Wednesday, February 24, 2010

KOEDOE AJV - 23 FEBRUARIE 2010

Koedoe se algemene jaarvergadering het Dinsdagaand 23 Februarie 2010 plaasgevind. dankie aan al die lede wat teenwoordig was en insette gelewer het tydens die vergadering.

Punte van belang bespreek op die vergadering :
1) Jaargelde bly dieselfde vir 2010. R300 per huisgesin en R175 per enkellid. Die enigste verskil is dat die inskrywingsglede per klubkompetisie opgaan na R15.00 per hengelaar ongeag die ouderdom. Dit is onmiddelik van krag.

2) Die spesiale vergadering se notule is bekragtig. Dit is die vergadering wat gehou is om die klubkompetsie punte te verander en ook dat daar 'n dag en naweek wenner sal wees.

3) Finansiele ouditeursverslag is voorgele en aanvaar.

4) Die grondwet verandering Artikel 18(a) is voorgele en is ook aanvaar.

5) Die nuwe bestuur vir 2010 is ook verkies :
- Ere President : Giel Swart
- President : Markus Swart
- Vise President : Riaan Swanepoel
- Sekretaris : Gert Swart
- Tesourier : Elna Swart
- Inweegbeampte : Donald McDonald
- Skakelbeampte : Francois Steyn
- Additionele Lede : Sarel Boshoff en Hennie Coetzee
- Dames Verteenwoordiger : Marlene Coetzee
- Karpfaset Verteenwoordiger : Jacques Fourie

Sterkte aan die komitee en mag ons 'n suksesvolle jaar beleef.

No comments:

Post a Comment