Wednesday, March 24, 2010

SENIOR PROEWE BIERMANS 20/21 MAART 2010

Die proewe het plaasgevind by Biermans 20/21 Maart.  Die Koedoe lede was almal reg vir baie vis.  Maar soos ons hengel ken, het die natuur altyd 'n streek in hom.  Vrydagaand was daar 'n lekker elektrisiese storm by Oranjeville.  Dit weereens 'n invloed gehad op saterdag se hengel.  Wat 'n moeilike dag.  Van die lede het goed gedoen.  Eric Gerritsen 1ste in sy sone.  Spyker 2de in sy sone.  Willie 2de in sy sone.  Kobus vd Merwe ook 'n 2de in sy sone.  Kan ook nou nie almal onthou nie.

Sondag het na 'n beter dag gelyk.  Maar dit is asof ons Koedoe manne net nie van die grond af kon kom nie.  Ek dink die grootste frustasie spesifiek vir my, is om die vis op jou kol te hou!!!!  Ek moet nog daardie geheim ontdek.  Groot name het seergekry op hierdie proewe en ek dink die spanne is nog wawyd oop.  Behalwe vir 'n paar natuurlik.  Alec Botha (Impala 2 1ste plekke, Andre de Klerk (Premiermyn 2 1ste plekke).   Aan al ons lede wat deelgeneem het sterkte vir de 3de en 4de been.  Ek hoop van harte dit gaan beter en dat ons nog plekke in spanne vir ons kan oophengel.
ERIC GERRITSEN
TJAART COETZEE
SPYKER COETZEE
MARKUS SWART
JUNIOR LATSKY
JOHAN STEYN
KOBUS VAN DER MERWE
RIAAN SWANEPOEL
WILLIE RICHARDS
SAREL BOSHOFF
RIAAN LERM
JACQUES DU PREEZ
TINUS BOSHOFF
ZIYAAD ESSOP
LOURENS POTGIETER
(HOOP NIE EK MIS IEMAND NIE)

Ook dankie aan Barend Booyse wat as beampte opgetree het.  Lekker hard gewerk!!!!

Dankie aan ons keurders :
Giel Swart
JP Joubert
Hennie Coetzee
Gideon van Zyl
Jurie van Staden

No comments:

Post a Comment