Sunday, March 28, 2010

KEES VD WALT 27 MAART 2010

Die Meesters se 3de proef was gehou op 27 Maart 2010 te Kees vd Walt.  Soos gewoonlik sal dit reen op 'n Saterdag.  Dit lyk my of dit nog nooit ophou reen het in daardie omgewing nie.  Die pad was natuurlik weer lekker nat.  Vier van on Koedoe Meesters het in die proewe deelgeneem.
- Gert Swart
- Hennie Coetzee
- Pat vd Merwe
- Boet Thomas

Sterkte aan ons Meesters.  Hoop almal het die dag geniet!!!

Dan ook vir die eerste keer in Gauteng Noord het die Dames oor 50 jaar aan die Meesteresse Proewe deelgeneem.  Daar was 6 dames en was dit 'n groot sukses.  Hopelik gaan dit groei in die toekoms.

Spyker met n groot graskarp wat hy gevang het

Reen en nogmaals reen!!


Besig om n mooi karp in die reen te speel.


Christa besig om aas in te sit.  Reen het sopas opgehou!!


Ons het so 40 vis gevang vir die dag.  Het ook 'n paar mooi karps gevang.

No comments:

Post a Comment