Monday, May 25, 2009

Koedoe Jaareind Funksie


Wel en daar gaan doen die BULLS dit toe!!!! Maar saam met dit gooi dit al ons Jaareind Funksie planne deurmekaar. Die jaareind funksie vind plaas op 30 Mei 2009 by Hoerskool Oos-Moot. Ek weet almal wil graag die rugby kyk, maar ons kan ogelukkig nie weer die jaareind funksie skuif nie. Ons sal maar moet deurdruk.

Die komitee is wel besig om te reel vir 'n projektor sodat ons die rugby daar kan kyk. Die jaareind funksie sal dus om 16H00 begin. Ons sal deur die helfte van die prysuitdelings gaan, die rugby kyk, en dan die res van die jaareind funksie doen. Ek hoop dit gaan almal pas. Kom ons maak 'n sukses hiervan, 'n lekker jaareind funksie gekoppel met 'n goeie Bulls oorwinning.

Onthou daar is 'n comments kolom na elke skrywe waar lede hulle kommentaar kan weergee. Ek sal graag opinies hier van ons lede wil hoor!!!

1 comment:

  1. dis great om te weet ons sal die game op bigscreen kan kyk. hoop ons sien almal daar. groete Henrietta

    ReplyDelete