Monday, March 1, 2010

Penkop, Dames en Junior Liga

Saterdag se liga by Steyns was 'fun and games' die oggend. Daar was die Vrydagaand 'n groot wolkbreuk en soos ons almal weet is die pad na Steyns nie pret as hy nat is nie. Maar vereens aan al die Koedoe lede wat saamgestaan het 'n woord van dank. Ons het almal by die water gekry om te hengel. Die amptelike kompetisie het eers om 08H30 begin en 15H00 opgehou. Die hengel dag het baie lekker uitgedraai en kon almal darem sonder probleme weer by Steyns uitkom en huiswaarts verkeer. Ek dink aan Susan Matthee wat haar hande heeltyd voor haar gesig gehou het van bekommernis. Maar dit is dae soos die wat ons vir altyd kan 'cherish' en terugdink aan daardie kameraadskap wat ons 'n suksesvol klub maak.

Dankie aan al ons hengelaars wat die dag deelgeneem het. Almal het hulle beste gegee en ons het goeie resultate vir die dag gelewer. Ons hoop ook dit gaan vinnig beter met Jako Louwrens wat weens 'n fratsongeluk met sy skolesport nie kon deelneem nie. Aan Kevin Lerm wat die oggend meegedeel is om van penkop liga na die Junior liga op te skuif dankie vir jou sportmansgees en toegewydheid. Dit word opreg waardeer.

Dit was ook dan die laaste been van die liga en ons ligajaar vir ons penkoppe, dames en juniors is klaar. Ons het baie goed gedoen vir die jaar en ek is voorwaar trots op al ons hengelaars wat die jaar deelgeneem het en Koedoe se naam hoog gehou het. Ook so maak twee van ons Junior hengelaars klaar in die Junior geledere. Aan Chris Boshoff en Barend Booyse dankie vir die jare se ondersteuning en ons hoop ons sien julle by die Senior geledere. Barend het ook sy jaar afgesluit e eerste algeheel vir die dag te eindig. Wel Gedaan Barend!!!

Uitslae vir die 2de Rondte - Penkoppe
1) Munt A 51
2) Transnet A 47
3) Centurion A 45
4) Munt B 44
5) Centurion B 39
6) Koedoe D 37
7) Koedoe C 32
8) Koedoe B 30
9) Pras A 21
10)Koedoe A 20

Uitslae vir die penkoppe - Finale Uitslae
1) Centurion A 88
2) Munt B 83
3) Koedoe C 79
4) Pras A 69
5) Munt A 64
6) Transnet 63
7) Centurion B 59
8) Koedoe B 57
9) Koedoe A 55
10)Munt C 46
11)Koedoe D 37
12)Impala 23

Uitslae vir die Dames - 2de Rondte Uitslae
1) Munt A 71
2) Centurion B 70
3) Koedoe A 65
4) Weermag A 62
5) Centurion A 61
6) Iscor A 51
7) Transnet A 47
8) Koedoe B 33
9) Weermag B 31
10)Pras A 17

Uitslae vir die Dames - Finale Uitslae
1) Weermag A 123
2) Munt A 122
3) Centurion A 112
4) Koedoe A 99
5) Centurion B 89
6) Transnet A 89
7) Iscor 86
8) Weermag B 80
9) Koedoe B 69
10)Pras A 44

Uitslae vir die Juniors - 2de Rondte Uitslae
1) Koedoe A 79
2) Weermag A 71
3) Koedoe B 69
4) Munt A 61
5) Pras 59
6) Iscor 51
7) Munt B 46
8) Impala 45
9) Centurion A 38
10)Transnet 35

Uitslae vir die Juniors - Finale Uitslae
1) Koedoe B 145
2) Koedoe A 137
3) Munt A 132
4) Impala 120
5) Weermag A 105
6) Pras 93
7) Iscor 92
8) Centurion A 82
9) Munt B 80
10)Transnet 72
11)Weermag B 39
12)Polisie 26

Wel gedaan aan al ons lede met die uitsonderlike resultate!!!

No comments:

Post a Comment