Sunday, January 31, 2010

VAALDAM SATERDAG 30 JANUARIE 2010

Ek en die familie was Saterdag 30 Januarie Vaaldam toe.  Met die liga wat gekanselleer is, was dit toe 'n ideale tyd om bietjie te gaan social.  Ek het die voorreg gehad om op 'n privaat boer se grond te hengel.  Maar mense was dit nou nie lekker nie.  Ons het so 07H30 Saterdagoggend daar aangekom en seker hier by 08H30 eers begin hengel.  Dit was baie modderig en gelukkig het die Pajero weer sy staal gewys.
Teen 14H00 was ons kapoet, en besluit dit is die einde van die dag.  Met ver oor die 100 vis was ons regtig pootuit.  Christa het ook weer gewys dat 70m 'n goeie afstand is om daar te hengel en het baie en groot vis gevang.  Ek en Kayle het bietjie dieper gehengel, maar toe ons begin pakslae kry ook vlakker begin hengel.

Ek het ook 'n draai by Kees gaan maak.  As dinge nie verander nie gaan ons probleme met Saterdag se klubkompetisie he.  Die water is so hoog opgestoot dat ons nie links om kan gaan nie.  Ek kon nie eens met die getroue Pajero daar omgaan nie.  Die water onder die huis is hengelbaar, maar dit is slegs 600meter water.  So duidelik sit ons met 'n GROOT probleem.

Verder was ek ook Biermans toe.  Biermans is totaal onhengelbaar.  Sien van die fotos later onder.  Daar het baie boomstompe afgespoel en teen die kante by Biermans opgestapel.

EK het ook 'n baie mooi NUWE oewer gekry waar ons kan hengel.  Dit is volgens my 'n fantatsties stuk grond om te hengel.  Maar ek sal die verrassing hou vir later.


Paar fotos van die vis wat gevang is.
My twee wolve kyk ook toe

Christa met van die graskarps wat ons gevang het.
Hierdie graskarp het 5.890kg geweeg.

Christa ook met van die karps wat gevang is.  Hier is ook 'n mooi karp
van 4.200kg.


Nog van die size vis wat gevang is.


Kyk hierdie graskarp


Kayle met van die mooi graskarps.


Myself met van die vis wat gevang is.


Kayle het homself geniet met hierdie trippie!!


Die nuwe baba wat saam hengelwater toe is.


Biermans se bokke


Kyk al die opdrifsels langs Biermans se oewer


Biermans gaan lank wat om weer reg te kom


Die hele Biermans oewer lyk so.


Ongelooflik!!


Nog Biermans fotos


Water by Biermans tot teen die pad


Tot hele bome wat uitgespoel het


Die natuur bly maar mooi!!


Die nuwe oewer


Brug oor Oranjeville


Vaaldam sluise is oop!!


Mooi gesig met die sluise wat oop is.


Sondag middag by die Vaaldam.  Dit is toe ons oppad terug huis toe is


Kyk hoe loop die rivier
Let op na die grasdak oorkant wat net die dak uitsteek.


Dit is 'n groot klomp water!!!

No comments:

Post a Comment