Monday, May 25, 2009

SA Karp Kampioenskappe


Dit is met trots dat ek die volgende meedeel.

Chris Boshoff & Chris Robberts (beide van Koedoe) is uitgenooi Protea proewe toe vir die karp hengel faset. Hulle het hulself goed van hul taak gekwyt deur 'n 2de plek in hulle sone te vat en dan ook so algeheel 6de te eindig. Wat die prestasie so uniek maak is dat dit hulle, heel eerste karp SA's was en ook dat dit die eerste keer is dat 'n Junior GN verteenwoordig. Verder het hulle hulself laat geld in a veld van groot hengel name wie onder andere Loutjie Louwies, Gilbert FOxcroft, Hennie Du Preeez, Andries Maree, GP Nel, Loggies, Johan Beukes, Marius Rush, Dean Pletzer, Craig Neill om maar net 'n paar te noem. Hulle het nie net teen hulle deelgeneem nie maar 'n paar van hulle ook geklop !!

Wel gedaan aan ons twee Koedoe manne. Julle het ons naam hoog gehou!!!

No comments:

Post a Comment