Thursday, September 10, 2009

GAUTENG NOORD UITVOEREND

Gauteng Noord Uitvoerende vergadering het op 9 September plaasgevind.  Hier is so bietjie terugvoer oor die vergadering :

1) Juniors Nasionaal
Die Junior Nasionale span het teen Zimbabwe gehengel en al drie toetse gewen.  Jan Hendrik van Staden was die Algehele wenner.  Hy is ook opgeneem in die Tri-Nations span.  Alex Botha was opgeneem in die Uitnodigingspan waar hy weer die algehele wenner was van die Tri-Nations toets.  Gauteng-Noord kan opreg trots wees op die twee seuns.

2) Dames Nasionaal
Die Dames toer was ook 'n groot sukses met ons Dames wat al die toetse gewen het.  Ek het ongelukkig nie 'n volledige verslag oor die individuele uitslae nie.

3) 26 September
Privinsiale wedstryd tussen GN en SG.  Oorweging word gedoen om Gauteng ook te betrek.

4) 10 Oktober
Geheel Transvaal Kampioenskappe vir die Juniors en Meesters by Biermans.

5) Roodekopjes
Huidiglik besig met die verkoop van vaste en los bates op die gronde.  Sal meer inligting gee sodra die onderhandelinge afgehandel is.

6) Verandering van Jaarprogram
Daar het 4 datums verander op die jaarprogram.  Wag vir die opgedateerde program om uit te stuur na die lede.
Veranderinge is soos volg :
- 27 Maart 2010 = Meesters 3de proef
- 10 April 2010 = Dames en Jnr Proef
- 17 April 2010 = 3de Liga vir Premier en A-Afdeling
- 24 April 2010 = Langnaweek geen verpligtinge.

Tot volgende keer

No comments:

Post a Comment