Thursday, February 4, 2010

SENIOR KOMITEE VERGADERING

Senior Komitee Vergadering is gehou op 3 Februarie.  Daar is 'n paar besluite geneem tydens die vergadering waarvan die belangrikste die Premier en A-Afdeling 2de been liga is.

Seniors SA's
A Span Klipdrift
B Span Bloemhof (Hierdie een sal fyn dopgehou word en daar sal solank na alternatiewes gekyk word)
C Span Allemanskraal

Senior C Span Veranderinge
Baie geluk aan Sias wat opgetrek is na die Senior C Span toe.  Ook geluk aan Ziyaad Essop wat nou van reserwe opgetrek is as hengelaar in die C span.

Premier en A Afdeling liga
Daar is Gisteraand tydens die Senior Komitee vergadering besluit dat die liga vir Premier en A Afdeling die 13de Februarie gaan plaasvind.  Die oewer wat vasgemaak is as 1ste keuse is Bronkies - Natuurbewaring en 2de opsie De Rust - Harties.  Daar is wel gestem oor hierdie besluit.  As verteenwoordiger van Koedoe by die vergadering het ek daarteen gestem, agv verskeie redes.  Maar hoe dit ookal is, die meerderheid het daarvoor gestem is is dit die huidige situasie.  Ek sal almal op hoogte hou van wat gaan gebeur.

No comments:

Post a Comment