Tuesday, March 30, 2010

KOEDOE NUUSBRIEF MAART 2010

ALGEMEEN

Hier staan ons alweer aan die einde van die eerste kwartaal van 2010. Hoe vinnig gaan die tyd net nie verby nie. Bo en behalwe die tyd, het daar ook heelwat op die hengel front plaasgevind. Die tweede been van die ligas is afgehandel, dames Suid-Afrikaanse Kampioenskappe is afgestel, die senior spanne se Suid- Afrikaanse Kampioenskappe het plaas- gevind en die senior, meesters- en meester dames proewe is afgehandel.

Alvorens dit vergeet word, die klub se algemene jaarvergadering het ook plaasgevind.
Vir die volgende kwartaal wag daar ook ‘n besige tyd. Dink aan die junior –en dames proewe, die seniors se derde en vierde been van hul proewe asook die laaste been van die senior ligas. Dan is daar nog die klub se afsluitingsfunksie asook die Gauteng Noord funksie (meer later in die nuusbrief). Veral die juniors. Jul proewe vind op 17 April 2010 plaas. Die oewer sal deurgegee word sodra bevestiging ontvang word. Begin nou al voorberei.


Moet nie die paal –en karp fasette vergeet wat ook hul besige tyd beleef en nog wat voor is.
Ja, dit was gewis ‘n besige tyd war verby is en nog een voor ons is.

LIEF EN LEED


Miskien is dit vanpas om aft e skop met die verkiesing van die komitee vir 2010/2011. Dankie aan al die lede wat die vergadering bygewoon het. ‘n Woord van dank vir die positiewe bydrae en insette wat gelewer was. Baie geluk aan die bestuur wat verkies was. Wees verseker dat die komitee deurlopend u as hengelaar se belange op die hart sal dra. Menige uitdagings sal daar gewis wees, maar met u ondersteuning sal dit oor die hoof gebied word.

Daar is ook met dankbaarheid verneem dat dit met Anton Engelbrecht beter gaan en dat hy uit die hospital ontslaan is. Anton sterkte en ons sal aan jou dink.

Wat betref die senior spanne se SA Kampioenskappe, geluk aan die A-span met hul oorwinning. Die B-span het ‘n tweede plek behaal, terwyl die C-span ‘n sesde plek behaal het. Vir die C-span, ja, ons het behoorlik kennis gemaak met Alamanskraaldam. Dit was geen kinderspeletjies.

Baie geluk aan Sarel Boshoff, Tjaart Coetzee en Eric Gerritsen wat uitgenooi is om aan die proewe deel te neem.

Wat die karp –en paal fasette betref, ons gelukwense ook aan Anton en Chris asook Sarel en Alex wat die provinsie ook gaan verteenwoordig.

ADMINISTRATIEWE AANGELEENTHEDE


Soos reeds genoem, wag daar ‘n besige tyd op die hengel front. Soos dit ook maar deel is van alle administrasie, is daar sekere finansiele verpligtinge wat nagekom moet word, soos byvoorbeeld die betaling van affiliasie gelde by Gauteng Noord asook aas SAVOF, ens.

Die nuwe affiliasie lyste moet ingedien word wat ook dan sal beteken dat dit ‘n aanduiding sal wees welke bedrag die klub vir die affiliasie van sy lede verskuldig is. Siende dat die jaarlikse lede gelde nie verhoog is nie, word ‘n dringende beroep op u as lede gedoen om so gou doenlik u lidmaatskapgelde vir 2010 oor te betaal. Kom ons kyk of dit teen 31 Mei 2010 afgehandel kan wees.

Dit word by klubkompetisies opgemerk dat almal nie hul inskrywingsgelde en soms ook toegangsgelde betaal nie. Onthou, almal wat hengel, dit wil sê, ‘n visstok in die water het, se inskrywingsgelde van R15,00 moet betaal word. Indien ‘n persoon later deur die dag besluit om te hengel, is sodanige inskrywingsgeld ook betaalbaar. Dit geld vir almal. Klein, groot en/of besoekers. U samewerking in die verband sal waardeur word.

Nou meer aan die positiewe kant. Soos reeds genoem, kom die klub se afsluitingsfunksie ook nou nader. U kan nou reeds 29 Mei 2010 vir hierdie doel bespreek. Die besonderhede is voorlopig soos volg. Die finale reëlings sal met die volgende nuusbrief meer breedvoerig bekend gemaak word.

Plek: Lucas van den Berg saal te Trans Oranjeweg. Dit is tussen Danville en Kerkstaat Wes. Met ander woorde, langs Westelikes se sportgronde. Ongelukkig is daar nie GPS ko-ordinate nie.

Tema: Masker bal.
Moenie oor die maskers bekommerd raak nie. Meer inligting volg.


Drag: Die gaan formeel wees.

Drank: ‘n Kontant kroeg word beplan.

Menu: ‘n Driegang maaltyd word beplan.

Tyd: 16:30 vir 17:00.

Koste: Nie uitermatig nie. Dit is een van die redes hoekom daar gevra word om u ledegeld voor of op 31 Mei 2010 te betaal. Finale koste berekening vind nog plaas. Dit word gepoog om dit so lag as moontlik te hou. U sal ook hiervan in kennis gestel word.

