Monday, May 18, 2009

Kolgooi Liga


Die jaarlikse kolgooi liga vind hierdie jaar plaas op 27 Junie en 18 Julie by die Weermag gronde waar ons dit elke jaar hou. Graag nooi ek al die Koedoe lede vriendelik uit om die oefeninge wat ons gaan reel by te woon. Hierdie oefeninge help baie van ons nuwe lede om hulle gooi aksie reg te kry en so ook dan voor te berei vir die komende ligas wat voorle vir 2009/2010.

Ons sal alreeds vanaf 09H00 Sondae oggende by Hoerskool FH Odendaal bymekaar kom om die velde op te stel. Offisiele oefening begin om 12H00, waar ons ook dan klein pryse vir die individuele wenners sal he. Daar sal koeldranke en kos te koop wees wat deur die feeskomitee gereel is.

Oefendae is soo volg :
24 Mei 2009 (Oefening FH Odendaal)
31 Mei 2009 (Oefening FH Odendaal)
7 Junie 2009 (Oefening (FH Odendaal)
14 Junie 2009 (Oefening FH Odendaal)
21 Junie 2009 (Oefening FH Odendaal)
27 Junie 2009 (Liga te Weermag Gronde)
05 Julie 2009 (Oefening FH Odendaal)
12 Julie 2009 (Oefening FH Odendaal)
18 Julie 2009 (Liga te Weermag Gronde)

Ek doen graag 'n beroep op ons lede om asseblief die initiatief te ondersteun. Ons klub het die afgelope vyf jaar briljant gevaar tydens die ligas en wil graag ons 'winning streak' voortsit.

No comments:

Post a Comment