.

JUNIORS
Barend Booyse

Allemanskraal
Tydens die SAVOF toer by Allemanskraal het Barend Victor Ludorum toekenning verower. Wel gedaan!!

SENIORS
Tjaart Coetzee

Hardap Dam
Tjaart het tydens die toetse 3de algeheel geeindig. Hy het ook die 2de swaarste sak en meeste vis gehad tydens die toetse.

By die Tri- Nation het Tjaart 5de algeheel geeindig.

MEESTERS
Boet Grabie

Bloemhof Dam (Sloep)
Tydens die toer het Oom Boet Grabie ook baie goed presteer.
Hy het op die eerste dag 2de geeindig en op die 2de dag het hy 4de geeindig.

Baie geluk aan al ons hengelaars met hulle prestasies!!!!

No comments:

Post a Comment