Monday, May 25, 2009

Kolgooi Oefening 24 Mei


Baie Dankie aan al die lede wat by die kolgooi oefening was Sondag 24 Mei. Daar was nie baie lede nie, en dankie an al die lede wat wel daar was.

Aan al die lede wat verversings gebring het dankie daarvoor. Daar is 'n redelike klompie koeldranke, hot dogs en chips verkoop.

Spesiale dank aan Gert Swart en familie, Hessie Steyn, Zandra Boshoff en Christa Swart vir al die reelings.

Dit was baie duidelik dat ons uit oefening is en bietjie ernstige oefen sessies moet insit.

Juniors
Ruan Nabal 64
Kayle Swart 25
Kevin Lerm (Penkop) 9
Franco Coetzee (Penkop) 6

Dames
Zandra Boshoff 52
Christa Swart 41
Ros Coetzee 9

Mans
Gert Strydom 69
Markus Swart 68
Sarel Boshoff 43
Chris Robberts 42
Riaan Nabal 31
Riaan Lerm 28
Riaan Swanepoel 28

Met die vergooi het Gert Strydom 147 gegooi, Riaan Swanepoel en Sarel Boshoff elkeen 133 meter. Zandra Boshoff by die dames het 'n gemiddeld van 'n 100 meter gehandhaaf.

Ek moedig graag ons lede aan om by die volgende oefening te wees. Ons moet hierdie jaar 'n Meesters Span ook inskryf en het almal nodig daar. Volgende oefening is op 31 Mei om 11H00 by Hoerskool FH Odendaal.

1 comment:

  1. ja vrek bietjie min mense, dalk volgende keer beter. groete Henrietta

    ReplyDelete