Monday, May 18, 2009

PRAS Derby : Biermans Vaaldam




Op die 16de Mei het die PRAS Derby by Biermans Vaaldam plaasgevind. Ek kan nog nie besluit of die dag 'n beter sukses faktor gehad het as die vorige Pras Derby's wat by Bronkhorstspriut aangebied was nie. Maar weereens was daar by die 35 spanne wat deelgeneem het. Natuurlik was die vis baie beter as wat dit by Bronkies sou gewees het. Huidiglik is Bronkies ook vrot van die gras.

Aan al die mense wat betrokke was by die reelings van die Derby moet ek 'n pluimpie gee. Alles het mooi verloop en ek glo almal het die dag geniet. Die oggend het dit so bietjie gereen en natuurlik het die wind gewaai. Wat is die Vaaldam sonder sy ou wind!!! Biel Landsberg (Voorsitter van Pras) wel gedaan ou maat julle het julle self oortref en dankie vir 'n lekker dag!!!

Aan al die sponsors ook 'n spesiale dank aan julle. Sonder sponsors is so dag ook nie moontlik nie.

Ultimate Anglers (Sarel Boshoff) het 2 spanne ingeskryf. Ultimate Anglers het ook hempde aan sy spanne verskaf, en ek moet se die spanne het baie goed gelyk met die hemde. (Sien fotos)

Ultmate Anglers Span 1 :
Sarel Boshoff, Donald Macdonald, Iain Macdonald, Skippie Scheepers, Janco Scheepers en Matthew May.

Ultimate Anglers Span 2 :
Boet Grabie, Markus Swart, Neil vd Westhuizen, Barend Booyse, Gert Strydom en George Rutven.

Posisies vir die dag :
1)Carl Schoeman se span. Gewig 11.875kg
2)Ultimate Anglers 2. Gewig 11.775kg
3)Impala Challengers. Gewig 9.110kg

Baie geluk aan Ultimate Anglers wat 'n 2de plek daar gekry het. Die gewig verskil tussen 1ste en 2de plek was 'n skrale 100gram!!!!!

Gert Strydom het ook die prys gekry vir die grootste graskarp vir die dag 2.3kg.

Hopelik kan ons kyk om volgende jaar 'n paar ekstra spanne uit Koedoe geledere in te skryf!!!!

No comments:

Post a Comment