Tuesday, September 8, 2009

INLOOP VAALDAM KLUBKOMPETISIE 5-6 SEPTEMBER 2009

Die Naweek kompetisie by Inloop Vaaldam het goed afgeloop. Dit is 'n baie lekker oewer om te hengel. Die enigste probleem is die lang grondpad van 35km na die oewer toe. Dit is waarskynlik 'n oewer wat ons 1 keer 'n jaar kan beplan en hengel!!

Uitslae vir die naweek kompetisie is soos volg :
548 Vis gevang in totaal
534.345kg vis wat gevang is.

Volskub Karp : 374
Spieel Karp : 77
Graskarp : 6
Baber : 1
Muddy : 90

Wenners :
Voorskools :
1ste - Charldon Matthee 3 Vis 2.940kg
2de - Ruan Zwarts 3 Vis 2.885kg
3de - Roald Matthee 3 vis 2.670kg

Junior/Junior
1ste - Jaco vd Merwe 6 vis 3.500kg
2de - Gert Swart (jnr) 1 vis 0.840kg

Juniors
1ste - Andries Tiggelman 25 vis 28.655kg
2de - Iain Macdonald 23 vis 23.075kg
3de - Chris Boshoff 18 vis 18.675kg

Dames
1ste - Wilma Macdonald 17 vis 13.425kg
2de - Lilly Tiggelman 13 vis 12.230kg
3de - Christa Swart 7 vis 4.030kg

Seniors
1ste - Jacques du Preez 37 vis 26.680kg
2de - Armand du Preez 30 vis 30.695kg
3de - Floors Latsky 32 vis 24.605kg

Lootjie Wenner : Damio Siena

Bonanza Wenner : Andre Boshoff (jnr) Muddy van 1.720kg

Aantal Hengelaar : 57.  (Wel gedaan Koedoe om so baie hengelaars by die klubkompetisie te kry.  Dit is absoluut fantasties.


Ruan Zwarts baie trots op sy nuwe Koedoe hemp wat hy ontvang het.  Markus skud sy hand en wens hom geluk met sy nuwe klere!!


Pragtige sonsondergang Saterdagaand by Inloop Vaaldam


Nog sonsondergang


Nog 'n pragtige foto van ons natuur skoonheid


Ruan Zwarts met sy pragtige Moddervis van 1.455kg wat hy gevang het.


Gerard Richards met sy grootste karp van die naweek


Oom Piet Roodt en Zandra Boshoff in diep gesprek tydens die inweeg!!


Andre Boshoff (Jnr) met sy moddrvis van 1.720kg wat hy gevang het.  Met die het hy ook die Bonanza vir die naweek gewen.  Die prys was R450.00  Die bonanza prys was vir die grootste moddervis swaarder as 1.500kg.  Baie geluk Andre!!!


Willie Richards en Ampie Roodt in gesprek.  Mooi 'pose' daar Willie!!!


Almal hard besig tydens die inweeg.  Baie dankie aan ons inweeg beamptes en spesiaal aan Jaco vd Merwe (jnr) wat so hard gehelp het.


Twee van ons nuwe lede by die klub wat ons die naweek vergesel het.  Welkom by die klub en ons hoop julle gaan dit geniet!!


Amber van Zyl maak bietjie voetjies nat


Jeandre Steyn met sy grootste karp vir die naweek.


Markus en Andre besig om die punte uit te werk


Ons voorskool hengelaar met hulle pryse!!!.  Amber, Sarel, Ruan, Jaco, Gerard en Jeandre.  Nie in die foto is Francois Steyn (Jnr)


Ruan Zwarts met sy 2de prys vir voorskoolse hengelaars.



Jaco van der Merwe met sy prys vir 1ste plek vir Junior/Junior hengelaars


Ons Juniors met hulle pryse.
1ste - Andries Tiggelman
2de - Iain Macdonald
3de - Chris Boshoff



Damio met die gelukkige lootjie prys.


Ons dames wenners vir die naweek.
1ste - Wilma Macdonald
2de - Lilly Tiggelman
3de - Christa Swart





Ons Senior wenners vir die naweek.
1ste - Jacques du Preez
2de - Armand du Preez
3de - Junior Latsky





Andre Boshoff (jnr) met sy R450.00 prys vir die swaarste Muddy



Al die Koedoelede wat die naweek kompetisie bygewoon het.  Baie dankie aan almal vir 'n lekker naweek en die sportman gees wat plaasgevind het!!!!

No comments:

Post a Comment