Monday, September 14, 2009

BIERMANS 12 SEPTEMBER 2009

Vaalrand Polisiehengel het 'n ope kompetisie by Biermans gehou op 12 September 2009.  Daar was pryse vir die grootste karp, baber, moddervis, graskarp, swaartse sak, meeste vis ens.
Die oggend was daar baie mis en dit het eers ongeveer 09H30 opgeklaar.  Daarna het die son dooierus geneem en was dit lekker warm.

Ek en Francois het net links van die windpomp gaan sit.  Dit was nie 'n fout nie en ons het lekker vis gekry daar.

Myself het 22 vis gevang met 'n massa van 22.620kg
Francois het 19 vis gevang met 'n massa van 15.200kg

Ons het ongelukkig nie een van die swaarste spesie pryse gewen nie, maar wel darem 'n prys gekry vir die meeste vis vir die dag en 'n prys vir die 2de swaarste sak vis vir die dag.  Die swaarste sak vis was 27.900kg.

Karp : 4.775kg
Baber : 10.500kg
Muddy : 1.230kg
Graskarp : 1.530kg

Sal weer volgende jaar die kompetisie gaan bywoon.





2 comments:

  1. This comment has been removed by a blog administrator.

    ReplyDelete
  2. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete