Thursday, March 18, 2010

UITVOEREND TERUGVOER

Gisteraand was 'n baie lang Uitvoerende Vergadering.  Items van belang :

1) Meesters Dame (50+) Proewe gaan gehou word.  Alle belangstellende dames kan vir myself of Carolina Gildenhuis kontak.

2) Kalendar datum regstellings is gedoen vir April.  Belangrike datums vanaf April - Junie is soos volg:
- 20/21 Maart = Senior Proewe by Biermans
- 27 Maart = Meesters 3de Proef by Kees vd Walt
- 03/04 April = Klubkompetisie
- 17 April = Junior Proef  (Geen dames proef nie - kan wel 'n miniproef plaasvind)
- 24 April = 3de Been Premier Afdeling Liga by Steyns
- 01 Mei = Klubkompetisie
- 08 Mei = Senior B&C Liga by Steyns
- 15 Mei = Pras Derby
- 22/23 Mei = Senior Proewe by Kees vd Walt
- 29 Mei = Klub se jaareind funksie
- 05 Junie = Klubkompetisie
- 19 Junie - Gauteng-Noord Liga en klereaand

3) Liga en klereaand vind plaas op 19 Junie by die Akasie Stadsaal.  Koste gaan beloop R35.00 per persoon.  Klubs moet self kos en drinkgoed voorsien.  Ek sal binnekort 'n lys uitstuur om die aantal lede te bepaal wat belangstel om te gaan.

4) Nuwe affiliasie lyste sal binnekort bespreek word om nie deelnemende lede van die lys af te haal.

5) Daar sal geen Dames Proewe plaasvind.  Daar sal wel gereel word vir miniproewe vir belangstellende dames.  Daar sal ook geen Protea of Savif spanne gekies word nie.  Protea of Savof spanne mag nie oorgedra word nie, so daar sal ook geen toer hierdie jaar wees nie.

6) Paalhengel spanne is bekendgemaak.

7) Roodekopjes staan nou na 'n einde toe.

8) Matthew May is die nuwe Voorsitter vir Munt - baie geluk en sterkte aan hom.

9) Die nuwe jaarprogram sal op 19 Mei opgestel word.  Ons wil graag die ligas vroeer in die jaar afhandel.

Groete

No comments:

Post a Comment