Bevestiging van bespreking: Ten einde die finale reelings en kosteberekeings te doen, sal dit waardeer word indien u per E-pos vir Markus of Marlene Coetzee (tel: 079 502 1949 of (012)327-3740) voor of op

30 April 2010 sal verwittig of u die funksie sal bywoon met die total daaraan verbonde.

Die Gauteng Noord se klere aand vind op 19 Junie 2010 te Akasia se Stadsaal plaas. Ook hier benodig ons u totale voor of op 30 April 2010. Markus of Marlene kan ook in hierdie verband genader word. Elke klub moet sy eie tafels regmaak en versier asook eie kos voorsien. Die huur van die saal asook die tafels en stoel beloop R35,00 per kop. Die koste ten opsigte van die verversings sal bepaal word sodra die total van bywoning bekend is. Dit sal waardeer word indien u, u totale sal opdeel tussen volwassenes en kinders onder 10 jaar oud.

Aan al ons dames wat hard agter die skerms werk met die twee funksies se reëling, baie dankie en ons weet dit gaan ‘n sukses wees.

KLUB HENGEL AANGELEENTHEDE


Genoeg oor al die ander aangeleenthede. Nou by die hengel. Tydens die Maart 2010 Klub Uitvoerende Komitee Vergadering, is daar ‘n voorlopige hengel kalender vir ons klub lede vasgestel en is derhalwe soos volg:
3 en 4 April: Naweek kompetisie te Ardenza (ou Joggie Nel). Meer besonderhede volg.
1 Mei: Dag kompetisie te Cilliers
5 Junie: Dag kompetisie te De Rust
3 Julie: Dag kompetisie te Trichardt (Sasol kant)
7 Augustus: Dag kompetise te Roslee
4 September: Naweek kompetisie te Nooitgedachtdam
2 Oktober: Dag kompetisie te Draaifontein
6 en 7 November: Naweek kompetisie te Grootdraaidam
3 en 4 Desember: Nag/dag kompetise te Bajadam te Bronkhorstspruitdam.

Nou waarop u gewag het. Die reelings vir April kompetisie is soos volg:

Hengel tyd: Saterdagoggend vanaf 07:00 tot 15:00. Inweeg sal om 15:30 plaasvind. Tydends die inweeg, sal daar ‘n gesamentlike besluit geneem word wanneer die kompetisie weer in aanvang sal neem. Die hengeltyd sal dan wees tot Sondagoggend om 11:00 met die inweeg om 11:45. Weeg kampies sal aangekondig word.

Lede moet onthou, dat indien u Vrydag reeds by die hengel waters arriver, u onder geen omstandighede mag hengel alvorens die kompitisie om Saterdagoggend in aanvang neem. Indien u reeds om Vrydag begin hengel, sal ‘n kwalifikasie inwerking tree.

Bonanza: R350,00 vir muddy van 1,5 kg of swaarder.

BESOEKERS – Enige klublid wat ‘n besoeker saambring kompetisie toe moet daarop let dat die betrokke besoeker ingangsfooie betaal. Indien daar tydens die naweek kompetisie besluit word dat die klub vroeër mag ingaan mag die besoeker nie hengel voor die kompetisie begin het nie. Die klublid is verantwoordelik vir die besoeker en die klublid moet sorg dat die besoeker die reëls nakom wat geld tydens kompetisies. Indien die besoeker die reëls oortree word die betrokke klublid geskors vir die betrokke klub kompetisie. Die besoekers moet dieselfde gelde betaal (Inskrywingsgelde) en kom die besoekers ook in aanmerking vir die Bonanza sowel as looitjie trekking pryse asook spesiale pryse, as daar is.


Indien u reeds die Vrydagoggend die oewer wil betree, geen hengel voor die vasgestelde hengeltyd. Mag onder geen omstandighede voor die tyd begin hengel of voerplek maak nie. Dit lei tot diskwalifikasie.

Mondelingse besware en klagtes teen enige vang van vis ens., moet skriftelik aan die Sekretaris binne 48 uur na die kompetisie gestuur word. By gebreke hiervan sal geen klagtes of besware oorweeg word nie. Vereniging se grondwet punt 15(a) verwys. Lede asseblief, as daar enige probleme is by die kompetisie, handig die grief of beswaar in skrifteklik. Moet nie dat ons tydens die inweeg of kompetisie dinge kwytraak wat jy later spyt oor kan wees nie. Ons vra almal se samewerking.

Lede moet asseblief daarop let dat daar in die vervolg toeters geblaas sal word om die begin en einde van die kompetisie aan te dui en ALLE LYNE moet dan uitgetrek word. Oortreding van die reёl sal lei tot diskwalifikasie vir die spesifieke kompetisie.
Lede moet asseblief daarop let dat ons hengel volgens die klub se Regulasies/reëls asook die GN grondwet.


Hengelaars moet asb daarop let dat Geelvis ʼn ordonnansie vis is en het ʼn minumum lengte van 300 mm. Dit is vanaf die binnekant van die V van die stert tot die bek. Hengelaars moet sorg dat hulle maatstokke in hulle hengelkaste het sodat hulle die vis kan meet. Oortreding van die reel kan lei tot diskwalifikasie.

No comments:

Post a Comment