Monday, September 21, 2009

PRO SERIES 20 SEPTEMBER 2009

Die Pro Series vir September was gehou by Flamingo Bay Vaaldam.  Dit is Privaat grond en ongelukkig kan klubs nie daar hengel nie.  Dit is 'n jammerte want dit is ongelooflike lekker oewer om te hengel.  Daar was ongeveer 22 hengelaars by September se Pro Series.  Die vis het baie mooi uitgekom en daar is regtig groot graskarps en selfs geelvis gevang.  Daar was 'n paar graskarps tusse 3 en 4kg wat gevang is.

Dankie aan die Koedoe lede wat die Pro Series bygewoon het.  Latsky, Francois, Johan, en myself.  Hopelik gaan ons meer Koedoe lede by die geleentheid sien in die toekoms.

Ons Koedoe lede het nie sleg gevaar nie en was net uit die top vyf.  Hopelik gaan dit volgende keer beter.
Ons posisies was soos volg :
Francois 13de (Prys vir die 2de swaarste muddy gekry)
Latsky 10de
Johan Steyn 9de
Markus 7de

Groete tot 'n volgende keer


Oewer by Flamingo Bay



Johan Steyn met een van die mooi graskarps wat gevang is.


Johan en Francois in 'n ligte luim na die dag se hengel



Jannie Ackerman 5de plek vir die dag


Johan Barnard in die 4de plek vir die dag


Thys in die 3de plek vir die dag


Dave Bruwer in die 2de plek vir die dag



Robert Hurn - Wenner vir die dag



Francois Steyn met die prys vir die 2de swaarste muddy vir die dag



Prys vir die swaarste muddy vir die dag



Die wenners vir die pro series September 2009!!

No comments:

Post a Comment