Friday, July 16, 2010

NUUSBRIEF JULIE 2010

ALGEMEEN

Ai, hier is die koue nou met ons. Dit is nou tyd om al die hengelgerei in orde te kry vir die komende hengel seisoen. Die kantrolle so bietje olie, ou lyn met nuwes vervang en stroppe regkry. Die nuwe hengel seisoen begin oor 'n maand of so. Aan die positiewe kant, 21 Junie was die kortste dag en die laaaaangste nag. Nou begin die dae so stadig maar seker langer word.
Dus geniet die effense “aftyd”. Wat wel nou van belang is, is die kolgooi wat ophande is.

LIEF EN LEED

Leed

1. Daar is met leedwese verneem van die volgende lede met die volgende verliese in hul onderskeie families:
Oom Giel Swart met die afsterwe van sy broer; en
Susan Matthee se vader wat oorlede is.

Ons as klublede bid u sterkte toe in hierdie tyd van beproewing. Mag Ons Hemelse Vader u die nodige vertroosting skenk.

2. Wilma Mc Donald gaan gehospitaliseer word vir ‘n operasie. Wilma, sterkte en ons wens jou ‘n spoedige herstel.

3. Donald se vader wat in die hospital is, Sterkte aan die gesin en die nodige herstel aan Donald se vader.


Lief
Baie geluk aan ons klublede wat op Gauteng Noord Komitees dien, naamlik:
Dames Komitee
Marlene Coetzee as Sekretaresse
Wilma McDonald as additionele lid

Beampte Komitee
Vise-sekretaresse: Marlene Coetzee
Additionele lid: Hennie Coetzee.

Finansiele aangeleenthede
Daar is nog uitstaande ledegeld. Lede wie se ledegeld nog uitstaande is, ‘n beroep word egter op u gedoen om die so spoedig moontlik te vereffen. Affiliasiegelde moet betaal word en Koedoe moet ook sy verpligtinge nakom.

Gauteng Noord klere aand
Eerstens baie dankie aan die wat gehelp het met die regmaak van die tafels asook die kos voorbereiding. Dit het weer elke verwagtinge oortref. Ook die wat met die oprium gehelp het, baie dankie.
Dank ook aan diegene wat die besluit geneem het om die voedsel wat oorgebly het aan ‘n plaaslike ouete huis te skenk.


Aan diegende wat beloon is vir jul harde werk en ondersteuning, dit het vrugte afgewerp. Nou moet ons nederig bly en daarop voorbou.

Klub aangeleenthede
Weens omstandighede buite ons beheer, moet die volgende klubkompetisie na Cilliers (Bootklub kant) verskuif word. Let Wel dat Danie Cilliers vir ons die water aan die bootklub kant gegee het.  Die water vanaf die huis se gras is nog nie gesny nie. Die reelings is soos volg:

Bymekaar kom: BJ’s op N1 snelweg tussen Pretoria en Johannesburg

Vertrek: 03:30 vir 03:45

Bymekaar by water: 1ste Hek deur die skure. Ons kom bymekaar net na die skure.

Bonanza R550,00 vir Graskarp van 4 kilogram of swaarder.

Hengel tyd: 06:30 tot 15:00. Inweeg sal om 15:45 by Donald se voertuig plaasvind.

Lede moet onthou, dat hengel slegs plaasvind aan die bootklub se kant.  Dit sal alles vasgemaak word met die oggend vergadering by die water.

Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/reëls asook die GN grondwet.
Ons vra almal se samewerking.

Lede moet asseblief daarop let dat daar in die vervolg toeters geblaas sal word om die begin en einde van die kompetisie aan te dui en ALLE LYNE moet dan uitgetrek word. Oortreding van die reёl sal lei tot diskwalifikasie vir die spesifieke kompetisie.
Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die bek tot by die stert.
Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.


BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verant-woordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word.

Daar word 'n hengelkliniek vir Augustus 2010 beplan. Meer besonderhede sal volg.
Laastens maar nie die minste, welkom aan al die nuwe klublede. Hoop julle sal dieselfde vervulling ondervind as die ander klublede.

Vorige klubkompetisie
Die klubkompetisie by Oberon het nie aan die vangste voldoen nie. Die statistieke is soos volg:
Volskubkarp = 12
Barber = 1

Seniors
1. Lourens Potgieter: 2 vis = 6,01 kg
2. Gert Swart: 1 vis = 3,680 kg
3. Martin de Bruyn: 1 vis = 3,31 kg
4. George Thomas: 1 vis = 2,67 kg
5. Hennie Coetzee: 1 vis = 2,075 kg
6. Hoosein Mahomed: 1 vis = 1,050 kg
7. Eugene Wernick: 1 vis = 0,785 kg
8. Willie Richards: 1 vis = 0, 575 kg
9. Waheed Mahomed: 1 vis = 0,505 kg
10. Duppie du Plessis: 1 vis = 0,375 kg

Dames
Malize Booysen: 1 vis = 0,330 kg

Juniors
Tyler van Blerk: 1 vis = 1,71 kg

Karpfaset

'n Totaal van 10 penne het in die provinsie ingeskryf. Slegs 4 hengelaars is van Koedoe hengelklub. As daar nog lede is wat belangstel, kontak asseblief vir Jacques Fourie.

Willem de Jongh en Jaco de Jongh sal as skeidsregtres en weegbeamptes optree.  Dankie vir julle optrede en teenwoordigheid daar.

Advertensies

1. Kaartjies vir die dames kompetise(Femme Fatale) is by Wilma McDonald, Zandra Boshoff en Nicolene Richards beskikbaar. Ondersteun ons dames. Dit is deel van hul fonds insameling projek vir SA gelde.

2. Sarel Boshoff bied die volgende afslag pryse:
- Wit, Geel en Groen Double X lyn 5pd teen R29.00 vir 600meter.
- Shimano XTEA 10,000’s katrolle teen R1,099.00
- 20% afslag op alle ander Shimano katrolle

Slegs kontant asb.

3. 28 Augustus 2010 bied Impala Hengelklub 'n kompetisie aan by Bronkies.

No comments:

Post a Comment