Tuesday, September 22, 2009

NUUSBRIEF SEPTEMBER 2009

Hier is die nuusbrief vir September 2009.  Belangrik is asseblief die ligadatums wat in Oktober plaasvind.

Oktober lyk soos volg huidiglik :

03 Oktober 2009 - Klubkompetisie by Cilliers Vaaldam
10 Oktober 2009 - Geheel Transvaal Kampioenskappe Dames en Juniors by Biermans Vaaldam
17 Oktober 2009 - Premier en A-Afdeling Liga by Cilliers Vaaldam
24 Oktober 2009 - B en C Afdeling Liga by Cilliers Vaaldam
31 Oktober 2009 - Dames, Junior en Penkop Liga by Biermans Vaaldam
7/8 November 2009 - Naweek Klubkompetisie te Grootdraai Dam

Soos ons kan sien is daar baie ryery in Oktober.  Die nodige liga vergaderings sal opgestel word met die onderskeie spanne, en vind gewoonlik plaas die Dinsdagaand voor die liga die Saterdag.  Dit is belangrik dat die onderskeie kapteins die nodige reelings met hulle spanne tref.

BAIE BELANGRIK
Onthou die kaartjies vir die fondsinsameling is by die komiteelede teen R10,00 per lootjie beskikbaar. Dankie vir die wat reeds kaartjies gekoop of verkoop het. Weens die aantal kaartjie verkope, is daar besluit om die sperdatum vir die trekking uit te stel tot Desember 2009 se klub kompetisie. Kom ondersteun ons. Dit gaan tot die klub en u as lede se voordeel Dit behels ‚n groot hounet met verskeie drank soorte daar binne. Die waarde daarvan beloop ongeveer R1 000,00. Die trekking tot die gelukkige wenner sal plaasvind na die inweeg van klub kompetisie. Indien iemand onder die ouderdom van 18 jaar die pryswenner is, sal dit van die ouer verwag word om die prys in ontvangs te neem.

LIEF EN LEED
Ons Juniors het uitstekend gedoen in Zimbabwe. J van Staden was oor die 3 dae die wenner. Alex Botha was op die drie nasie die algehele wenner.

Baie geluk aan die dames span wat hul toetse gewen het nie.

Aan Tjaart Coetzee – sterkte met jul toer na Namibia

VOLGENDE KLUBKOMPETISIE

Dag kompetisie 3 Oktober 2009
Die volgende kompetisie vind plaas by die Cilliers, Vaaldam. Ons hengel links van die groot huis. Ons kom bymekaar by Maxi’s 03:30 om 03:45 te vertrek.

Hengeltyd :

Saterdag: 06:30 tot 15:00 (inweeg 15:30) Inweeg area by Donald se bakkie
Pryse sal kontant wees
Inskrywingsgelde R10 per persoon

Geen toegang voor Saterdagoggend tot die betrokke oewer nie. Almal ry saam.

Bonanza beloop R50,00. Graskarp van 4 kg en swaarder.

Lede moet asseblief daarop let dat daar in die vervolg toeters geblaas sal word om die begin en einde van die kompetisie aan te dui en ALLE LYNE moet dan uitgetrek word. Oortreding van die reёl sal lei tot diskwalifikasie vir die spesifieke kompetisie. Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/reëls asook die GN grondwet.
Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.

BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde) en kom die besoekers ook in aanmerking vir die Bonanza sowel as looitjie trekking pryse asook spesiale pryse, as daar is.

November Klubkompetisie vind plaas by Grootdraai. Dit is 'n naweek kompetisie die 7 en 8ste November.

Klubkompetisie: Inloop - Vaaldam

Aantal Hengelaars: 57
Totale Vis: 548
Totale Massa: 534.345 kg
Volskub Karp: 374
Spieel Karp: 77
Graskarp: 6
Baber: 1
Muddy: 90

Voorskools en Junior/Junior
1ste – Charldon Matthee (3 vis-2.940)
2de – Ruan Zwarts (3 vis-2.885)
3de – Roald Matthee (3 vis-2.670)

Junior/Juniors
1ste – Jaco vd Merwe (6 vis-3.500)
2de – Gert Swart (jnr) (1 vis-0.840)

Juniors
1ste – Andries Tiggelman (25 vis-28.655)
2de – Ian Macdonald (18 vis-18.675)
3de – Chris Boshoff (18 vis-18.675)

Dames
1ste – Wilma Macdonald (17 vis-13.425)
2de – Lilly Tiggelman (13 vis-12.230)
3de – Christa Swart (7 vis-4.030)

Seniors
1ste – Jacques du Preez (37 vis-26.680)
2de – Armand du Preez (30 vis-30.695)
3de – Floors Latsky (32 vis-24.605)

Lootjie Wenner: Damio Siena

Bonanza Wenner: Andre Boshoff (jnr) met Muddy van 1.720

Dankie aan almal wat gehelp het tydens die inweeg.

Kersboom
Die kersboom sal wees op Saterdag 5 Desember. Die Desember Klubkompetisie moet nog vasgemaak word. Baja is nie beskikbaar vir ons nie. Die idee is om vanaf Vrydag 4 Desember om 20:00 tot Saterdag 5 Desember om 12:00 plaasvind. Enige voorstelle vir Desember sal regtig waardeer word.
Die Kersboom sal geskied na afloop van die kompetisie.  Daar sal 'n sprinkasteel en kersvader wees.  Geskenke vir die kinders asb. nie bo R50.00 nie.  Bring en braai na die tyd.

Pen van die oewers vir die komende liga
17 Oktober 2009 Premier A te Cilliers Vaaldam
Centurion
Koedoe

President A
Pisces
Transwerke

24 Oktober 2009 B en C Afdeling te Cilliers Vaaldam
B- Liga
Pras
Munt

C-Liga
Weermag
Munt

31 Oktober 2009 Dames en Junior Liga te Biermans
Dames
Weermag
Centurion
Koedoe

Juniors
Pras
Impala

Die nodige reelings sal vorentoe met lede bespreek word vir die pen van die oewers.

Groete tot die volgende klubkompetisie

No comments:

Post a Comment