Friday, July 16, 2010

PENKOP - KOL EN VERGOOI

KOL EN VERGOOI - PENKOPPE


Tydens 'n spesiale vergadering met Klubvoorsitters wat gehou is op 14 Julie 2010, waartydens die verwarring tov van die reëls vir die Penkoppe se gooi sessie tydens die bolgooi liga bespreek is, is die volgende besluit wat van toepassing is op 31 Julie 2010 se geleentheid. Die reël sal van toepassing bly vir die toekoms tot dit weer verander word, en indien die versoek daarvoor ontstaan.

BESLUITE:
1. Die 20m, 40m, 60m se afstande by onveranderd.
2. Die blok waarbinne gooie gemeet sal word sal vanaf die 60m tot op die verste afstand.
3. Alle gooibeurte wat binne die baan is (met voorbehoud dat dit volgens die reëls is) sal gemeet word op elke afstand wat gegooi word.
4. Indien daar op die vêrgooi afstand byvoorbeeld slegs 25m gegooi word sal dit gemeet word as 'n vêrgooi.
5. Die blok waarbinne gemeet sal word, word verbreed vanaf 11m aan elke kant van die middelpen na 15m aan elke kant. (Slegs vir die penkoppe)
6. Die normale reëls wat geld vir al die ander fasette tov afgooi, oortrap ens sal geld ook vir die penkoppe.

LET WEL: Ten einde duidelikheid aan almal te gee tov die AFGOOI kriteria wat vir almal geld, word hieronder weer verduidelik.

GEEN GOOI KRITERIA - GELD VIR ALLE AFDELINGS: Snrs, Meesters, Dames, Juniors en Penkoppe.

1. Die persoon moet agter die plankie(aanvangspunt) staan en gooi.
2. Wanneer die persoon reeds gewerp het kan hy na links of na regs (agter die plankie) beweeg om sy gooi te beheer. (Bly agter die plankie).
3. Indien jy gereed maak om te gooi en die lyn gly van die vinger af en val agter jou, KAN jy weer gooi.
4. Indien jy die stok na vore bring in jou aksie om te gooi en die byl klap terug en die bol beweeg voorentoe en raak die grond of die bol is af - IS DIT N GEEN GOOI.
5. Indien die bal nog in plek is en jy het nie oorgetrap of die bol die grond geraak het nie KAN JY WEER GOOI.
6. As jy oor die plankie getrap het in jou aksie om te gooi. IS DIT N GEEN GOOI
7. As jy jou lyn afgooi in jou aksie om te gooi. IS DIT N GEEN GOOI. Jy moet dan die meetbeampte daarop wys dat jy AFGEGOOI het.
8. As jy op die vêrgooi afstand buite die blok gooi is dit 'n GEEN GOOI.
9. As die bol buite die blok val en terug wip na die binnekant van die blok. IS DIT N GEEN GOOI.
10. Indien jy gooi met 'n sinker, anders as die wat op die dag beskikbaar gestel word, sal 'n diskwalifikasie vir die dag van toepassing wees vir die lid.
11. Daar moet gegooi word met die normale voer SOOS JY SOU GAAN HENGEL, geen onnatuurlik bymiddels soos grond, sand, klippies, lood is toelaatbaar nie.
12. Geen "lineclips" of katrolle wat net die bepaalde afstand se lyn op het nie.

Laastens, Indien daar persone in julle klubs is wat bereid is om te help tydens die penkoppe sessie sal dit waardeer word. Die beamptes daar in diens het hulp nodig om die penkoppe te help om bolle aan die sinkers te sit en om "leaders" te knoop en lynkoeke los te maak. Die sessie duur gewoonlik nie baie lank nie. Hulp sal waardeer word asseblief.

Daar word vertrou dat hierdie inligting vir u van nut sal wees wanneer u lede gaan oefen en voorberei vir die volgende sessie op 31 Julie 2010.

Vriendelike groete en lekker oefen.

No comments:

Post a Comment