Wednesday, May 20, 2009

Koedoe Nuusbrief Mei 2009


Die nuusbrief vir Mei 2009 is beskikbaar. So ook die individuele punte vir die jaar soos alreeds op die BLOG uiteengesit.

SKAKELBEAMPTE

Soos reeds genoem in die April 2009 nuusbrief, het Donald die iniatief geneem en is daar besluit om kaartjies te verkoop vir ‘n fondsinsameling ten einde die klub staat te stel vir die aankoop van ‘n nuwe skaal.

Wat behels dit. ‘n Groot hounet met verskeie drank soorte daar binne. Lootjies sal by Donald beskikbaar wees met die sluitingsdatum 31 Julie 2009. Die trekking tot die gelukkig wenner sal plaasvind na die inweeg van Augustus 2009 se klub kompetisie. Indien iemand onder die ouderdom van 18 jaar die pryswenner is, sal dit van die ouer verwag word om die prys in ontvangs te neem.

Hennie, Marlene en gesin was op Vrydag 8 Mei 2009 terwyl hulle op pad na Vaaldam was, in ‘n motor ongeluk betrokke. Heelwat skade aan die voertuig is aangerig maar niemand is ernstig beseer nie. Ons dank aan Ons Hemelse Vader vir Sy beskermende hand asook aan Gedeon van Zyl, wat behulpsaam was.

Francios se vader is in die hospital en ons vertrou dat met die terplaase van hierdie nuusbrief hy reeds ontslaan is. Sterkte en alle voorspoed word toegewens met die herstel.

Geluk aan ons klub se juniors (Chris Roberts en Chris Boshoff wat aan die SA Karp Hengel by Tago vanaf 18 Mei 2009 tot 21 Mei 2009 gaan deelneem.

Klubkompetisie
Cilliers
Seniors
Aantal hengelaars: 24
Totale vis : 234
Totale massa : 155,87kg

Wenners
1ste plek : SJ Boshoff
2de plek : AJ Roodt
3de plek : DA Macdonald

Swaarste Spesies

1) Sias J Van Rensburg : Karp 3,075kg
2) A Nagel : Kleinbek Geelvis 1,265 kg
3) GJ Swart : Graskarp 5,705kg

Dames
Aantal hengelaars: 4
Totale vis : 44
Totale massa : 26,365kg

Wenners
1ste plek : W McDonald
2de plek : ZN Boshoff
3de plek : RB Coetzee

Swaarste spesies
RB Coetzee – Graskarp = 1,450kg

Juniors
Aantal hengelaars: 4
Totale vis : 35
Totale massa : 18,54kg

Wenners
1ste plek : I Mc Donald
2de plek : AH Tiggelman
3de plek : CJ Boshoff

Swaarste spesies
K Swart – Graskarp = 1,82kg

Voorskool
Aantal hengelaars: 3
Totale vis : 9
Totale massa : 7,205kg

Wenners
1ste plek : WR Swanepoel
2de plek : F Coetzee
3de plek : C Coetzee

Swaarste spesies

WR Swanepoel – Graskarp = 1,28kg

Volledige klubuitslae word hierby aangeheg, Dank aan Markus wat al die statistieke byhou.

VOLGENDE KOMPETISIE
Dag Kompetisie te Rietspuit te Ogies op 6 Junie 2009

Hengeltyd : Saterdag vanaf 07:00 tot 15:00

Inweeg : 15:45 Saterdag (stiptelik) by Donald se voertuig

Pryse: Bonanza – R350.00 vir karp oor 5kg (nie graskarp)
Pryse vir: Sak met meeste punte

Almal kom bymekaar by The Rose motorhawe na die tolhek voor Bronkhorstspruit om 04:30vanwaar almal om 05:00 sal verstrek.

Meer besonderhede volg eersdaags sodra Francios bevestig het

Julie 2009

Baja Dam – Bronkhorstspruit

Augustus 2009
Soetvelde

BOLGOOI
Die jaarlikse bolgooi vind op 27 Junie 2009 en 18 Julie 2009 by die Weermaggronde te Thaba Tswane plaas. Vorige jare het die klub goed presteer en almal word uitgenooi om deel te neem. Vir hierdie doel vind oefeninge vanaf 10:00 te FH Odendaal Hoërskool plaas. Die datums is soos volg:

24 Mei, 31 Mei, 7 Junie, 14 Junie en 21 Junie

Ten einde die klub se fondse te versterk, word die volgende te koop aangebied:
Sop = R5,00
Hot dogs = R5,00
Koffie = R3,00
Milo = R4,00
Koeldrank en “snacks”

Jaareindfunksie
Onthou die jaareindfunksie wat op 30 Mei 2009 te Oos-Moot skoolsaal plaasvind. Ten einde die koste vir die saal, ensovoorts te dek, is toegang soos volg:

Volwassenes – R20,00 per kop
Skoolgaande kinders – R10,00 per kop.
Voorskool - gratis
Tyd: 18:00 vir 18:30.

Kaartjies sal by die deur beskikbaar wees – gelukkigtrekking(s) sal ook plaasvind

Elkeen sorg vir hul eie kos en drinkgoed. Tafels en stoele sal gereed gemaak word vir elkeen.

Musiek sal ook daar wees om die juik van die voete te stil.

Kom laat ons almal hierdie funksie bywoon en dit ‘n wonderlike sukses maak.

Drag: “Casual”

Gauteng Noord (klere aand)
Die wat hul naam op die lys geplaas het om die funksie op 20 Junie 2009 by die Akasia Stadsaal by te woon, baie dankie.

Finale reëlings vir die regmaak van die saal sal met die volgende Uitvoerende Vergadering van die klub bespreek en deurgegee word.

Affiliasie

Koedoe hengelklub het die meeste hengelaars vir die komende hengel seisoen geaffilieer. As dit nie vir u as getroue klub ondersteuner en hengelaar was, kon dit nie plaasgevind het nie.

Siende dat die affiliasiegelde nou betaal moet word, bring dit ‘n geweldige finansiële verpligting te weeg. Dit is ook die rede waarom fondsinsamelings en verkope gehou word. Almal is bewus van die reses waarin ons, onsself bevind en gevolglik is die klub nie daarvan uitgesluit nie.

‘n Dingende beroep word op u gedoen wat nog nie u lidmaatskapgeld betaal het, om dit so spoedig moontlik te doen.


EXCLUSIVE POTS

Soos reeds hierbo genome, word sekere projekte tot fondsinsameling aangepak. Hierdie is ‘n insiatief van Francios en sy vrou om die klub te help tot die verband.

Dit werk so, indien iemand aankope maak en die koepon inhandig, gaan 5% van die aankoop bedrag na die hengelklub.

So gee uit na julle vriende en familie

Exclusive Pots
TEL: 012-3761959 / 376 2439
CELL: 083 2688 637
Knip hierdie koepon uit en handig in met betaling

Exclusive Pots cc: Tel: 012-3761959, 3762439

Sel: 0832688637


Sien julle by die bolgooi oefeninge asook by die funksie


Groetnis tot volgende maand

No comments:

Post a Comment